Untitled Sermon (46)

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 2 views
Notes
Transcript

Philippians 4:1 AFR1983
Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap en my kroon.
Philippians 4:2 AFR1983
Ek vermaan vir Euodia en ek vermaan vir Sintige om eensgesind te wees in die Here.
Philippians 4:3 AFR1983
Ja, ek vra jou ook, getroue medewerker, wees hierdie vroue behulpsaam. Hulle het saam met my die stryd gevoer in diens van die evangelie, net soos Klemens ook en my ander medewerkers, wie se name in die boek van die lewe staan.
Philippians 4:4 AFR1983
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!
Philippians 4:5 AFR1983
Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.
Philippians 4:6 AFR1983
Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.
Philippians 4:7 AFR1983
En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
Philippians 4:8 AFR1983
Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is—watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees—daarop moet julle julle gedagtes rig.
Philippians 4:9 AFR1983
En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.