1 Samuel
Notes
Transcript
Wat God vir jou belowe het sal so wees.
Wat God vir jou belowe het sal so wees.
God het vandag n bespreeking met jou, Hy wil met jou n storie deel uit sy woord. Kom ons bid dat die heilige Gees ons sal kom help
John 15:26“Wanneer die parakleet kom wat Ek van die vader af aan julle sal stuur, die gees van die waarheid wat van die vader uitgaan, sal hy oor my getuig
Ons vader wat in die Hemel is, ons kom prys U en gee U al die eer, U wat die Alfa en omega is. U wat die see strome bepaal en voor die fondasie van die wereld al was. Ons kom bely van die sondes wat ons gedoen het, wetend en nie wetend. Ons kom vra dat die bloed van jesus ons sal kom reining. Heilige gees, parakletos, gees van waarheid wat aan ons gestuur is van die vader. Asseblief kom lei ons nou, kom maak ons verstand helder. Ons kom breek enige moegheid en leuns in die naam van jesus. Ons kom breek enige iets wat ons aandag wil aflei en ful met wereldse dinge in die oomblik. Vader ons kom vra dat U kragtige vuur om die gebou sal wees vanoggend dat gee aanval van die vyand sal deur kom nie. Ons verklaar dat ons in die beskutting van die Allerhoogste woon, en ons rus in die skadu van die Almagtige. Ons kom se dat U vader ons skkuilplek en bergskuiling is, Ons God op wie ons vertrou. Vader ek kom seel hierdie gebed en hierdie gebou met die bloed van jesus, van hoek tot hoek, van grond tot dak, in elke dimensie. Ons staan agter die kruis en in u naam wat bo elke ander naam is, is jesus naam, Amen.
As jy jou bybel hier het of dalk die bybel op jou foon maak gerus oop by 1 Samuel 15. Samuel gaan groot en deels oor Saul en Dawid. Samuel speel n rol hier, God gebruik Hom om die israeliete te vat van die tydperk van die Rigters na n tyd van konings en monargie. Hier is waar Dawid se storie begin, hy het teen die beer en leeu geveg. In die vorige hoofstuk het hy Goliat verslaan. Hier gebeur ook iets groots in Koning Saul se lewe wat sy koers heeltemal verander.
Hierdie storie wys ons iets van ons mens menslike natuur. Die neigings wat ons sien, neigings om die dinge te verstaan en begryp wat ons graag begeer. Wat begeer jy op die oomblik? Dink gou…op die oomblik begeer ek om God se opdrag aan my uit te leef. Op Hoerskool het ek begeer om wetenenskap by n ander onderwyser te kry en eerste span Hokkie te speel. Kyk ek het vir vier jaar by die selfde onderwyser gekry en dit was net vervelig vir my. So wat begeer jy? Raak jy desperaat wanneer jy sien dat ander mense om jou dit kry wat jy begeer? Iemand anders kry die punte wat jy wil he, of die ou of meisie wie jy likeof dalk word die persoon langs jou gesond gemaak en jy nie. Ons raak bang en benoud as die lyk of ons nie gaan kry wat ons begeer nie. Hier kom wys God ons iets, n waarheid oor beloftes wat julle in oomblikke moet onthou wannner julle voel of jy niks kry wat jy begeer nie. Dalk is van julle bang dat dit wat julle begeer gaan wegval of die tyd gaan uithardloop en jy is te laat. Kom ons kyk saam wat vertel 1 Samuel 18 ons.
So rukkie voor die is koning Saul se koningskap afgeskeur deur God, en aan iemand gegee wat beter is as Saul. In God se oe was Saul nie meer koning nie, God het begin voorberei vir die persoon wat Saul moet opvolg. Saul het eenvoudig God nie meer deel gemaak van sy besluite nie en nie na hom geluister nie. 1 Sam 15:23
Want wederstrewigheid is ’n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.
Ek moedig julle aan om bietjie 1 Samuel te gaan deur lees. Dink gou vir n oomblik jy is in Saul se skoene, of sandale. God se profeet se vir jou dat jou koningheerskapy vir iemand beter gegee gaan word. Dit is hard, nie lekker om te hoor nie, dit kom vanaf God met n rede. Net na dit lees ons van Samuel wat David salf as die nuwe koning. God se iets baie interessant hier in vers 7 1 Samuel 16:7
Maar die Here sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.
Dan verlaat God se Gees vir Saul, en n bose gees wat van God af kom gaan verskrik vir Saul. Saul kry toe vir dawid in, nou onthou Saul weet nog nie dat Dawid as die nuwe koning gesalf is nie. Nou Dawid kon die lier speel en Saul het hom gekry om vir Hom te komspeel wanneer daai bose gees oor Saul kom. Op die staduim lyk niks snaaks met Saul en Dawid se verhouding nie, hulle gaan normaal aan en daar staan actually dat Saul vir Dawid lief word en guns in sy oe kry. Hierdie is Goddelike liefde nie die liefde wat jy op movies sien nie. Dawid word selfs Saul se wapendraer, dit is iets groots. Dit is soos om n personal bodygaurd te wees of iemand se persoonlike assistent. Hulle vertrou jou met hulle lewe.
Dink gou bietjie wat het dawid dalk in die oomblik gedink, hy weet hy is gesalf as koning, alles gebeur behalwe hy wat koning word. Baie dinge gebeur wat lyk of hy dalk koning word, maar dit kan dalk ook lyk of dit verder van koningskap af gaan. Nou in hoofstuk 17 is waar die Dawid deur God se hulp Goliat met die klippie verslaan. Hier kom Saul heelmoontlik agter dat Dawid eintlik n vegter is, warrior. En van hier af is waar alles begin draai en God se belofte duidelik word met die weerstand wat teen dit is. Ek gaan vir ons lees van vers 1 tot 9 jy kan gerus saam volg.
EN nadat hy sy gesprek met Saul beëindig het, het die siel van Jónatan verkleef geraak aan die siel van Dawid, en Jónatan het hom liefgekry soos sy eie siel.
En Saul het hom dié dag geneem en hom nie na sy familie laat teruggaan nie.
Toe sluit Jónatan met Dawid ’n verbond, omdat hy hom liefgehad het soos sy eie siel.
Daarby trek Jónatan sy mantel uit wat hy aangehad het, en gee dit aan Dawid; ook sy klere, ja, selfs sy swaard en sy boog en sy gordel.
En Dawid het uitgetrek. Oral waar Saul hom gestuur het, was hy voorspoedig, sodat Saul hom oor die krygsmanne aangestel het; en dit was goed in die oë van die hele volk en ook in die oë van die dienaars van Saul.
En toe hulle tuiskom, en ook Dawid terug was nadat hy die Filistyn verslaan het, het die vroue uitgegaan uit al die stede van Israel met sang en koordanse, met tamboeryne, met vreugdegeroep en met triangels koning Saul tegemoet.
En die vroue wat vrolik was, het gesing en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!
En Saul het baie kwaad geword, want hierdie woord was verkeerd in sy oë. En hy sê: Hulle het Dawid die tienduisende gegee, maar my die duisende gegee; hy moet nou nog net die koningskap kry!
En van dié dag af en verder het Saul die oog op Dawid gehad.
Kyk na vers 7, Saul sy duisende en Dawid sy tien duisende.
A thousand may fall at your side,
ten thousand at your right hand,
but it will not come near you.
Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie.
Hier begin Saul kwaad word, Saul het vir dawid begin eye, Saul het laat die wode begin opbou en aan hou kom. So het dit hom ook begin verander. Saul het selfs Dawid probeel aanval met sy spies, dit klink vir my of Saul vir Dawid wou wys dat hy groter of beter is. In vers 14 en 15 lees ons dat dawid voorspoedig was in alles wat hy gedoen het want die here was met Hom, en Saul het bang geraak want hy het gesien dat God met Dawid is. Saul was heeltemal mal, en in Saul se mal geid het God vir Dawid beskerm. Saul was nie klaar nie hy belowe toe sy oudste Dogter aan Dawid, lekker cheeky neh, Dit lyk goed van Dawid se kant af maar eintlik is Saul se intensie sleg. Baie keer lyk iets vir ons goed maar dit is nie goed bedoel nie, as jy saam die here loop dan beskerm hy jou van dit. Dawid het terug gekom. Hier kom Dawid terug maar die girl vir wie hy gehoop het en geveg het is weg gegee aan n ander ou. Nie net beskerm God vir dawid in die oorloe nie maar ook teen die valse verhouding wat afgedwing was met slegte intensies.
Nou vra jouself hoe lyk dit vir dawid, sien jouself in sy skoene, girls julle kan maak of julle meisie dawid is. Ek sal dink dis unfair en zef van saul se kant af. What even, ek kry solidly vir Saul jammer. Hy erken letterlik en sien dat God met Dawid is en oor hom is. Hoe stupid en blond kan jy nou wees, Saul wwet persies wat God kan doen maar hy hou aan om teen God se plan te gaan, hy hou aan om God se plan te probeer stop. En hy probeer vir dawid stop met die hoop dat dit dalk vir God stop want hy weet hy kan nie vir God stop nie. Hy hoop dat as dawid op gee sal God op gee. Hy probeer Dawid bang maak dat sy bangheid om weg jaag, hy probeer dawid skrik maak, met die hoop dat dawid vergeet van die belofte van God af.
Dawid is so beskerm deur God en sy verhouding met God is so gevestig dat jy kan se hy amper immortal is teen Saul se aanvalle. Psalm 23:5
U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.
Dit is wat God doen, soos om n sweetie voor n kind te hou en dien kind kan dit nie vat nie. Of om n stuk vleis voor n hond te hou maar die hond kan dit nie eet nie. Behalwe die stuk vleis en sweetie probeer jou aanval. Dawid is deur n paar rowwe goed en as jy verder lees gaan jy sien hy gaan deur nog n paar rowwer goed gaan, maar maak nie saak wat nie. God se doel en belofte is vir Hom om koning te word en niks gaan daai belofte keer nie. Weer vers 14 en 15, mense wat dalk beter is as jy of jou kwaad maak of irriteer het dalk wat jy wil he. Is jy nie dalk jaloers op daai mense nie. Vra dit vir jouself en gaan praat met God daaroor, se God ek is jaloers ek is kwaad dat die persoon dit het en ek nie. Se vir God wat jy dink wat in jou aan gaan. Weet julle hoe baie het Dawid met God gepraat oor hoe hy gevoel het, gaan lees net Psalms. dawid praat oor hoe hy bly is, hartseer, kwaad, alleen.
Hoor wat doen Saul nog in vers 21, so Dawid het nou nie Saul se oudste meisie gekry nie maar saul wil sy ander dogter vir hom gee, raai wat. Weer om hom te banadeel, dat sy n strik is vir Dawid. Weereens n verhouding wat bedoel is om dawid te stop. Die ergste vir my is dat toe Saul hoor dat sy dogter actually lief was vir dawid toe dink hy eers dis slim om haar vir hom te gee. So nou gebruik saul sy eie dogter ook, hy het omtrent down the rabbit hole gegaan. Dit is wat gebeur as mens begin jaloers raak en woede toelaat om te bly, jy begin alles en almal om jou te gebruik net om iemand anders te keer. Dawid voel eintlik geerd hy dink jis, die koning like my kwaai. Vers 1 Sam 18:23
Die dienaars van Saul het toe hierdie woorde voor die ore van Dawid gespreek; maar Dawid het gevra: Is dit ’n kleinigheid in julle oë om die skoonseun van die koning te word, terwyl ek ’n arm en geringe man is?
Weereens kom dit teen n prys, dawid moet n honderd voorhuide van die filisteine bring. Nou dis nie baie maklik nie, dawid moes redelik veg vir dit. Saul se laat die filistieine hom doodmaak, saul is nou al so desperaat dat hy hoop op ander plaas om dawid te stop. Dawid verdubbel toe sommer die hoeveelheid filisteine wat hy dood maak. God het dawid gehelp met meer te doen as wat Saul selfs verwag het. Dawid het terug gekom en saul se 2de dogter getrou. En ons lees in vers 1 Sam 18:29
het Saul nog meer bevrees geword vir Dawid, en Saul het Dawid se vyand geword al die dae.
Dat Saul nou nog banger vir dawid geword het. Dit is nou waar ek gaan stop, maar dawid se storie stop nie hier nie, Saul probeer vir omtrent die volgende 13 jaar om vir dawid te stop. Vir 13 jaar wag dawid en word getuister deur saul maar God se belofte staan. Dawid het moeilike tye gehad en tye wat hy wou op gee maar op die ou end sien ons hy het uitgehou, God vertrou deur alles en gewag op God se tyd. En kyk waar het did vir dawid gebring. Deur daai 13 jaar is meeste van die psalms geskryf. Daar sien jy al Dawid se emosies deur die tyd.
Maak nie saak wat Saul alle sgedoen het nie, Dawid sou en het koning geword soos God belowe het. Jou begeerte om in beheer te wees kannie verander wat God se plan is nie. Dalk sien daan mesie of ou jou nie raak nie maar jys ien dat iemand anders na hulle kyk, nou stalk jy hulle en voel jy beitjie in beheer, iets waaroor jy eintlik glad nie beheer het nie. Wat bedoel is om joune te wees van God se belofte, wat jy voor geskape is om te doen, gaan jy doen deur God. Niemand om jou en geen fisiese issue van jou gaan dit keer nie, jy sit hier en dink jou rolstoel of gaan jou keer. Ek wil vir jou se dit kan nie vir god keer nie, kyk hoe kragtig is hy dat hy jou gebruik soos jy is.
Hier is n gedagte, hou op vra hoekom en begin vra hoe kan ek God dien. Party van julle bid so hard vir watb jy wil he, julle vergeet om vir God te vra wat hy deur jou wil doen.
Kom ons bid
Vader god, dankie dat elke kind hier se lewe nie perongeluk is nie, ek kom verklaar dat hulle deel is van U perfekte plan. U het hulle gemaak met n plan en n doel, elkeen van die kinders dae is op geskryf in U boek. Ek kom le hulle drome, begeertes, besluite en toekoms voor U neer en ek verklaar dat my voet stappe deur U bepaal word.
Ek kom bedek hulle roeping met die bloed van jesus. Geen plan van die vyand of vloek of misluking van die vyand kan U plan vir hulle weg vat nie. Ek kom renounce jalosie, woede en twyfel. Ek verklaar elke kind is veilig in wie U here God, hulle gemaak het.
Heilige Gees ek kom vra, fill hierdie kinders en onderwysers vandag met weisheid en openbaring, leer hulle om U stem te hoor en volg vir leiding. Dankie dat U hulle verstand gee wat gevestig is in jeus Christus.
Ek verklaar hulle is kinders van God en erfgename in God se koningkryk. Hulle sal lewe in die doel waarvoor U hulle geskape hwt. Hulle is geseend soos hulle in gaan en uit. Die kop en nie die stert nie, bo en nie onder nie.
Ek kom spreuk en profeteer deure van geleentheid oor hulle toekoms, deur wat sal oop gaan, goddelike verhoudings, en hulpbronne wat voorsien sal word. Wat U in hulle begin het gaan n klaar maak. Ek verklaar hulle roeping sal Jesus verheerlik en sy koningkryk laat groei en getuienis agterlaat wat op gelloof gebou is. Hulle toekoms behoort aan U here, hulle gaan lewe en verklaar oor U werke in die land van die lewendiges, in Jesus naam. Amen.
