Mat. 18: 21-35

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 9 views
Notes
Transcript

Matthew 18:21 AFR1983
Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?”
Matthew 18:22 AFR1983
Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.
Matthew 18:23 AFR1983
Daarom kan die koninkryk van die hemel vergelyk word met ’n koning wat besluit het om saam met sy amptenare hulle boeke na te gaan.
Matthew 18:24 AFR1983
Toe hy daarmee begin, is een amptenaar na hom toe gebring wat miljoene rand geskuld het.
Matthew 18:25 AFR1983
Hy kon dit nie betaal nie, en daarom het die koning beveel dat hy en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, verkoop en die skuld betaal moet word.
Matthew 18:26 AFR1983
Die man het voor hom neergeval en gesoebat: ‘Gee my tog uitstel; ek sal u alles terugbetaal.’
Matthew 18:27 AFR1983
Die koning het hom jammer gekry, hom laat gaan en sy skuld afgeskryf.
Matthew 18:28 AFR1983
“Toe daardie man buite kom, het hy een van sy medeamptenare raakgeloop wat hom net ’n paar rand geskuld het. Hy het hom gegryp en gewurg, en gesê: ‘Betaal wat jy skuld!’
Matthew 18:29 AFR1983
Sy medeamptenaar het voor hom neergeval en hom gesmeek: ‘Gee my tog uitstel, ek sal jou betaal.’
Matthew 18:30 AFR1983
Maar hy wou nie en hy is daar weg om hom in die tronk te laat gooi totdat hy die skuld betaal het.
Matthew 18:31 AFR1983
“Toe sy medeamptenare sien wat gebeur het, was hulle diep teleurgesteld, en hulle het alles wat gebeur het, vir hulle koning gaan vertel.
Matthew 18:32 AFR1983
Die koning het hom laat haal en vir hom gesê: ‘Jou skurk! Al daardie skuld het ek vir jou afgeskryf omdat jy my gesoebat het.
Matthew 18:33 AFR1983
Moes jy nie ook jou medeamptenaar jammer gekry het soos ek jou jammer gekry het nie?’
Matthew 18:34 AFR1983
Die koning was woedend en het hom oorgegee om gemartel te word totdat hy al die skuld betaal het.
Matthew 18:35 AFR1983
“So sal my Vader wat in die hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.”
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.