Naamloos Sermon

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 4 views
Notes
Transcript
1 Corinthians 4:1 NKJV
Let a man so consider us, as servants of Christ and stewards of the mysteries of God.
1 Corinthians 4:1 DIEBYBEL:A19331953
SO moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God.
1 Corinthians 4:2 DIEBYBEL:A19331953
En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word.
1 Timothy 6:12 DIEBYBEL:A19331953
Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.
Hebrews 11:8–12 DIEBYBEL:A19331953
Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ’n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ’n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is. Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het. Daarom is daar ook gebore uit een vader, en dit ’n verstorwene, kinders soos sterre van die hemel in menigte en soos die sand aan die strand van die see, wat ontelbaar is.
Hebrews 11:17–19 DIEBYBEL:A19331953
Deur die geloof het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer, aan wie gesê is: In Isak sal jou nageslag genoem word—want hy het gereken dat God mag het om selfs uit die dode op te wek; daaruit het hy hom ook, om so te spreek, terug ontvang.
Romans 4:13 DIEBYBEL:A19331953
Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.
Romans 4:18–21 DIEBYBEL:A19331953
Hy het teen hoop op hoop geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was: So sal jou nageslag wees. En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het.
Revelation 2:10 DIEBYBEL:A19331953
Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.
Matthew 6:24 DIEBYBEL:A19331953
Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
1 Chronicles 28:9 DIEBYBEL:A19331953
En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met ’n volkome hart en met ’n gewillige siel, want die Here deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.
Hebrews 10:19–22 DIEBYBEL:A19331953
TERWYL ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, en ons ’n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree met ’n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ’n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.
1 Timothy 4:1 DIEBYBEL:A19331953
MAAR die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang
1 Timothy 4:2 DIEBYBEL:A19331953
deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete,
Romans 2:15 DIEBYBEL:A19331953
omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,
Psalm 40:8 DIEBYBEL:A19331953
Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe.
Hebrews 9:14 DIEBYBEL:A19331953
hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.
1 John 5:2 DIEBYBEL:A19331953
Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar.
1 John 5:3 DIEBYBEL:A19331953
Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.
Romans 1:5 DIEBYBEL:A19331953
deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene ter wille van sy Naam,
Romans 10:16 DIEBYBEL:A19331953
Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja sê: Here, wie het ons prediking geglo?
Romans 10:17 DIEBYBEL:A19331953
Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
1 Samuel 15:22 DIEBYBEL:A19331953
Daarop sê Samuel: Het die Here behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die Here? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.
Luke 16:10–12 DIEBYBEL:A19331953
Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig. As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou? En as julle nie getrou was in ’n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?
1 Chronicles 9:26 DIEBYBEL:A19331953
Want in die ampsplig het hulle, die vier owerstes van die deurwagters, gestaan. Van die Leviete was oor die kamers en oor die skatte van die huis van God.
1 Chronicles 9:27 DIEBYBEL:A19331953
En hulle moes in die nag rondom die huis van God bly, want hulle het die wag gehad en moes elke môre oopsluit.
Deuteronomy 32:4 DIEBYBEL:A19331953
Die Rots—volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; ’n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.
1 Kings 8:56 DIEBYBEL:A19331953
Geloofd sy die Here wat aan sy volk Israel rus gegee het net soos Hy gespreek het: geen enkele woord het onvervuld gebly van al die goeie woorde wat Hy deur die diens van sy kneg Moses gespreek het nie.
2 Kings 12:15 DIEBYBEL:A19331953
En hulle het nie met die manne afgereken in wie se hand die geld toevertrou was om dit aan die uitvoerders van die werk te gee nie, want hulle het met getrouheid gehandel.
Psalm 139:23 DIEBYBEL:A19331953
Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;
Psalm 139:24 DIEBYBEL:A19331953
en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!
John 12:48 DIEBYBEL:A19331953
Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
Related Media
See more
Related Sermons
See more