Christenskap is nie die kerk nie

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 4 views
Notes
Transcript

Matteus 28:16-20
16 Die elf dissipels het na Galilea gegaan, na die berg waarheen Jesus hulle ontbied het. 17Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, maar sommige het getwyfel. 18Jesus het nader gekom en vir hulle gesê: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. 19Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, 20en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd. ”
Jesus stuur die dissipels en verdermeer vir my en jou met hierdie opdrag – Gaan en doop die nasies en vertel hulle om gehoorsaam te wees en alles te onderhou wat ek julle beveel het.
Gaan dan en maak dissipels van al die nasies:
Nasies of etnos in die grieks impliseer ander mense as jou groep mense
Hulle en ons moet vir ander as diè in ons groep gaan leer van Jesus
Wat moet ons hulle leer – ons moet hulle leer om alles te onderhou wat Jesus beveel het
Beveel of entello is om instruksies te gee aan of iemand te beveel om iets met gesag te doen
Wat het Jesus beveel?
- Om God lief te hê
- Om jou naaste lief te hê – in OT is hierdie naaste verstaan as mense wat deel is van die Verbond, maar Jesus kom verander dit dramaties, met gelykenisse soos diè van die goeie Samaritaan. Hy kom wys dat almal jou naaste nie. Elke persoon, selfs jou vyande, is jou naaste. Met almal moet jy die liefde van God deel.
- Dit wat jy wil hê ander moet aan jou doen, doen dit ook so aan hulle – so bewys jy liefde aan ander soos Jesus aan jou bewys het
- Jesus se volgelinge moet dien. Jesus het dit deur sy eie dade gemodelleer deur mense te genees, te versorg, te vertroos en te leer. In Markus 10:45 het Hy verklaar dat Hy gekom het “nie om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie”.
Vir Jesus is die kern van navolging of soos ons dit ken; Christenskap, die onderhouding van alles wat Hy beveel het. As ons ‘n volgeling van Jesus is, ‘n Christen, bestaan ons Christenskap uit hierdie bevele – dan is hierdie die kern van wie ons behoort te wees in ons wese.
Dan behoort ons die lig vir die wêreld te wees soos ons lees in Matteus 5:14-16. Hierdie lig skyn nie as gevolg van ons goeie werke nie, maar eerder die verligte bron wat daardie werke sigbaar en betekenisvol maak. Die lig kom van God, en wanneer dit deur gelowiges skyn, laat dit toe dat hulle dade in 'n goddelike konteks verstaan ​​en waardeer word.
Die uiteindelike doel om jou lig te laat skyn, is om ander in staat te stel om "God se volmaaktheid te erken" – om te sien hoe God lyk.
Maar iewers het die lyne begin dun raak of eerder die lyne begin kruis.
Die lyne het gekruis tussen:
- Christenskap (Volgeling van Jesus) en
- Kerk (instansie waar Christene saamkom en religieeuse praktyke beoefen).
-
Ek wil graag met julle ‘n storie deel wat ek gelees het in ‘n boek van Brian Mclaren, om te verduidelik:
Vir die behoud van die storie gaan ek dit in Engels voorlees.
There once was a bird who lived in a tree. The bird was named Faithful. From the time she was a tiny hatchling, her parents used to sing a song every morning. The song was called ‘home’ but Faithful thought home was the name of her tree.
Even after siblings fledged and flew away, Faithful never ventured far from the nest. It was all she had ever known through the spring and summer of her life. To her, it was Home. Fall came. The leaves changed from green to amber, rust, pumpkin and scarlet, ‘Home’ has never been more beautiful!
Faithful thought. ‘I'm so glad I stayed.’
One day, gusty winds blew and hard, cold rain fell. One by one the leaves flew off the tree. After the storm, Faithful became worried. Home has never been so ugly, she said. She looked up and saw other birds flying. She wondered if she should join them. Would it be safe? Would it tree survive without her? Would she survive without the tree? What would her parents think, after providing such a beautiful nest in this tree called Home?
To stay or to leave…it felt like the biggest choice she would ever make.
One morning, one of her brothers, Adventure, flew in and perched on a branch beside her. “I’ve been looking everywhere for you,” he said. “It's time to migrate.”
“I don't know what to do,” Faithful said. “I don't know if I should stay Home or leave.”
Adventure tilted his head. “Faithful, I think you're confused,” he tweeted. “Home isn't the name of your tree. Home is the name of your song. Wherever you sing your song, that’s your home.”
Hierdie bevele van Jesus behoort die lied te wees wat ons sing. Die lied van ons hart, Christenskap.
Ons is net soos hierdie voëltjie geneig om die kerk ons lied te maak eerder as ons boom.
Brian Mclaren skryf verder in dieselfde boek:
Vir baie van ons is Christenskap die naam van die boom waarin ons grootgeword het, of die boom waarin ons later in die lewe skuiling gesoek het. Maar die seisoen het verander. Die boom het verander. Ons het verander. Hoe langer ons bly, hoe meer voel ons teleurgesteld, ontnugter, gefrustreerd – selfs vasgevang.
Miskien moet ons ontdek dat Christenskap nie bedoel was om ons boom te wees nie. Dit was bedoel om ons lied te wees. Waar ons ook al ons lied sing met liefde, vreugde, vrede en geduld; waar ons sing met vriendelikheid, sagmoedigheid, vrygewigheid en geregtigheid – dáár wys ons wat dit beteken om Christen te wees.
Wanneer die kerk ons lied is; dan is dit vir ons moeilik as die manier van dinge doen verander, of as my kinders weg trek wanneer hulle groter is en besluit om ander kerke te besoek en of selfs aan te sluit daar, of soms hou hulle heeltemal op om kerk toe te gaan.
Ek wil vanoggend vir ons elkeen ‘n stuk hoop bring…die boom is nie jou tuiste nie, jou tuiste is die lied wat jy sing, en waarookal jy dit sing sal jy tuis wees.
Die boom gaan ongetwyfeld deur seisoene, sommige van die seisoene is lekker en laat mens tuis voel en ander is minder lekker en laat mens ongemaklik voel.
Die seisoens verander is byvoorbeeld:
- My kinders wil nie meer kerk tot gaan nie
- My kinders om die NG Kerk heeltemal te verlaat
- Die liedere in die kerk verander
- Die kleredrag van die mense raak te gemaklik of lyk sommer heeltemal teenoorgestelde van waaraan ek gewoond is
- Die manier van dienste verander heeltemal te veel
- Die programme wat aangebied word is nie meer dieselfde nie
- Die kerk het nie meer belydenis van geloof aflegging nie
- Die doopbak lyk anders
- Die preekstoel word weggeneem
- Die musiek is heeltemal te raserig
- Die mense hanteer nie meer die kerk dieselfde nie
- Die kerk is nie stil genoeg nie
- Die kerk het minder mense in, waar is die jongmense?
- Die jongmense verstaan nie die kerk nie
En so kan ek aangaan oor die veranderinge wat plaasvind – hierdie veranderinge ontstel ons net soveel soos die voeltjie Faithful in die storie. Dit maak dat ons nie meer veilig voel nie, maak ons bekommerd oor onsself en ons kinders se verhouding met God.
Vanoggend hoor ons uit die storie en vanuit Jesus se uitstuur, wat belangrik is. Die boodskap van wat Jesus ons beveel het om te doen. Dit is die lied wat vir ons veiligheid gee in die ewig veranderende boom, die lied wat moet gesing word wanneer ons vertrek en migreer na ‘n ander boom.
Die lering van Jesus, dit is wat ons Christen maak, wat vir ons veiligheid gee. Die boom mag deur seisoene gaan, God is almagtig en het seisoene deel gemaak van die aarde wat hy geskape se DNA. Hy het geweet ons gaan ewig deur seisoene, en Hy is rustig in die wete dat die lied van ons hart ons sal veilig laat voel, dat die lied van ons hart vir ons ‘n tuiste skep. Daardie lied, die opdragte wat ons nakom van Jesus, dit is onveranderlik, dit bly dieselfde in elke seisoen.
Die blare en die bas verander:  
- My kinders vind ‘n ander land, of dorp ver van my af weg
- My kinders vind ‘n ander kerk, dalk soms nie eers ‘n NG kerk nie
- Die liedere in die kerk klink anders is soms in ‘n ander taal en die orrel word nie meer gebruik nie
- Die kleredrag lyk anders
- Die dienste is vreemd en klink en voel anders
- Die programme is nie die wat ek voel ons kerk jare terug laat goed doen het nie
- Die kerk verander sy strukture
- Die binnekant van die gebou word uitgebreek of herbou en verander, dit waaraan ons waarde geheg het word weggevat
- Die kerk dienste is nie vol nie, mense kyk heeltemal te gemaklik aanlyn
Die veranderinge maak ons broos voel, selfs vrees soos Faithful, maar sing jou lied.
Volgens Brian Mclaren is ons lied ons geskenk aan die wêreld.
Bome groei. Bome verander met die seisoene. Hulle word volwasse, verouder en sterf. En dan groei nuwe bome waar die oues eens hulle skaduwee gegooi het. Wat die meeste saak maak, is nie om getrou aan die boom te bly nie, maar om getrou aan die lied te bly – óns lied, die lied wat net óns kan sing. Miskien sal jy jou lied vanuit die ou, bekende boom sing. Miskien sal jy die boom verlaat, maar aanhou sing. Miskien sal die boom verander en vreemd voel, maar die lied sal jy en ander aanhou sing. Miskien het dit vir Jesus nie gegaan oor in watter boom jy sit nie, maar oor hóé jy jou lied sing in die simfonie van die skepping.
Christenskap is nie die kerk nie, dit is die lied wat jy sing. Jesus stuur ons uit om mense te vertel van Hom, hulle te doop en te leer van Sy opdrag:
Mag jy, jou kinders, jou familie en jou naaste die lied aanhou sing, tot ons Jesus weer onmoet.
*Seën
Mag jou lewe sing met vreugde en veerkragtigheid waar jy ook al gaan. Mag jy ’n groep verwante siele vind – of vorm – sodat jou stem en hulle s’n die aarde kan vul met die musiek van geselligheid. En mag honderde, duisende, miljoene, selfs miljarde hulle stem vind, hulle lied sing in die simfonie van die lewe, en alle onnodige bagasie agterlaat.
Mag die lied van jou lewe ander inspireer, na ’n beter manier van mens-wees, van lééf.
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.