Untitled Sermon (47)

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 3 views
Notes
Transcript

John 13:1 AFR1983
Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad.
John 13:2 AFR1983
Jesus en sy dissipels was aan tafel. Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die gedagte gebring om Jesus te verraai.
John 13:3 AFR1983
Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan.
John 13:4 AFR1983
Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en ’n handdoek gevat en om Hom vasgemaak.
John 13:5 AFR1983
Daarna het Hy water in ’n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.
John 13:6 AFR1983
Toe Hy by Simon Petrus kom, vra dié vir Hom: “Here, gaan Ú mý voete was?”
John 13:7 AFR1983
En Jesus antwoord hom: “Wat Ek doen, begryp jy nie noú nie, maar later sal jy dit verstaan.”
John 13:8 AFR1983
Maar Petrus sê vir Hom: “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!” Daarop sê Jesus vir hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.”
John 13:9 AFR1983
Simon Petrus sê toe vir Hom: “Here, dan nie net my voete nie, maar ook my hande en my gesig.”
John 13:10 AFR1983
En Jesus sê vir hom: “Hy wat klaar gebad het, is heeltemal skoon; hy hoef later niks meer as sy voete te was nie. En julle is nou skoon, maar nie almal nie.”
John 13:11 AFR1983
Jesus het geweet wie Hom sou verraai; daarom het Hy gesê: “Julle is nie almal skoon nie.”
John 13:12 AFR1983
Toe Hy hulle voete klaar gewas en sy bokleed aangetrek het en weer aangesit het, sê Hy vir hulle: “Verstaan julle wat ek vir julle gedoen het?
John 13:13 AFR1983
Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.
John 13:14 AFR1983
As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was.
John 13:15 AFR1983
Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.
Luke 22:14 AFR1983
Toe dit tyd was, het Jesus aan tafel gegaan en die apostels saam met Hom.
Luke 22:15 AFR1983
Hy sê toe vir hulle: “Ek het baie daarna uitgesien om hierdie paasmaaltyd saam met julle te eet voordat Ek ly.
Luke 22:16 AFR1983
Ek sê vir julle: Ek sal dit nie weer eet voordat dit in die koninkryk van God sy volle betekenis gekry het nie.”
Luke 22:17 AFR1983
Daarna neem Hy ’n beker, spreek die dankgebed uit en sê: “Neem dit en gee dit vir mekaar aan.
Luke 22:18 AFR1983
Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nie weer wyn drink voordat die koninkryk van God gekom het nie.”
Luke 22:19 AFR1983
Toe neem Hy brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis.”
Luke 22:20 AFR1983
Met die beker na die maaltyd het Hy net so gemaak en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word.
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.