Handelinge (3)

Acts  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 37 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →

Die Goeie Raaisel

Acts 1:6–7 AFR1983
6 Toe hulle ’n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” 7 Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie.

Inleiding:

Die raaisel oor wanneer Jesus gaan heers - vir ewig - bly maar ‘n raaisel wat mense kan besig hou.
Hier is ‘n paar raaisels:
Kom ons kyk wie kan dit regraai:
So groen soos gras, so wit soos was, so rooi soos bloed so suikersoet! Wat is ek… (‘n waatlemoen)
Al wieker al wakker, al oor die akker, die dooie maak die lewendige wakker. Wat is ek… (‘n sweep)
Ek het ‘n perdjie, hoe verder ek hom ry, hoe korter word sy stertjie. Wat is dit? (Naald en gare)
Hier kiep-kiep, daar kiep-kiep, woerts in die hoekie. Wat is ek…(besem)
Vier stap in die pad, vier hang in die pad, een jaag vlieë weg, twee jaag honde weg. Wat is ek? (Koei - vier bene, vier spene, een stert, twee horings).
Kom ons kom terug by ons ernstige raaisel vir vandag.
ëKom ons skets net weer die prentjie.
Die raaisel oor wanneer Jesus gaan heers - vir ewig - bly maar ‘n raaisel wat mense kan besig hou.
Wanneer gaan Jesus Sy heerskappy oor Israel herstel?
Ons skets net weer die prentjie.
Die dissipels, sommige van hulle sou Apostels genoem word;
Kuier gereeld saam met Jesus.
Dit is na Jesus se dood en opstanding.
Jesus kuier saam met hulle en gesels-leer hulle.
Hierdie kuiers, meesal oor ‘n bord kos en ek glo ‘n beker wyn, het geskied na Jesus se dood en opstanding.
Hulle leer alles wat hulle moet weet, maar hulle leer nie alles nie.
Ons ook nie.
Ons leer alles wat ons moet en kan leer;
Maar ons leer nie alles nie.
Jesus sê dat daar sekere dinge is wat “..nie vir julle is…om te weet” nie.
Een spesifieke stukkie inligting wat nie vir ons ore bedoel is nie - is die koms van die koninkryk vir Israel.
ê
Een van die redes hoekom ons as Christene hier op aarde besig gehou word is sodat ons die werk wat Jesus en die apostels begin het sal klaarmaak.
Ons het geleer dat die Evangelie (Goeie nuus oor Jesus) bestaan uit alles wat Hy gedoen en geleer het).
Ons het geleer dat daardie inligting (kennis) nutteloos is sonder die Goeie Heilige Gees se krag.
Vandag leer ons dat daar kennis is wat ons Here van ons af weghou.
In lyn met die Goeie nuus is daar ‘n goeie raaisel.
Twee dele van die Goeie Raaisel wat ons op ‘n Goeie plek los om die Goeie nuus te verkondig.
Soos enige Goeie Raaisel is daar ‘n vraag.
Wat is ‘n raaisel werd as daar nie ‘n goeie antwoord op die vraag is nie.
Die Goeie Raaisel
Die Antwoord op die Goeie Raaisel

1. Die Goeie Raaisel se vraag

Acts 1:
Acts 1:6 AFR1983
6 Toe hulle ’n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?”
Acts 1:6 AFR1983
6 Toe hulle ’n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?”
Acts 1:6 AFR1983
6 Toe hulle ’n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?”
Ons weet nie wie spesifiek hierdie vraag gevra het nie.
Dit is ‘n tipiese vraag wat Petrus sou vra.
Maar, ter versagtende omstandighede; Petrus het baie kere die vrae gevra wat die ander dissipels te skaam of te bang was om te vra.
So: “hulle” vra.
Kyk na die sinskonstruksie van die vraag.
“..is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?”
Die vraag is nie “Gaan U die koninkryk ooit vir Israel weer oprig?” nie
Die vraag is ook nie “Wanneer gaan U die koninkryk vir Israel weer oprig?” nie
“Hulle” wonder nie of Jesus die koninkryk vir Israel weer gaan oprig nie.
“Hulle” raaisel is “gaan dit nou gebeur?”
Verstaanbaar: want Jesus het saam met hulle gekuier en met hulle gepraat oor die koninkryk.
Die groot fokus en antwoord op die Ou Testament se raaisel is opgelos.
Die Messias is hier, prys betaal, lewende lywe, wonderwerke, verlossing.
Nou is die tyd.
Hulle het verwag dat Jesus se antwoord bloot sal wees: “Ja, nou is die tyd.”
Daar was in die dissipels se gedagtes geen aardse rede waarom die aardse koninkryk nie weer herstel kon word nie.
Die tweede koms van Jesus was nooit spesifiek in die Ou Testament verkondig nie.
Die apostels het ook geweet dat Esegiël 36 en ook Joël 2 die koms van die koninkryk verbind met die uitstorting van die Heilige Gees.
So, hulle vraag was ‘n baie goeie vraag.
Jesus het sopas belowe dat die Gees se koms om die draai is.
Dan is die logiese volgende stap - die koms van die koninkryk.
Ons weet dat die geestelike ewige koninkryk van God gevestig is van die begin van die skepping af;
Ons weet dat die geestelike ewige koninkryk van God by die dag groei soos daar nuwe lede van God se gesin bygevoeg word;
Ons weet dat dit goed en reg is vir ons om eerste te soek na, te hunker na, die koninkryk van God;
En dat ons nie bekommerd behoort te wees oor die behoeftes van hierdie lewe nie. ().
Jesus self leer ons om te bid:
Matthew 6:9–10 AFR1983
9 “So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; 10 laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.
,
Matthew 6:11–12 ESV
Give us this day our daily bread, and forgive us our debts, as we also have forgiven our debtors.
Drie en dertig verse in die Nuwe Testament praat van die Koninkryk van die hemel.
Almal behalwe twee van hierdie verse is in die Evangelies.
Twee in Openbaring.
Luister na Openbaring 11:15:
Revelation 11:15 AFR1983
15 Toe het die sewende engel op sy trompet geblaas. Daar was stemme in die hemel wat hard uitgeroep het: “Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons Here en sy Gesalfde, en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid.”
As mens gaan soek vir “Koninkryk van God dan is daar 73 verse - elkeen van die Evangelies het ‘n klomp;
Handelinge verwys ses keer na “koninkryk van God”.
In hierdie geval val die antwoord wat hulle gekry het in hierdie kategorie.
Verskeie van Paulus se briewe verduidelik wat die koninkryk is.
Voorbeeld:
1 Thessalonians 2:12 AFR1983
12 het ons julle elkeen bemoedig en aangespoor en dit op die hart gedruk om tot eer van God te lewe, Hy wat julle roep om in sy koninkryk in te gaan en so aan sy heerlikheid deel te hê.
1 Thessalonians 2:11–12 AFR1983
11 Net so weet julle ook hoe ons elkeen van julle behandel het: soos ’n pa sy kinders 12 het ons julle elkeen bemoedig en aangespoor en dit op die hart gedruk om tot eer van God te lewe, Hy wat julle roep om in sy koninkryk in te gaan en so aan sy heerlikheid deel te hê.
Sonder om te veel te sê oor hierdie vers, net dit:
Maar, daar is baie dinge in hierdie lewe wat ‘n raaisel is vir ons.
Paulus maak dit duidelik dat wanneer jy lewe vir Jesus, deel jy in Sy koninkryk.
ê
Hierdie waarheid - maak seer.
Jesus regeer, van voor die begin af, nou, en tot in alle ewigheid in.
Jesus IS Koning.
Maar, die raaisel is eintlik agter die vraag:
“Jesus, is dit nou die tyd dat U weer die Koninkryk gaan oprig?”
Die raaisel is eintlik: “Wanneer gaan u die gemors laat ophou?”
“Wanneer gaan ons in vrede kan lewe?”
“Wanneer gaan die skelms hulle verdiende loon kry?”
“Wanneer gaan misverstande, wreedheid, onregverdigheid, korrupsie - ophou?”
As mens deur die Nuwe Testament lees dan verstaan mens dat alle sonde eers in die ewigheid sal ophou.
Hierdie lewe is vol sonde en probleme.
1 Johannes 3:13 gaan sover as om te sê:
1 John 3:13 AFR1983
13 Broers, moenie verbaas wees as die wêreld julle haat nie.
Die raaisel, bevat ‘n goeie vraag.
Wanneer gaan die Koninkryk kom?
Hier op aarde?
Selfs die Psalmskrywer het gevra:
Psalm 121:1–2 AFR1983
1 ’n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? 2 My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Wat is die antwoord?

2. Die Antwoord op die Goeie Raaisel

Acts 1:6 ESV
6 So when they had come together, they asked him, “Lord, will you at this time restore the kingdom to Israel?”
Acts 1:7 AFR1983
7 Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie.
Acts 1:
Jesus se antwoord strek verder as die herstel van die koninkryk.
Jesus maak die antwoord meer algemeen, want Hy ken die vraag agter die vraag.
Ons sien drie dele in Jesus se antwoord:
Deel 1: Julle - mense - gaan nooit voor die tyd weet tot wanneer die moeilikheid gaan aanhou nie.
Deel 2: Die Vader alleen weet.
Deel 3: Die Vader bepaal Sy plan in Sy eie mag.
Hoekom sekere dinge geheim hou?
Die kort antwoord is dat God, God is.
Romans 9:20–21 AFR1983
20 Mens, wie is jy per slot van rekening dat jy met God wil redeneer? Hoe kan die maaksel vir sy maker sê: “Waarom het jy my so gemaak?” 21 Het die pottebakker nie die reg om uit dieselfde klomp klei iets besonders én iets alledaags te maak nie?
Ek weet hierdie gedeelte in Romeine het eitlik te doen met hoe ek lyk en wat my roeping is, maar, dit verduidelik die beginsel.
God is jou eienaar.
Hy het jou gemaak.
Hy onderhou jou.
Hy weet presies wat moreoggend tien oor nege met jou gaan gebeur.
En die Vader is die enigste een wat weet presies wanneer die tydelike eindig, en die ewige begin.
Deuteronomy 29:29 AFR1983
29 “Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan die Here ons God, maar wat geopenbaar is, is vir altyd bekend aan ons en ons nageslag: ons moet lewe volgens al die woorde van hierdie wet.
Mark 13:32 ESV
32 “But concerning that day or that hour, no one knows, not even the angels in heaven, nor the Son, but only the Father.
Wat jy moet weet is dat jy nie alles weet nie;
En dit is goed so.

Opsomming:

1 Corinthians 13:12 AFR1983
12 Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieël en sien ’n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.
2 Corinthians 5:7 AFR1983
7 want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.
Hoe moet ons hierop reageer?
Mark 13:33–37 AFR1983
33 Wees op julle hoede; wees waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie. 34 Dit is soos ’n man wat ver weggegaan en sy huis onder beheer van sy slawe gelaat het. Hy het vir elkeen sy werk gegee en die deurwagter beveel om waaksaam te bly. 35 Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die huiseienaar kom nie, in die aand of middernag of met hanekraai of die môre vroeg nie, 36 sodat wanneer hy onverwags kom, hy julle nie aan die slaap kry nie. 37 En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Bly waaksaam!”
Ons weet nie wat God volgende gaan doen nie.
Ons het nie die antwoord op die raaisel nie.
Ons weet ook dat ons nie vooruit gaan weet wat die antwoord op die raaisel is nie.
Wat ons wel weet, is dat ons God goed is.
Dat ons God almagtig is.
Dat ons God alwys is.
Dat ons God die moeite werd is om te aanbid.
Ons weet ook dat ons God op presies die regte tyd, die regte ding doen;
Vir jou en vir my.
So, ons moet oppas - waaksaam wees.
Hierdie waaksaamheid het deur die eeue en in elke geslag gedien as motivering vir Christene om in die oomblik te lewe vir Jesus.
Hierdie waaksaamheid het gedien en behoort vir jou en my te dien as aansporing om met passie te dien.
Hier en nou waar Jesus vir jou vra om te dien - sonder dat jy weet wat die resultaat van jou diens gaan wees.
Amen
Related Media
See more
Related Sermons
See more