Johannes 21: 1- 25

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 2 views
Notes
Transcript

Jesus se verskyning by die see van Tiberias

Liewe brs en srs, het u Jesus se reaksie en optrede deurdink na Sy opstanding - is dit nie eienaardig nie - gegewe hoe mense optree wat benadeel is nie?
Liewe brs en srs, ken u dalk iemand wat in ‘n hof verskyn het en skuldig bevind is op die aanklagte wat aan hom voorgehou is. Baiekeer weet mense hulle is skuldig maar hulle baklei tot die bittereinde om hulle onskuld te bewys - baie mense betaal groot bedrae geld aan prokureurs omn te verseker dat hulle die straf kan vryspring, sommige is geluk, ander word egter ‘n swaar straf opgele en dit is gewoonlik hierdie groep wat openlik erken dat hulle gaan wraak neem op daardie persone wat gehelp het dat hulle gestraf is - hulle het die daad gepleeg en hulle is skuldig.
Liewe brs en srs, wanneer ons kyk na ons Here Jesus Christus, wie kan almal verbing word aan Jesus se skuldig bevinding - kom ons begin by Sy dissipels - Judas Iskariot (Mat. 26: 14-16; John 6: 70-71; Lukas 22: 3-6 en Mat. 27: 3-5); Simon Petrus (Mark 14: 66-68; Mat. 26: 69-75); Pilatus (Mark 15:1; Mat. 27: 1,2 ); owerpriesters saam met die ouderlinge en skrifgeleerdes en die hele Raad (Mark 15: 1). Ons weet Judas Iskariot is dood nog voordat Jesus aan die kruis gesterf het. Maar die ander het nog gelewe nadat Jesus uit die graf verrys het. Die vraag is het Jesus na enigeen van hulle gegaan om wraak te neem - nee, Jesus het dit geensins gedoen - anders as wat in die samelewing gebeur, neem Jesus nie wraak nie. Jesus gaan nie eens om hulle op te soek om met hulle te praat oor wat hulle gedoen het nie - Hy is onmiddellik besig om Sy werk waarvoor Hy na die aarde gekom te voltooi. Hy stuur ‘n boodskap Hy wil met Sy dissipels praat - Hierdie gedeelte spesifiek is seker die derde keer dat Jesus Sy dissipels ontmoet. U sal sien dit is ook die tweede keer dat Jesus vir hulle iets vra om te eet en vir die tweede keer word gebakte vis en brood voortgesit (Lukas 24: 42 en John. 21: 9-13). U onthou dat een van Sy dissipels, naamlik Petrus Jesus verraai het, maar Jesus het aan Petrus per geleentheid gese in Matthew 16:18 “En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” Enige regsdenkende persoon sou nooit weer vir Petrus betrokke gemaak het by die uitbouiing van sy se gemeente nie, maar wat doen die Here Jesus Christus. Indien u in beheer is sou u Petrus weer nader geroep het?????
Liewe brs en srs,:
John 21:15 “Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.””
John 21:16 “Jesus vra hom weer ’n tweede keer: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Pas my skape op.””
John 21:17 “Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei.”
Jesus is tevrede met Petrus se antwoorde. Ek is daarvan oortuig ons sou Petrus nie naby ons toegelaat het nie, want hy het ons lelik in die steek gelaat - dit was toe ons hom die nodigste gehad het - maar ny Jesus maak dit wat hy gedoen het nie saak nie - Jesus het ‘n belofte aan Petrus gemaak en Jesus trek nie Sy beloftes terug nie.
Kom, liewe brs en srs, ons leer dit vandag van Jesus, wanneer mense ons teleurgestel het, moet ons hulle nie af skryf nie, trek hulle nader en maak hulle belangrike stene in u “bouprojek”. Die Here het na Sy opstanding die mense gaan opsoek wat belangrike rolle gespeel het, nie om wraak te neem nie, maar om Sy hulp aan te bied en seker te maak vrede word herstel en verkondig. Dit is ook wat die Here van elkeen van ons verwag en Hy rus ons toe om dit te doen - sonder enige voorwaardes en voorbehoude. Die Here seen u almal. Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.