Untitled Sermon (28)
Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 2 viewsNotes
Transcript
Christus is tog die einde van die wet, sodat elkeen wat glo, vrygespreek kan word.
Moses skryf naamlik van die vryspraak op grond van wetsonderhouding dat die mens wat doen wat die wet beveel, daardeur sal lewe.
Maar van die vryspraak deur die geloof sê hy: “Moenie by jouself sê: ‘Wie sal na die hemel toe opklim?’ nie,” dit is, om Christus af te bring,
“Of: ‘Wie sal na die onderaardse diepte toe afdaal?’ nie,” dit is, om Christus uit die dood terug te bring.
Nee, die Skrif sê: “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig:
As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.
Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.
Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.”
Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.”
As hulle val ’n verryking vir die wêreld beteken het en hulle klein oorblyfseltjie ’n verryking vir die heidennasies, hoeveel te meer sal dit dan nie tot seën wees as die Jode se volle getal gelowig sou word nie!
En nou praat ek met julle, gelowiges uit die heidennasies. As apostel vir die heidennasies is ek trots op my werk en strewe ek daarna
om op een of ander manier my eie mense jaloers te maak en sommige van hulle te red.
As hulle verwerping vir die wêreld versoening beteken het, wat sal hulle aanneming dan nie beteken nie? Niks minder nie as lewe uit die dood!
