Untitled Sermon (30)

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 3 views
Notes
Transcript

Ephesians 4:6 AFR1983
één God en Vader van almal: Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon.
Ephesians 4:7 AFR1983
Aan elkeen van ons is ’n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het.
Ephesians 4:8 AFR1983
Daarom sê die Skrif: “Toe Hy na die hoogte opgevaar het, het Hy krygsgevangenes saamgeneem en gawes aan die mense gegee.”
Ephesians 4:9 AFR1983
Hierdie uitdrukking: “Hy het opgevaar”, veronderstel tog dat Hy eers neergedaal het na wat laer is, naamlik na die aarde toe.
Ephesians 4:10 AFR1983
Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met sy teenwoordigheid te vul.
Ephesians 4:11 AFR1983
En dit is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.
Ephesians 4:12 AFR1983
Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.
Ephesians 4:13 AFR1983
So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ’n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.
Ephesians 4:14 AFR1983
Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie.
Ephesians 4:15 AFR1983
Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof,
Ephesians 4:16 AFR1983
en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ’n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.
Ephesians 4:17 AFR1983
In die Naam van die Here doen ek ’n ernstige beroep op julle: Moenie langer soos heidene lewe nie. Hulle gedagtes lei tot niks,
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.