Behar & Bechukotai - Hebreeuse Woord
Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 17 viewsNotes
Transcript
Bechokotai - בְּחֻקֹּתַי
Bechokotai - בְּחֻקֹּתַי
Beit - Chet - Kuf - Tav - Yod
(2 - 8 - 100 - 400 - 10 = 520)
Die woord Bechukotai in Hebreeus verwys na “my insettinge” waar Abba Vader in Levitikus 26:3 sê “As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,4sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.”
Daar is nog ‘n woord in Hebreeus wat ook dieselfde gamatria waarde het as die woord Bechukotai, dit is die woord “Amith” wat verwys na “vriend, mede-lid, metgesel of buurmen” en wat so mooi aansluit is, Abba Vader praat met elkeen van Sy kinders in hierdie week se gedeelte, met my, jou en elkeen wat Yeshua volg. Abba Vader het ‘n hartsbegeerte dat ons Sy insettinge sal uitleef en nastreef, en nie net alleen nie, saam met die rondom ons, ons metgesel, vriende, kollegas en elkeen wat deel vorm van jou dissipels.
Beit - Die Hebreeuse letter Bet simboliseer ‘n huis, familie, huishouding en verbond. In Genesis 7:1 nooi Abba Vader vir Noag en sy gesin (wat die Hebreeuse woord Bah-yith is) om in die ark te gaan—’n huis van beskerming, krag, en verlossing. Hierdie woord Beit bestaan uit die letters Bet wat huis is, Yod wat krag en autoriteit is – Abba Vader se regterhand), en Tav wat verbond is en ’n teken van verlossing. M.a.w verwys na Abba se geestelike huishouding waarin ons geroep word om in Sy teenwoordigheid te leef, gesamentlik gegrond in Sy verbond. Die numeriese waarde van Bet is (2) wat dui op ’n huishouding en dan kan ons ook die waarde van 18 in die Beit vind as ons kyk en sien die Beit kan bestaan uit 3 Vav letters. Die Vav wat terugvewrys na die spykers wat Yeshua vasgepen het op die kruis, maw die prys wat vir ons verlossing betaal is. So die Beit is absoluut ‘n uitbeelding van Yeshua wat vir Sy huis gekruisig is vir verlossing. Ons is Abba Vader se tempel (1 Kor. 3:16), en Hy is die fondament van ons geestelike huis. Bet is meer as net ’n letter; dit is ’n uitnodiging om deel te wees in Abba se lewende huis.
So die letter Beit (ב), met sy ryk simboliek van huis, familie, en verbond, pas so mooi in by die week se Parashah gedeelte wat ons bestudeer in (Eksodus 10–13). Want hierdie gedeelte handel oor die laaste plae in Egipte, die instelling van die Pasga (Pesach), en die bevryding van Israel uit slawerny — alles ‘n prentjie van Abba Vader wat uistrek na Sy kinders om hulle te verlos maar ook betaal vir hulle verlossing. Sodat Sy kinders deel vorm in Sy huis. (Other side of the blood)
In Eksodus 12 gee Abba Vader spesifieke instruksies oor die Pasga, waar elke huishouding 'n lam moes slag en die bloed aan die deurkosyne moes smeer. Die deurkosyn in die Parashah wat visueel aansluit by die piktogram prentjie van die Beit wat ook ‘n deur/deurkoesyn is. En so sien ons in die naam van die Parashah en in die gebeurtenisse van die Parashah dat Abba Vader sie huis is en Sy seun se Bloed is op die deurkoesyn geplaas om te betaal vir ons verlossing.
Netsoos die huis van beskerming, in Noag se lewe ‘n realiteit was. Is die Israeliete beskerm deur die bloed van die lam.
Na hierdie uittog begin Israel hulself nie net as individue sien nie, maar as 'n familie, 'n huishouding van YHVH. Hulle word gevorm tot ‘n nasie met 'n gesamentlike identiteit, gewortel in die verbond en die Wet (Torah).
Wanneer jy kyk na die simboliek agter die woord Beit wat bestaan uit Bet (huis), Yod (krag/autoriteit), en Tav (verbond):
Bet (ב) – Die fisiese en geestelike huis waarbinne die Israeliete beskerm is tydens die Pasga. Vandag is ons daardie huis, want ons is die tempel van die Heilige Gees (1 Kor. 3:16).
Yod (י) – Die krag van YHVH, waat ons kan sien in Sy oordele oor Egipte en Sy uitgestrekte hand wat Israel bevry. Wat ook dui op Yeshua as die regterhand van Abba Vader.
Tav (ת) – Die teken van verbond en verlossing, wat in die bloed van die Pasga-lam en in Yeshua se kruisiging sigbaar is.
Maw Abba Vader openbaar sy hart om Sy volk in ‘n huis van beskerming te roep, ‘n familie van verbond te vorm, en uiteindelik ‘n geestelike tempel te bou waarin Sy teenwoordigheid woon. Dit alles wys vooruit na Yeshua, die vervulling van hierdie prentjie — die ware Lam, die hoeksteen van Abba se huis.
Dan kom ons by die letter Chet
- Die letter Chet, met ’n waarde van 8, dra die betekenis van ’n nuwe begin. In die Woord verwys 8 na hernuwing en vernuwing, soos gesien in die opstanding van Yeshua op die eerste dag van die nuwe week, wat vir die mensdom ’n nuwe lewe oopgemaak het. Net soos die Jubbeljaar in Levitikus 25, ’n spesiale jaar van rus en vrylating, skep YHVH voortdurend ’n pad na herstel vir Sy kinders. Die Jubbeljaar, die 50ste jaar na sewe Sabbatsjare, bied ’n prentjie van bevryding, waar skuld vergewe en erfenisse herstel word. Dit wys ook hoe gehoorsaamheid aan YHVH se instruksies seëninge bring. Die oorspronklike Hebreeuse prentjie van Chet as ’n heining simboliseer Abba Vader se beskerming binne Sy wil. Verder as ons kyk na die Hebreeuse woord Chaim wat lewe betekenis, sien ons bestaan dit uit die letter Chet (heining van Abba Vader se Woord, Sy instruksies wat ons beskerm) en eindig met Mem (water wat lewe gee, maar ook reinig en jou skoon was), wat wys hoe ons, deur gehoorsaamheid en die genade van YHVH, skoongemaak word van sonde en ’n lewe in oorvloed ontvang wanneer ons in Sy Woord bly en daarvolgens lewe.
Daarna die letter Quf, die 19de letter van die Alef-Bet, het ’n numeriese waarde van 100 en simboliseer heiligheid en afgesonderdheid. Die oorspronklike piktogram prentjie van die letter herinner ons aan ’n sonsopkoms, wat aansluit by verskeie Bybelse verwysings oor lofpryssing en ‘n soeke na Abba Vader.
In Psalm 119:145 beskryf Dawid hoe hy voor dagbreek uitroep na YHVH, terwyl Psalm 113:3 bevestig dat Sy Naam van sonsopkoms tot sonsondergang geprys moet word. Interessant genoeg begin die woord “Kadosh” (Heilig) met Quf, wat wys hoe Abba Vader afgesonder is van sonde.
Die woord Quf bestaan uit Kuf, Vav en Peh, wat saam ’n numeriese waarde van 186 vorm—dieselfde as die Hebreeuse woord “Elkana”, die Hebreeuse woord vir YHVH die skepper. Wat Abba Vader se Heiligheid en Almag beklemtoon en dat ons geroep word om Hom op ’n afgesonderde manier te dien.
Yeshua bevestig in Markus 10:30 dat wie vir Hom alles opgee, honderdvoudig (100) geseën sal word—wat aansluit by die numeriese waarde van die Quf (100).
Dan het ons die letter Tav
- Die letter Tav, wat die 22ste en laaste letter van die Hebreeuse Alef-Bet is, wys op die liefde van Abba Vader en die offer van Yeshua. Die oorspronklike piktogram van die Tav is 'n kruis, wat simbolies is vir die verbond wat deur Yeshua se dood gesluit is. Openbaring 22:13 verbind Tav en Alef met Yeshua as die Alfa en Omega, die begin en einde.
Die woord Tav, wat “merk” of “seël” beteken, verskyn slegs drie keer in die Woord – ’n getal wat weereens volmaaktheid simboliseer. In Esegiël 9:4 word die getroues van Abba gemerk om beskerming te ontvang. In Job 31:35 verklaar Job sy afhanklikheid van Abba Vader deur die Tav. En in Esegiël 9:6 sien ons die ernstige oordeel oor die sonder die merk.
Die Tav open ons oë vir Abba Vader se intensionele liefde en die ewige verbintenis deur Yeshua.
In Exodus 2:24-25 lees ons hoe Abba Vader die uitroep van die Israeliete gehoor het en Sy verbond met Abraham, Isak, en Jakob onthou. Wat aansluit by die Tav as teken van Abba se verbintenis met Sy kinders en Sy intensionele liefde vir Sy volk. In Exodus 1-4 lees ons van die fisiese bevryding van Israel uit Egipte, wat 'n skaduwee is van die geestelike bevryding wat deur Yeshua sou kom. Die lam wat in Exodus 4:23 indirek dui op die Pasgalam, wat later vervul word in Yeshua as die finale offer.
In Job 31:35 roep Job uit na Abba Vader met die Tav as 'n teken van afhanklikheid. Netso toon Moses ook afhanklikheid in Abba in Exodus 3-4, veral toe hy sy gebrek aan spraakvermoë en onsekerheid oor sy roeping uitspreek. Tog merk Pappa God hom as Sy uitverkore instrument, net soos die Tav 'n merk is van 'n spesiale verhouding.
Laastens die letter Yod - Yod, wat as ’n piktogram ’n arm en hand voorstel, verteenwoordig krag, outoriteit en die werk van Abba Vader se hand. Die numeriese waarde van 10 word as volmaak en volledig gesien. Dit herinner ons aan Genesis 1, waar Abba Vader tien keer gesê het: “En God het gesê,” wat lewe en orde in Sy skepping gebring het. Ons sien ook die 10 gebooie by Sinai, wat as ’n huwelikskontrak dien tussen Abba Vader en Sy kinders. In Genesis 3:22 het die mens sy outoriteit verloor weens die sondeval. Tog maak Abba Vader deur Yeshua voorsiening om hierdie outoriteit terug te gee. Yeshua, die regterhand van Abba Vader, vervul die prentjie van Yod as krag en outoriteit. Hy herstel die verhouding en gee ons toegang tot ’n lewe in YHVH se volmaakte wil. Soos in Eksodus 15:6 verklaar word, oorwin Abba Vader deur Sy regterhand die vyand. Yod herinner ons aan Abba Vader se genade en Sy voorsiening om Sy kinders op te rig as verbondsgenote.
