Untitled Sermon (35)

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 8 views
Notes
Transcript

Luke 1:39 AFR1983
Maria het haar sonder versuim gereed gemaak en haastig na ’n dorp in die bergstreek van Judea gegaan.
Luke 1:40 AFR1983
Daar het sy in Sagaria se huis ingegaan en vir Elisabet gegroet.
Luke 1:41 AFR1983
Net toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in Elisabet se moederskoot beweeg, en sy is met die Heilige Gees vervul
Luke 1:42 AFR1983
en het hard uitgeroep: “Geseënd is jy onder die vroue en geseënd is die vrug van jou moederskoot!
Luke 1:43 AFR1983
Waaraan het ek dit te danke dat die moeder van my Here na my toe kom?
Luke 1:44 AFR1983
Kyk, net toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my van vreugde beweeg.
Luke 1:45 AFR1983
Gelukkig is sy wat glo dat in vervulling sal gaan wat die Here vir haar gesê het!”
Luke 1:46 AFR1983
En Maria het gesê: “Ek besing die grootheid van die Here,
Luke 1:47 AFR1983
ek juig oor God, my Verlosser,
Luke 1:48 AFR1983
omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem,
Luke 1:49 AFR1983
omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam!
Luke 1:50 AFR1983
Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer.
Luke 1:51 AFR1983
Kragtige dade het Hy met sy arm verrig: hoogmoediges in hulle eiewaan het Hy uitmekaargejaag;
Luke 1:52 AFR1983
maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog;
Luke 1:53 AFR1983
behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes en rykes met leë hande weggestuur.
Luke 1:54 AFR1983
Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekom deur te dink aan sy beloftes van ontferming
Luke 1:55 AFR1983
soos Hy dit toegesê het aan ons voorvaders, aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.”
Luke 1:56 AFR1983
Maria het omtrent drie maande by Elisabet gebly en daarna teruggegaan huis toe.
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.