GOUDKLONT BELOFTES
BELOFTES VAN GOD • Sermon • Submitted
0 ratings
· 6 viewsNotes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
GOUDKLONT BELOFTES
Hierdie gedagte is ontleen uit die boek van Kenneth S. Wuest, TEASURES. (p25)
I. Kom ons kyk na enkele van hierdie beloftes
Hebreërs 13:5 (Afrikaanse Ou Vertaling)
5 ............................ want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
(The Message)
5 ………………. Since God assured us, “I’ll never let you down, never walk off and leave you,”
1. God self het dit gesê.
Ons kan aanvaar dat God bedoel het wat Hy gesê. Dat Hy in staat is om dit te kan doen.
2. Begewe is om te los.
Hierdie woordjie is nie net om jou te los nie maar het meer die betekenis van om jou te onderhou en te onderskraag.
3. Twee negatiewe
In die Griekse Bybel is daar ‘n dubbele negatief wat ekstra klem lê op wat gesê word. Dus moet vertaal word. Ek sal nie, Ek sal nie......ophou om jou te ondersteun en by te staan nie.
(Die Lewende Bybel)
13 Vir al hierdie dinge sien ek kans omdat Christus my die krag daarvoor gee.
(AMP)
13 I have strength for all things in Christ Who empowers me [I am ready for anything and equal to anything through Him Who infuses inner strength into me; I am self-sufficient in Christ’s sufficiency].
4. Verlaat
‘n samestelling van drie woorde. (i) om te verlaat, (ii) onder, en (iii) in.
Wat vertaal kan word, (i) die eerste een is om te verlaat. (ii) weg te stoot, te verwerp, verslaan te word of hulpeloosheid. En dan (iii) Om jou in ‘n posies te vind waar jy verwerp en verstote voel.
Dus jy verwerp en verstoot iemand in ‘n staat van hulpeloosheid en verslaenheid tydens ‘n tyd van swaarkry en vyandige omstandighede.
“ to abandon, to desert, to leave in straits, to leave helpless, to leave destitute, to leave in the lurch, to let down (p25)
5. Drie negatiewe.
Die sekerheid wat God bied word drie keer versterk. Tot die uiterste. Eks sal nie, ek sal nie, Ek sal jou nooit los in ‘n plek waarin Ek jou nie sal uithelp nie
II. DIE TWEEDE BELOFTE AAN ONS IS IN:
Johannes 6:37 (Afrikaanse Ou Vertaling)
37 .............. en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.
(The Message)
37 …………And once that person is with me, I hold on and don’t let go.
Ons vind weer dieselfde twee negatiewe in hierdie gedeelte. Ons word dubbeld verseker as ons in God se huis is sal Hy ons nie daaruit gooi nie.
Wuest wys ons daarop daar is nog ‘n woordjie in die Griekse Bybel wat nie in ons vertalings voorkom nie. En dit is “outside” Waarom wil die Bybel hierop klem lê? Hierdie betekenis kan gesien word in Openbaring 22
Openbaring 22:14–15 (Die Lewende Bybel)
14 “Almal wat hulle klere skoon gewas het, sal gelukkig wees, want hulle sal toegelaat word om deur die poorte in die stad in te gaan en te eet van die vrugte van die boom wat lewe gee.
15 Maar daarbuite bly almal wat vuil geleef het soos honde en almal wat met toordery te doen gehad het en die onsedelike mense en moordenaars en almal wat ander gode aanbid het en die wat gelieg het of van leuens gehou het.
(The Message)
14 “How blessed are those who wash their robes! The Tree of Life is theirs for good, and they’ll walk through the gates to the City.
15 But outside for good are the filthy curs: sorcerers, fornicators, murderers, idolaters—all who love and live lies.
III. ‘N DERDE BELOFTE VIND ONS IN JOHANNES 15:7
Johannes 15:7 (Die Lewende Bybel)
7 As julle aan My verbind bly en my woorde in julle hart onthou, mag julle vra net wat julle wil hê en julle sal dit kry.
(The Message)
7 But if you make yourselves at home with me and my words are at home in you, you can be sure that whatever you ask will be listened to and acted upon.
Dit is ‘n Imperatief en beteken dat dit in die bevelsvorm is. God sê “Ek beveel jou om te vra”.
Om in Hom te bly beteken kortweg dat daar niks tussen my en Hom is nie.
1. Maar dit is meer as ‘n bevel. Dit is ook ‘n uitdaging. “As jy dus aan die vereistes voldoen daag Ek jou uit om te vra. Jy sal dan ervaar dat Ek In staat is en getrou is om my woord na te kom.”
2. Wat jy wil hê of begeer.
3. Dit is ‘n veilige opdrag want wanneer ons in die Naam van Jesus bid en vra, word ons gebed Sy gebed.
4. Jy kan dit vir jouself vra omdat ‘n kind van God se begeertes altyd God sal verheerlik en nie jouself nie.
5. Jy sal dit kry is die Griekse woord vir “done” om te doen. En beteken “to become, to come in to existence”
6. Wat dit vir ons sê is dat die Skepper God dit sal roep om te bestaan uit niks.
Net ‘n laaste woord.
Om te vra is in die Aoristus tyd in Griekse Bybel. Dit is ‘n opdrag wat jy onmiddellik moet uit voer.
Ons kan dit dus vertaal “Ek beveel jou om nou onmiddellik te vra wat jy begeer vir jouself en ek sal dit roep om te bestaan”.
Amen