Romeine 10:1-4
Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 4 viewsNotes
Transcript
Ywer vir God sonder Kennis
Ywer vir God sonder Kennis
Inleiding
• Paulus skryf aan die kerk in Rome
• Na hoofstuk 9 sien ons Paulus se boodskap begin verander van die Soewereiniteit van God na die verantwoordelikheid van die mens toe
• Ons moet verstaan die verantwoordelikheid van die mens is nogsteeds onderheuwig aan God se soewereiniteit.
• “God is sovereign, we are responsible” - Stephen Nichols met ander woorde
• God is volkome soewerein oor alle dinge, tog roep Hy ons as sy kinders na getroue gehoorsaamheid, ons verantwoordelikheid staan dus nie in teenstand met God se Soewereiniteit nie, maar dit is die middel waardeur God sy soewereine raadsplan en voornemings tot uitvoering bring”
Die vraag is altyd - Hoekom as God alles klaar weet en doen en Soewerein is, hoekom moet ons enige iets doen?
• Want dit is n absolute voorreg vir ons .
• So vandag delf ons dieper in Romeine 10 in en die verantwoordelikheid van die mens
• Leer God Ken
• Bely Christus As Heer en Verlosser (Baie belangrik om na die Heerskappy van Christus te kyk)
• Verkondig die Evangelie (Geloof kom deur die gehoor van God se Woord)
Meer spesifiek kyk ons na Romeine 10:1-4
Leer God Ken
Romeine 10: 1-4
BROEDERS, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding.
2Want ek getuig van hulle dat hulle ’n ywer vir God het, maar sonder kennis.
3Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.
Konteks
• Vers 1: Ons sien net soos in Romeine 9 verwys Paulus na sy liefde vir die Jode, Hy verlang na hulle redding, Hy bid vir hulle redding.
• Vers 2Paulus verwys na die Ywer van die Jode, daar was n vuur in hulle vir God. Maar hulle het n gebrek aan kennis van God se geregtigheid gehad, met ander woorde n verkere kennis gehad
• Hulle ken die Ou testament
• Hulle ken Moses
• Hulle ken die wet
• hulle ken die offers
Maar
• Hulle het nie God se Geregtigheid nie erken nie
• Hulle kon nie God se verlossings plan raaksien nie
• Hulle ken nie CHRISTUS NIE
• Hulle het, en tot vandag toe nog, leef die Jode afhanklik van hulle eie verlossing, met ander woorde n selfregverdige houding, Hulle was en is Self righteous
• In die Joodse kultuur was en is werke tot jou verlossing
• Hulle was onkundig (Ignorant) teenoor God se geregtigheid
• Die Jode van daai tyd en nogsteeds vandag (Orthodox) Jode, glo dat jy die 613 wette moet volhou, dit sluit in jou dieet wette, Sabbat dag beperkings, hulle verskillende feeste en so aan.
• Die Jode was so vasgevang in dit, dat hulle verblind was vir die geregtgiheid van God
• Hulle was verblind teenoor die waarheid dat Christus die einde van Wet was, dat deur Hom ons as geregtig verklaar word.
• Hier le die sonde
• Hulle trots
• Hulle wou nie onderwerp (Submit) aan God se Geregtigheid nie.
Vers 4 “Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo”
• Die was die antwoord op Israel se probleem
• Hulle het probeer om deur die wet gered te werod
Maar God se: Kyk na Christus !!!
Hoe kan ons toepas wat ons hier leer?
• Die ongerrede
• Onvolwasse Christen- Baie Ywer maar verkere kennis
ONGEREDDE
Atheïste, ander gelowe en selfs mense wat dink hulle is Christene, maar nooit werklik tot bekering gekom het nie.
Hulle leef in die vlees en nie in die Gees nie.
Hulle het geen ware liefde vir God, Sy Woord of die voltooide werk van Christus nie.
Die wêreld verwerp en onderdruk die waarheid van God.
Sonder die openbaring van God se Woord en die ourtuigende werk van die Heilige Gees kan niemand God ken, Hom behaag of in Christus glo nie.
Maar hoekom is dit so? Hoekom het hulle nie hierdie ywer en kennis nie? Paulus gee die antwoord:
2 Korintiers 2:14-17
14Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
15Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.
16Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.
Romeine 8:7-9
7omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.
8En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
9julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
• Met ander woorde as die Heilige Gees ons nie aanraak nie, as ons nie n nuwe hart ontvang nie, sal ons Die Woord van God minag, Sal ons God nie behaag nie, Sal ons nie Glo nie.
• En ons het geleer in Romeine 9 hoekom nie almal aangeraak of veranderd word nie, maar vir vandag fokus ons nie daarop nie, ons wil net eintlik vandag fokus op die kerk, op die kinders van God, maar die gelowige sonder kennis
Die onvolwasse Christen
Ons moet besef ons kan eers werklik God leer ken as Hy ons deur Wedergeboorte nuut gemaak het, Maar so moet ons ook besef dat wedergeboorte nie ons onmiddelik volwasse in die geloof maak nie
Om volwasse te word, Gebeur deur die oortuiging en Leiding van die Heilige Gees, maar dit vat die voortdurende proses van in die Woord te wees van God waarop ons, ons vertroue en geloof versterk in God, en die is waar die mens se verantwoordelikheid inkom.
Maar die is ook waar die groot probleem in kom. Ons leef in 'n tyd waar baie Christene geestelik onvolwasse bly. Hulle groei nooit verder as die begin van hulle geloof nie. Hoekom is dit so?
• Ek praat nie van die ongeredde kind hier nie, wat geen kennis of ywer dra nie
• Ek praat van kinders van die Here wat Onvolwasse is. Nou ons kan argumenteer dat baie van die onvolwasse christene nie waaragtige Christene is nie, en in baie gevalle is dit so. Maar ek wil nie vandag oor hulle praat nie
• Die wat Ware kinders is maar verkere kennis het
• Ons sien dit in die Christen wat jonk in die geloof is,
• En dan sien ons die christene wat lank al in die geloof is, maar daar is geen groei, of dan geen kennis nie
• Ons sien n wisselvallige geloof
• Daar is n ywer vir God, maar hulle het nie die diep Kennis van God se Woord of sy geregtigheid nie
• Hulle is gewoonlik baie vatbaar vir vals leeringe of verkeerde geestelike leiding
• Hulle probeer dikwels in hulle eie krag God behaag deur werke en prestasie, eerder as om in Jesus se voltooide werk te vertrou
• Hulle mag dink dat God se guns of genade verdien moet word deur werke en gehoorsaamheid, eerder as om te verstaan dat goeie werke die vrug van verlossing is, NIE DIE OORSAAK DAARVAN NIE
• Ons sien gereeld n God wat uitgebeeld word, om in te pas by ons begeertes of eie gevoelens, eerder as die Waaragtige God wat Homself in skrif openbaar.
• Ons sien n God wat beperk word of wie se Waarhede afgewater word omdat sekere texte of skrif te moeilik is vir die mens om te aanvaar, soos verkiesing, soos verlossing
• Wanneer ons begin Buigbaar raak met Sonde want ons sien nie sonde soos God dit sien nie
• Waar dit belangriker is vir die emosional journey wat ons in kerke ondervind instede van geanker te wees op die skrif
• Ons verantwoordelikheid is daarom om onsself voortdurend aan die skrif te toets, die Woord reg te bestudeer en te verdeel, waaragtige teologiese sterk prediking by te woon SODAT ons nie soos Paulus se in Efesiers 4:14 is nie
Efesiers 4:14
14sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;
15maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus.
Jy kan nie wysheid of kennis opbou sonder die Woord van God nie, sonder die bybel nie, Om God te hoor, Om God te ken, Om n verhouding met God te He, Moet jy jouself immerse in sy Woord
• Jy moet sy Woord reg verdeel
• 2 Timoteus 2:15 se
15Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny Comment!!!!!!!!
• Die bybel is nie aan ons geskryf dit is vir ons geskryf.
• Die Bybel is nie oorspronklik aan ons geskryf nie, dit is aan n spesifieke oorspronklike gehoor geskryf
• N nasie, n persoon, n groep, in n spesifieke tyd, in spesifieke plek
• Dus moet ons eers altyd bevestig wat se boodskap het God oorgedra vir die persoon of nasie etc.
• Daarna kan ons vir onsself vra hoe pas ons, ons situasie in dit toe.
• Rule 101, die Woord van God het net een interpretasie, maar menigte applikasies.
• Ons kan nie die betekenis verander omdat ons dit in ons lewens wil toepas nie.
• Dit is nie verhouding bou met die Here nie, dit is Sy Woord te “Diminish”
Wanneer ons en alleenlik wanneer ons die Woord van God begin Bestudeer, en ons Begin dit reg te verdeel, En ons luister aandagtig na waaragtige Woord prediking. Kan ons eers Werklik die Geregtigheid van God verstaan
• En wanneer ons die geregtigheid van God verstaan.
• Kan ons werklik eers die Werke van Christus in neem.
• Kan ons werklik God se Soewereiniteit aanskou.
• Kan ons werklik God se Kenmerke herken
• Kan ons werklik die leiding van die Heilige Gees aanvaar
Die probleem wat ons mee sit is ons Minag God se geregtigheid
• Ons doen dit want ons ken nie God nie, Ons dra nie kennis nie
• Ons wil God beperk en die mens meer verantwoordelikheid gee ten opsigte van ons verlossing!!
• Ons wil nie besef God is in beheer nie, Maar eerder dat ek in beheer is van my eie lot.
• Ons wil Rondloop as Christene maar ons wil die Wereld bevredig, want ons het n evangelie geskep wat nie op waarheid basseer is nie
• JOhannes 15 se Jesus
• “Julle is my vriende as julle doen wat ek julle beveel”
• Die wereld hou daarvan om te se: “JESUS IS MY VRIEND”
• Maar skrif leer ons om Hom as Here te ken. En dat ware vriendskap met Christus vloei uit onderwerping aan sy Heerskappy
• En ons kry dit alleenlik deur God te Ken, Deur Jesus te Ken, Ons kan dit werklik net regkry as ons God se Woord leer, reg preek, reg verdeel. Waaragtige Kennis op te bou
• Teologie - Studie van God
• Weet julle hoeveel kerke minag die teologie, maar wil meer fokus op die emosie, die self promosie, en die musiek en hoe die musiek jou laat voel, en die events.
• Nou emosies is nie verkeerd nie, dit is great, Musiek is nie verkeerd nie, dit is great.
• Maar wanneer dit die plek bybelse waarhede inneem, die Waarhede van God, ontstaan n gevaarlike Christenskap wat baie gevoel het maar min kennis van God en sy geregtigheid he
• Mense die wysheid van God se kennis strek baie verder as emosies, en mooi musiek, dit sluit in als wat die Woord van God vir ons leer.
• WAT VAN DIE KRUIS WAT VAN CHRISTUS SE WERKE
• WAT VAN AL GOD SE KENMERKE
• So baie kinders van God, loop rond in ignorance. Ons loop rond met geen verhouding nie, of ons verhouding is gebasseer op n uur elke sondag, of so nou en dan wanneer dinge bietjie moeilik gaan dan vergryp ons na gebed toe.
• Maar ons loop rond en se “God ken my hart” terwyl ek die wereldse leefwyse uitleef. (Jy is reg hy doen, maar die vraag is ken jy jou hart)
Toepassing
• Leer God ken
• Ons moet begin leef in die Woord van die Here
• Ons moet die Woord reg hanteer en reg verdeel
• Ons moet wandel in gebed
• So bou ons ware wysheid op
God gee aan ons Sy Woord, Jou verantwoordelikheid is as kind van GOD
• Die Woord as finale Outoriteit te sien in jou lewe
• Nie by te voeg of veranderinge daaraan te maak nie
• Dit is ons verantwoordelikheid om God se Woord as krities te hanteer.
• Ons weet ons bou geloof deur die Woord van God te hoor
• Of dit n prediker is wat preek, en of jy jou eie bybel studie doen, een van die verantwoordelikhede wat God ons gee is om dit te doen.
Slot
Israel het n ywer vir God gehad, maar sonder kennis, vandag hier in Homebase, mag dit nooit van ons gese word nie. Mag ons nie net tevrede wees met emosies, tradisies of godsdienstige aktiwiteite nie, Maar laat ons God leer ken, Laat ons Hom intiem leer ken soos Hy Homself in die Woord openbaar, As die Vader, die Seun en Die Heilige Gees.
Want Hoe beter ons Hom ken, hoe DIEPER kan ons Hom liefhe,
Hoe dieper ons Hom lief het, hoe getrouer sal ons Hom gehoorsaam;
En hoe getrouer ons Hom gehoorsaam, hoe meer word Christus in ons lewe verheerlik, en hoe meer word God alleen die eer gegee.
Dit is ons verantwoordelikheid
