Die invloede op die konings van Israel en Juda
Sermon • Submitted
0 ratings
· 66 viewsNotes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
Inleiding
Inleiding
Jesus sou uit die nageslag van David gebore word
Saul, David, Salomo
Rehabeam en Jerobeam 1
Af pyltjies - Seun volg pa op
Dwars pyltjies Koningskap oorgeneem deur geweld
Kleure: Rooi - goddeloos, Grys God gedien MAAR ....., Wit God heelhartig gedien. Oranje Goddeloos maar tot bekering gekom en alles verander.
· Dubbelname
2 Jeromeam Konings in Israel
Twee Joram (I&J) gelyktydig - Swaers
Twee Joas (I&J) gelyktydig (Spelling verskil in die 2 grafieke)
Twee Ahasia (I&J)
Rehabeam
Rehabeam
Salomo: Vrouens en ongehoorsaamheid aan die opdrag van God
Salomo: Vrouens en ongehoorsaamheid aan die opdrag van God
Koning Salomo was lief vir baie uitlandse vrouens. Behalwe die dogter van die farao het hy ook vrouens uit die Moabiete, Ammoniete, Edomiete, Sidoniërs en Hetiete gehad.
Maar Salomo het My verlaat en Astarte die godin van die Sidoniërs, Kemos die god van Moab, en Milkom die god van die Ammoniete, aanbid. Hy het nie meer geleef volgens my wil en gedoen wat reg is in my oë nie of my voorskrifte en bepalings nagekom soos sy vader Dawid gedoen het nie.
So het die twee dogters van Lot by hulle pa swanger geword. Die oudste het ’n seun in die wêreld gebring en hom Moab genoem. Hy is die voorvader van die Moabiete. Die jongste dogter het ook ’n seun in die wêreld gebring en hom Ben-Ammi genoem. Hy is die voorvader van die Ammoniete
Jy mag nooit in vrede leef met die Ammoniete en die Moabiete nie, en jy mag nooit iets goeds aan hulle doen nie.
Rehabeam: Verkeerde raad gevolg. Guns by sy vriende gesoek
Rehabeam: Verkeerde raad gevolg. Guns by sy vriende gesoek
Sy pa was Salomo en ma was ‘n Ammonietiese vrou
Maar hy het die raad wat die ouer mense hom gegee het, in die wind geslaan en die raad gevra van die jonger manne wat saam met hom grootgeword het en in sy diens was:
Rehabeam is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy ma was Naäma, ’n Ammonitiese vrou. Sy seun Abia het hom as koning opgevolg
Abia: Sy pa se voorbeeld gevolg. Sy ouma was Ammoniet
Abia: Sy pa se voorbeeld gevolg. Sy ouma was Ammoniet
Abia het dieselfde sondes as sy pa gedoen, en hy was nie so getrou aan die Here as sy voorvader Dawid nie.
Asa: Profeet van die Here - Hy is gehoorsaam
Asa: Profeet van die Here - Hy is gehoorsaam
Die Gees van God het oor Asarja seun van Oded gekom. Hy het Asa tegemoet gegaan en vir hom gesê: “Luister na my, Asa en alle manne van Juda en Benjamin: As julle by die Here is, sal Hy by julle wees; as julle na Hom vra, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Homverlaat, sal Hy julle verlaat.
Toe Asa hoor wat die profeet, die seun van Oded, aankondig, het hy moed geskep en die afgodsbeelde uit die hele gebied van Juda en Benjamin laat verwyder, en ook uit die stede wat hy in die Efraimsberge verower het. Hy het ook die altaar van die Here wat voor die ingangsportaal van die tempel was, laat regmaak.
Deur hierdie optrede het hy die hele Juda en Benjamin om hom saamgetrek, en ook talle immigrante uit Efraim en Manasse en uit Simeon, wat uit Israel na hom toeoorgeloop het toe hulle sien die Here sy God is by hom.
Koning Asa het vir Maäka, sy ouma, as koninginmoeder afgesit omdat sy ’n Asjerabeeld, ’n walglike ding, laat maak het. Asa het die ding stukkend gekap, dit fyngemaal en in die Kedrondal in die vuur gegooi. Die hoogtes het wel nie heeltemal uit Israel verdwyn nie, maar Asa was sy lewe lank getrou aan die Here. Hy het die wydingsgeskenke van sy pa, en ook sy eie, in die tempel van God gebring: silwer, goud en offergereedskap. Tot sy vyf en dertigste regeringsjaar was daar nie oorlog nie
In dié tyd het die siener Ganani na koning Asa van Juda toe gekom en vir hom gesê: “Jy het gesteun op die koning van Aram, jy het nie op die Here jou God gesteun nie. Daarom het die leër van die koning van Aram jou ontglip.
Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Maar nou het jy dwaas opgetree en daarom sal jy van nou af oorlog hê.”
Asa was so kwaad vir die siener dat hy hom in die tronk laat sit het. Hy was woedend oor wat die siener gesê het. In dié tyd het Asa ook begin om sommige mense sleg te behandel
Asa was so kwaad vir die siener dat hy hom in die tronk laat sit het. Hy was woedend oor wat die siener gesê het. In dié tyd het Asa ook begin om sommige mense sleg te behandel
Asa was so kwaad vir die siener dat hy hom in die tronk laat sit het. Hy was woedend oor wat die siener gesê het. In dié tyd het Asa ook begin om sommige mense sleg te behandel
Asa was so kwaad vir die siener dat hy hom in die tronk laat sit het. Hy was woedend oor wat die siener gesê het. In dié tyd het Asa ook begin om sommige mense sleg te behandel
In sy nege en dertigste regeringsjaar het Asa ’n uiters ernstige siekte aan sy voete opgedoen, maar selfs in dié siekte het hy nie die Here geraadpleeg nie, wel die dokters.
Josefat: Mag en Geld
Josefat: Mag en Geld
Eers sy seun wat met Agab en Isebel se dogter trou
Veg saam met Agab nadat Miga gesê het nee
Later weer na God geluister
Die Here was by Josafat, want hy het sy voorvader Dawid se vroeëre lewe nagevolg. Hy het nie die Baäls gedien nie, maar die God van sy vader. Hy het die gebooie van God gehoorsaam en nie gemaak soos Israel nie.
Josafat het egter gevra: “Is hier nie nóg ’n profeet van die Here dat ons hom ook kan raadpleeg nie?”
Die Here was by Josafat, want hy het sy voorvader Dawid se vroeëre lewe nagevolg. Hy het nie die Baäls gedien nie, maar die God van sy vader. Hy het die gebooie van God gehoorsaam en nie gemaak soos Israel nie.
Toe Josafat ryk geword het en groot aansien geniet het, het hy ’n huwelik tussen ’n lid van sy familie en een uit die familie van Agab gereël.
Josafat het met die volk oorleg gepleeg en toe sangers laat plek neem voor die gewapende manne. Hulle het vooruit geloop in hulle gewyde klere en die Here geloof met die woorde: “Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie.”
Joram: Sy vrou Atalia en sy skoonouers Agab en Isebel
Joram: Sy vrou Atalia en sy skoonouers Agab en Isebel
Nadat Joram die koningskap van sy pa oorgeneem het en seker van sy saak was, het hy al sy broers en ook van die Israelitiese leiers laat vermoor.
Hy was twee en dertig toe hy koning geword het en het ag jaar lank in Jerusalem geregeer. Hy het die pad van die konings van Israel geloop soos die koningshuis van Agab gedoen het, want hy was getroud met ’n dogter van Agab. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Die Here wou egter nie die koningshuis van Dawid uitroei nie, want Hy het met Dawid ’n verbond gesluit en het belowe om vir Dawid en sy nageslag die troon vir altyd te verseker.
Ahasia: Sy ma Atalia en Ouma en Oupa Agab en Isebel
Ahasia: Sy ma Atalia en Ouma en Oupa Agab en Isebel
Ook hy het die pad van die koningshuis van Agab geloop; sy ma was die een wat hom die raad gegee het om so verkeerd op te tree. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, net soos die koningshuis van Agab, want na sy pa se dood was hulle sy raadgewers, en dit het sy ondergang beteken.
Atalia: Haar Pa Agab en Ma Isebel
Atalia: Haar Pa Agab en Ma Isebel
Toe Ahasia se ma, Atalia, hoor haar seun is dood, het sy al die aanspraakmakers op die troon van Juda uit die weg geruim. Een van die prinsesse, Jehoseba, het egter vir Joas, ’n seun van Ahasia, gegryp en hom stilletjies weggevat tussen die prinse wat doodgemaak sou word. Sy het hom en sy oppasster na ’n slaapkamer toe geneem en hom daar weggesteek sodat Atalia hom nie kon kry om hom te laat doodmaak nie. Jehoseba was ’n dogter van koning Joram en ’n suster van Ahasia. Sy was getroud met die priester Jojada. Joas is ses jaar by hulle in die tempel versteek, en in dié tyd het Atalia die land geregeer
Joas: Priester wat hom grootgemaak het. Later sy hoogmoed
Joas: Priester wat hom grootgemaak het. Later sy hoogmoed
Later sy hoogmoed
Joas was sewe toe hy koning geword het en hy het veertig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Sibja, uit Berseba. Solank die priester Jojada geleef het, het Joas gedoen wat reg is in die oë van die Here.
Na die dood van Jojada het die leiers van Juda die koning kom ophemel, en hy het hom dit laat geval. Toe het hulle die huis van die Here die God van hulle voorvaders verlaat en gewyde pale en afgodsbeelde gaan dien. Met dié sondige optrede van hulle het Juda en Jerusalem die toorn van die Here op hulle gehaal.
Amasia: Moontlik sy ma. Sy eie ek
Amasia het koning geword toe hy vyf en twintig was en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jehoaddan, uit Jerusalem. Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here, maar nie met sy hele hart nie.
Maar Amasia het die profeet in die rede geval: “Is jy aangestel as raadgewer van die koning? Bly stil. Soek jy jou dood?”
Die profeet het dit toe daargelaat en gesê: “Ek weet nou dat God besluit het om u te vernietig. U maak daarna en u wil nie na my raad luister nie.
Ussia / Asarja: Ma? Profeet Sagaria, Sy eie hoogmoed
Ussia / Asarja: Ma? Profeet Sagaria, Sy eie hoogmoed
Ussia was sestien toe hy koning geword het en hy het twee en vyftig jaar lank in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jekolja, uit Jerusalem. Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here en in alles die voorbeeld van sy pa gevolg. Hy het na die wil van God gevra gedurende die hele lewe van Sagaria, wat insig in die openbaring van God gehad het. In die tyd dat Ussia na die wil van die Here gevra het, het God dit goed laat gaan met hom.
Maar toe hy eenmaal die mag het, het Ussia ingenome geword met homself, en dit was die begin van sy einde. Hy het aanmatigend teenoor die Here sy God opgetree: hy het in die tempel van die Here ingegaan om wierookoffers op die wierookaltaar te bring.
Jotam: Sy Pa se voorbeeld
Jotam: Sy Pa se voorbeeld
Jotam het gedoen wat reg is in die oë van die Here en in alles die voorbeeld van Ussia, sy pa, gevolg, met dié verskil dat hy nie in die tempel van die Here oortree het nie. Die volk het egter met hulle afgodsdiens voortgegaan.
Agas: Israel se konings. Ontrou aan die Here
Agas: Israel se konings. Ontrou aan die Here
Hy het die pad geloop van die konings van Israel en hy het selfs beelde van die Baäls laat giet.
Dit was oor koning Agas van Juda dat die Here Juda dié vernedering aangedoen het, want Agas het die verdorwenheid in Juda vrye teuels gegee en hy was ontrou teenoor die Here.
Agas het die goed wat in die tempel gebruik is, weggevat en stukkend geslaan, die deure van die huis van die Here gesluit en op elke hoek in Jerusalem altare gebou. In elke stad van Juda het hy hoogtes ingerig om vreemde gode met offerandes te vereer. So het hy die Here, die God van sy voorvaders, uitgetart.
Hiskia: Hy was gehoorsaam aan God en God bewerk herlewing in die land. Jesaja sy vriend. Hoogmoed -Berou
Hiskia: Hy was gehoorsaam aan God en God bewerk herlewing in die land. Jesaja sy vriend. Hoogmoed -Berou
Sy vrou Abi
Hiskia het koning geword toe hy vyf en twintig was en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Abi, ’n dogter van Sagaria. Hiskia het gedoen wat reg is in die oë van die Here en het in alles die voorbeeld van sy voorvader Dawid gevolg.
Hiskia se vrou is Gefsiba:
Jy sal nie meer die verstote vrou
genoem word nie,
en jou land nie meer die een
wat verlate lê nie.
Jy sal genoem word:
“Die een vir wie die Here liefhet,”
en jou land:
“Die een wat aan die Here behoort.”
Die Here het jou lief,
en jou land behoort aan Hom.
No longer will they call you Deserted,
or name your land Desolate.
But you will be called Hephzibah,
and your land Beulah;
for the Lord will take delight in you,
and your land will be married.
Ook in Juda was die hand van God werksaam. Hy het hulle die koning en die amptenare se bevel wat op sy opdrag berus het, eendragtig laat gehoorsaam. Baie mense het in Jerusalem byeengekom, ’n baie groot gemeente, om die fees van die ongesuurde brood in die tweede maand te vier.
Koning Hiskia en die profeet Jesaja seun van Amos het daarom gebid en na die hemel geroep.
Die ander verhale oor Hiskia en sy troue optrede is opgeteken in Die Gesig van die Profeet Jesaja seun van Amos en in Die Boek van die Konings van Juda en Israel.
Dié tyd het Hiskia ernstig siek geword. Hy het tot die Here gebid, en die Here het met hom gepraat en met hom ’n wonder laat gebeur. Hiskia het egter nie dankbaarheid betoon vir dié weldaad nie. Hy het ingenome geword met homself, en dit het die toorn van die Here oor hom en oor Juda en Jerusalem gebring. Hy en die inwoners van Jerusalem het egter berou gekry oor die selfingenomenheid, en die toorn van die Here het toe nie in die tyd van Hiskia oor hulle gekom nie.
Manasse: Swaarkry
Hy het die hoogtes wat deur Hiskia, sy pa, verwoes is, weer opgebou, altare vir die Baäls opgerig, gewyde pale gemaak, voor al die hemelliggame gebuig en hulle gedien.
Toe het die Here die leëraanvoerders van die koning van Assirië laat kom, en hulle het Manasse gevange geneem, hake deur sy neus gesteek, hom geboei met bronskettings en hom na Babel toe gevat. Toe dit met hom so sleg gaan, het hy die Here sy God om genade gesmeek, groot berou getoon voor die God van sy voorvaders, en gebid. Die Here was hom genadig en het sy smeekbede verhoor en hom laat terugkom na Jerusalem, na sy koningskap toe. Toe het Manasse geweet dat die Here God is
Amon: Sy pa se verkeerde voorbeeld
Amon: Sy pa se verkeerde voorbeeld
Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, net soos Manasse, sy pa, gedoen het. Vir al die beelde wat Manasse, sy pa, gemaak het, het Amon offerandes gebring. Hy het hulle gedien en nie voor die Here berou getoon soos sy pa nie. Hy het nog meer misdade teen God begaan.
Josia: Ontmoeting met God - Kom tot bekering
Josia: Ontmoeting met God - Kom tot bekering
Gee opdrag dit tempel reggemaak word en die wetboek word gevind
Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here. Hy het die pad van sy voorvader Dawid geloop en daar nie links of regs van afgewyk nie.
In die agste jaar van sy regering, toe hy nog ’n jong man was, het hy begin om die God van sy voorvader Dawid te dien, en in die twaalfde jaar het hy begin om Juda en Jerusalem te suiwer van hoogtes, gewyde pale, gesnede en gegote beelde.
Konings van Juda
Konings van Juda
Almal was goddeloos behalwe Jehu
Die profeet Elisa het een van die profete geroep en vir hom gesê: “Maak klaar en vat hierdie kruikie olie en gaan na Ramot in Gilead toe. As jy daar kom, gaan soek vir Jehu op, seun van Josafat seun van Nimsi. Gaan in, bring hom eenkant, weg van sy medeoffisiere af, in ’n binnekamer,
Jy moet ook vir Jehu seun van Nimsi salf tot koning van Israel, en vir Elisa seun van Safat uit Abel-Megola moet jy salf tot profeet om jou op te volg.
Ahasia se ondergang met sy besoek aan Joram is deur God beskik. Na sy aankoms het hy saam met Joram opgetrek teen Jehu seun van Nimsi. Die Here het vir Jehu aangewys om die koningshuis van Agab uit te roei, en Jehu was toe juis besig om die straf van God oor die koningshuis van Agab te voltrek. Hy het die amptenare van Juda en die seuns van Ahasia se broers wat in Ahasia se gevolg was, raakgeloop, en hulle doodgemaak.
Die Here het vir Jehu gesê: “Omdat jy gedoen het wat goed en reg is in my oë en jy die huis van Agab alles aangedoen het wat Ek my voorgeneem het, sal jou kinders tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.”
Maar Jehu het nie met sy hele hart die woord van die Here die God van Israel gehoorsaam nie. Hy het nie afgesien van die sondes wat Jerobeam vir Israel laat doen het nie.