Untitled Sermon (48)

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 4 views
Notes
Transcript

Romans 8:18 AFR1983
Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.
Romans 8:19 AFR1983
Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is.
Romans 8:20 AFR1983
Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het. Daarby het Hy die belofte van hoop gegee:
Romans 8:21 AFR1983
die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê.
Romans 8:22 AFR1983
Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting.
Romans 8:23 AFR1983
En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry.
Romans 8:24 AFR1983
Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat ’n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien?
Romans 8:25 AFR1983
Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.
Romans 8:26 AFR1983
Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.
Romans 8:27 AFR1983
En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.
Romans 8:28 AFR1983
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.
Romans 8:29 AFR1983
Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.
Romans 8:30 AFR1983
Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik.
Romans 8:31 AFR1983
Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?
Romans 8:32 AFR1983
Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?
Romans 8:33 AFR1983
Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry.
Romans 8:34 AFR1983
Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.
Romans 8:35 AFR1983
Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?
Romans 8:36 AFR1983
Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.”
Romans 8:37 AFR1983
Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.
Romans 8:38 AFR1983
Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte
Romans 8:39 AFR1983
of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.