Untitled Sermon (3)
SKEP MOED EN VERTROU GOD • Sermon • Submitted
0 ratings
· 9 viewsNotes
Transcript
Handout
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
DAAROM MOET JULLE MOEDHOU MANNE! EK VERTROU OP GOD EN DAAROM....
Handelinge 27:9–44 (Die Lewende Bybel)
9 Ons het toe reeds baie tyd langs die pad verloor. Die winter was naby, want die Joodse fees van die groot versoendag was reeds verby. Dit sou gevaarlik wees om verder op see te reis. Daarom het Paulus hulle aangeraai:
10 “Manne, dit lyk my ons gaan teëspoed en groot skade hê as ons verder reis. Dit is nie net die skip en die vrag wat kan vergaan nie maar ons kan ook ons lewe verloor.”
11 Maar die onderoffisier wat vir die gevangenes verantwoordelik was, het Paulus se raad in die wind geslaan en geluister na die opinie van die kaptein en die eienaar van die skip.
12 Buitendien was daardie hawe nie ’n goeie plek om te oorwinter nie. Die meeste van die skip se bemanning wou verder gaan na Feniks toe om daar te bly tot die winter verby was. Feniks is ’n ander hawe van Kreta wat sy opening na die see toe aan die suidwestekant en noordwestekant het.
13 Juis toe het daar ’n ligte windjie van die suide se kant af begin waai en die manne het gedink alles loop nou reg om hulle plan uit te voer. Hulle het die ankers opgetrek en al langs die kus van die eiland gevaar, nie ver van die land af nie.
14 Maar skielik het daar ’n sterk stormwind van die land se kant af begin waai—’n wind wat die Noordoos genoem is.
15 Die wind het die skip eenvoudig saamgesleep die diepsee in. Dit was onmoontlik om die skip se boeg teen die wind op te hou, en daarom moes ons maar saam met die wind drywe.
16 Toe ons suid van die klein eilandjie Kauda verbydrywe, was ons vir ’n kort rukkie beskerm teen die wind. Daar het ons met groot moeite dit reggekry om die skip se roeibootjie wat met ’n tou agter aan die skip vas was, uit die water uit op te lig en op die dek vas te bind. Die matrose kon toe ook ’n paar toue onder om die skip bind om hom stewiger te maak. Hulle was bang dat die skip op die sandbanke naby die kus van Noord-Afrika kon loop en daarom het hulle die seile laat sak en die skip maar laat drywe.
18 Die storm het aangehou, en die volgende dag het die matrose die skip se vrag in die see begin gooi.
19 Nog ’n dag later het hulle al die los goed wat hulle op die skip gebruik het, self in die see gegooi.
20 Hierdie verskriklike storm het dae lank aangehou. Snags kon ons die sterre nie sien nie, en bedags kon ons selfs nie eers die son sien nie. Ons het naderhand geen hoop meer gehad dat ons lewendig daar sou uitkom nie.
21 Die manne het dae lank nie aan kos gedink nie. Paulus gaan toe tussen hulle in en sê: “Manne, as julle na my geluister het en nie van daardie hawe in Kreta af weggegaan het nie, sou ons nie hierdie groot skade gehad het nie.
22 Maar ek wil nou vir julle sê: hou moed, want al sal die skip ook vergaan, sal nie een van julle sy lewe verloor nie.
23 Ek behoort aan God en ek dien Hom ook. Verlede nag het Hy ’n engel gestuur wat by my kom staan het en met my gepraat het.
24 Die engel het vir my gesê: ‘Paulus! jy moenie bang wees nie. Jy sal nog voor die keiser in Rome staan. En omdat God aan jou wil goed doen, sal Hy ook almal wat saam met jou op die skip is se lewe spaar.’
25 Daarom moet julle moedhou manne! Ek vertrou op God en daarom weet ek dit sal gebeur presies soos Hy gesê het.
26 Die skip sal op een of ander eiland strand.”
27 Veertien dae lank was ons in hierdie storm op die Middellandse See. Daardie nag teen omtrent middernag het die matrose begin agterkom dat ons êrens naby aan die land gekom het.
28 Hulle gooi toe die lyn uit waarmee die diepte gemeet word, en meet ses en dertig meter. ’n Rukkie later meet hulle weer die diepte en kry sewe en twintig meter.
29 Omdat hulle bang was dat die skip op die rotse kon loop, het hulle vier ankers aan die agterkant van die skip uitgegooi en gebid dat dit gou lig moet word.
30 Daar was party van die matrose wat van die skip af wou wegvlug. Hulle laat sak toe die skip se bootjie in die see en maak asof hulle nog ankers van die skip se voorkant af in die see wou lant sak.
31 Maar Paulus het vir die onderoffisier en die soldate gesê: “As daardie manne nie op die skip bly nie, kan julle nie gered word nie.”
32 Die soldate kap toe die toue van die bootjie af en laat hom in die water val.
33 Toe dit wou lig word, het Paulus almal aangeraai om te eet:
34 “Dis nou al veertien dae dat julle in so ’n spanning leef sonder om te eet. Daarom wil ek julle nou mooi vra om iets te eet. Julle sal dit nodig hê om gered te word. Julle sal niks oorkom nie. Nie eers een van die hare op julle kop sal beskadig word nie.”
35 Nadat Paulus dit gesê het, het hy brood geneem en daar voor hulle almal het hy God dankie gesê daarvoor. Toe breek hy die brood en eet dit.
36 Die ander het ook moed geskep en begin eet.
37 Altesaam was ons 276 mense op die skip.
38 Nadat almal genoeg geëet het, het hulle die koring wat van die skip se vrag oorgebly het in die see gegooi om die skip nog ligter te maak.
39 Toe dit lig word, kon ons die land sien, maar die matrose kon dit nie herken nie. Daar was ’n baai met ’n strook sand, en hulle besluit toe om die skip op daardie sand te laat loop as dit moontlik was.
40 Daarom het hulle die ankertoue afgekap en die ankers in die see laat bly. Hulle het ook die toue losgemaak waarmee die skip se stuur in posisie gehou is en die voorste seil gespan sodat die wind hulle strand se kant toe gedryf het.
41 Maar die skip het op ’n vlak plek in die see vasgesteek. Die skip se boeg het so vasgesit dat hy na geen kant toe kon beweeg nie, en die branders het die agterstewe van die skip uitmekaar uit begin slaan.
42 Die soldate se plan was om die gevangenes dood te maak sodat hulle nie dalk sou uitswem land toe en ontsnap nie.
43 Maar die onderoffisier wou Paulus beskerm en daarom wou hy hulle nie toelaat om dit te doen nie. Hy het gesê almal wat kan swem, moet eerste in die water spring en kant toe swem.
44 Die ander moes aan planke vashou of aan stukke hout van die wrak en so sou hulle agterna uitkom land toe. Op die manier het ons almal veilig op droë grond aangekom
· Paulus begin as prisonier en eindig as kaptein.
· Hy neem oor as leier as al die ander hulpeloos en radeloos is.
· Krisisse maak ‘n mens nie, dit wys jou karakter.
· God red die hele skip se mense terwille van Paulus.
WAT DOEN ‘N KIND VAN GOD (PAULUS) IN KRISIS TYE?
1. JY DEEL GOD SE WOORD MET RADELOSES MENSE.
Paulus het ‘n WOORD by God gekry dat almal sou leef.
Handelinge 18:9–10 (Die Lewende Bybel)
9 Een nag het die Here na Paulus toe gekom en met hom gepraat deur ’n visioen. Die Here het vir hom gesê: “Jy moenie bang wees nie en ook nie stilbly nie. Hou aan praat,
10 want Ek is by jou en niemand sal jou iets kan aandoen nie. In hierdie stad het Ek baie mense wat aan My behoort.”
Handelinge 23:11 (Die Lewende Bybel)
11 Daardie nag het die Here by Paulus kom staan en vir hom gesê: “Moenie bang word nie, Paulus! Jy moet nog in Rome ook vir die mense van My gaan vertel net soos jy dit hier in Jerusalem gedoen het.”
Ons het wonderlike beloftes in die Woord.
Isaiah 41:10 (Die Lewende Bybel)
10 Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Jy hoef ook nie bekommerd rond te kyk nie, want Ek is jou God. Ek sal jou help en jou krag gee en jou vashou met my magtige regterhand
Isaiah 43:1–5 (Die Lewende Bybel)
1 Israel, hier praat jou Skepper nou met jou: Hy sê: “Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos. Ek het jou op jou naam geroep, jy behoort aan My.
2 As jy deur diep water moet gaan, sal Ek by jou wees. As jy deur riviere moet gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Selfs as jy deur die vuur moet gaan sal jy nie verbrand nie en die vlamme sal jou nie skade aandoen nie.
3 Want Ek is die Here, jou God. Ek is jou Verlosser, die Heilige God van Israel. Ek het Egipte en die Soedan en Seba in jou plek gegee om jou los te koop.
4 Ek het ander mense en ander nasies prysgegee om jou lewe te spaar, want vir My is jy kosbaar en Ek het jou lief en gee jou eer.
5 Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Ek sal jou nageslag van alle kante af terugbring uit die ooste en die weste.
Romans 15:4 (Die Lewende Bybel)
4 Alles in die Skrif is geskrywe om ons te leer. Dit help ons ook om geduldig te wees en gee ons moed sodat ons vas oortuig kan wees van die wonderlike toekoms wat daar vir ons wag.
2. JY WAARSKU MENSE
Hulle toestand het aanhoudend versleg
Handelinge 27:31 (AFRIKAAN)
31 Paulus sê toe vir die offisier en sy soldate: “As hierdie matrose nie aan boord bly nie, kan julle nie gered word nie.”
Handelinge 27:24 (AFRIKAAN)
24 Die engel het vir my gesê: ‘Moenie bang wees nie, Paulus. Jy moet nog voor die keiser verskyn. En ter wille van jou spaar God in sy goedheid die lewe van almal wat hier saam met jou op die skip is.
3. JY STEL ‘N GOEIE VOORBEEELD
Handelinge 27:33–34 (AFRIKAAN)
33 Net toe dit begin lig word, het Paulus almal aangespoor om te eet: “Vandag is dit al veertien dae dat julle in spanning wag sonder om iets te eet.
34 Daarom raai ek julle aan om nou te eet. Julle het dit nodig om gered te word. Niemand van julle sal ’n haar van sy kop verloor nie.”
Jy kan mense weer laat moed skep met jou geloof in God. Jy het die antwoorde wanneer almal raadop is
4. JY RED HULLE (SOOS PAULUS)
Op die manier het ons almal veilig op droë grond aangekom
Wat leer ons uit hierdie gebeurtenis?
i. Somtyds moet jy ly terwille van ander se ongeloof Die Offisier.
ii. Storms openbaar jou karakter en vertroue
iii. Storms ontspoor nie God se plan nie.
iv. Storms kep altyd geleenthede