Ingang tot of in die Koningkryk van God

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 106 views

Om die koninkryk van God te betree of te erf, is die voorreg van diegene wat erken en leef volgens die heerskappy van God en deel geword het van die nuwe orde van verlossing en geregtigheid in Christus.

Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →

Toegang tot die koninkryk van God is van kardinale belang

Dit is duur

;

See also ; ; ; ;

Dit is ‘n dringende saak

Luke 9:59–62 Afrikaanse Ou Vertaling
En Hy sê aan ’n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe. En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God. En ’n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is. En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.

Toestande/Kondisies van toegang tot die koninkryk van God

Kinderlike vertroue

Mark 10:15 Afrikaanse Ou Vertaling
Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
See also

Om wedergebore te word van God se Gees

John 3:3 Afrikaanse Ou Vertaling
Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
See also ;

Gehoorsaamheid tot God se WILL

Matthew 7:21 Afrikaanse Ou Vertaling
Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

Waarskuwings oor toegang tot die koninkryk van God

Die weg is baie smal en die pad is nou!!!!!!

Luke 13:24–28 Afrikaanse Ou Vertaling
Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie. Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer. En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.
See also ;

Die goddelose sal nie die koninkryk beërwe nie

1 Corinthians 6:9–10 Afrikaanse Ou Vertaling
Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
See also ; ; ;

Die behoefte aan gereedheid en waaksaamheid

Matthew 24:42–44 Afrikaanse Ou Vertaling
Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie. Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie.
See also ; ;

Toegang is nie gegrond op uiterlike voorkoms, of toegeken aan almal wat daarop aanspraak maak dat hulle die Here ken nie

Matthew 7:21–23 Afrikaanse Ou Vertaling
Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
See also ; ;

Die koninkryk van God is 'n koninkryk van genade

Dit behoort aan diegene wat deur God gekwalifiseer is

Colossians 1:12–13 Afrikaanse Ou Vertaling
en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig — Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,
See also ;

Dit behoort aan die armes en die armes van Gees

Luke 6:20 Afrikaanse Ou Vertaling
Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.
See also ; It is hard for the rich to enter the kingdom of God; ;

Dit behoort aan die kinderlike

Matthew 19:14 Afrikaanse Ou Vertaling
Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.

Dit behoorgt aan die sondaars

Mark 2:17 Afrikaanse Ou Vertaling
En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
See also

Dit behoort aan diegene wat vervolg word ter wille van Jesus Christus

Matthew 5:10 Afrikaanse Ou Vertaling
Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Dit behoort aan heidene sowel as aan Jode

Matthew 8:11 Afrikaanse Ou Vertaling
Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele.
See also ; those initially uninvited represent the Gentiles;
Related Media
See more
Related Sermons
See more