Koninkryk van God Okt 2025
Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 3 viewsNotes
Transcript
Key Verses
Key Verses
En Miga praat verder: “Hoor die woord van die Here! Ek het die Here op sy troon sien sit met die hele hemelse leërmag wat weerskante van Hom staan.
Vir ons is ’n Seun gebore,
aan ons is ’n Seun gegee;
Hy sal heers, en Hy sal genoem word:
Wonderbare Raadsman,
Magtige God,
Ewige Vader,
Vredevors.
Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.
Daar kom ’n tyd, sê die Here,
dat Ek vir Dawid ’n regverdige spruit
sal laat opskiet,
’n koning wat verstandig sal regeer.
Hy sal die reg eerbiedig
en regverdig regeer in sy land.
In sy tyd sal Juda gered word
en sal Israel veilig woon.
Sy naam sal wees:
Die Here regeer regverdig oor ons.
“My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos ’n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring.
Aan dié menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee
sodat al die volke, nasies en taalgroepe
hom sou dien.
Sy heerskappy is ’n ewige heerskappy,
dit sal nie tot niet gaan nie;
sy koningskap sal nie ophou nie.
Hy het nog ’n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel is soos ’n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit ’n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.”
See Also
See Also
