HELP MY GLO
GELOOF • Sermon • Submitted
0 ratings
· 11 viewsNotes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
(Die Lewende Bybel)
14 Toe hulle weer by die ander dissipels aankom, sien hulle dat daar ’n groot klomp mense om hulle was en dat die Skrifkenners met hulle aan die argumenteer was.
15 Toe die mense Jesus sien aankom, was hulle verras en het gehardloop om Hom te gaan ontmoet.
16 Hy vra hulle toe: “Wat is dit waaroor julle so argumenteer?”
17 Een van die mense sê toe: “Meneer, ek het my seun na U toe gebring, want daar is ’n bose gees in hom wat hom stom maak.
18 Elke keer as die gees hom beetpak, gooi hy hom op die grond. Dan kom daar skuim by die seun se mond uit en hy byt op sy tande en word stokstyf. Ek het u dissipels kom vra om die gees uit te dryf, maar hulle kon dit nie regkry nie.”
19 Jesus antwoord: “Ag, maar julle is ongelowige mense! Hoe lank moet Ek nog by julle bly voordat julle sal glo? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring die kind hier na My toe.”
20 Hulle bring hom toe na Jesus toe. Die oomblik toe die gees Jesus sien, het die gees die seun stuiptrekkings laat kry sodat hy neergeval en op die grond rondgerol het terwyl die skuim by sy mond uitkom.
21 Jesus vra vir die pa: “Van wanneer af gebeur dit met hom?” En hy antwoord: “Dit is al van kleins af.
22 Die gees het al baiemaal probeer om hom dood te maak. Dan het hy hom in die vuur laat val of in die water. Wees tog vir ons jammer en help ons as U iets daaraan kan doen.”
23 “As Ek kan?” vra Jesus. “Enigiets is moontlik as ’n mens glo.”
24 “Ja, ek glo!” roep die kind se pa uit, “maar help my, want daar is nog ongeloof ook!”
25 Jesus het gesien dat die mense van alle kante af nader druk en daarom het Hy die bose gees beveel: “Jy, gees wat hom stom en doof maak, Ek sê nou vir jou, gaan uit hom uit en moet nooit weer in hom inkom nie!”
26 Die gees het hard geskree en die seun nog erger stuiptrekkings laat kry en toe uit hom uitgegaan. Die seun het soos ’n lyk bly lê. Daarom het baie van die mense gesê: “Hy is dood.”
27 Maar toe Jesus hom aan sy hand vat om hom te laat opstaan, het hy regop gestaan.
28 Later toe Jesus en sy dissipels weer alleen by die huis was, het hulle Hom gevra: “Waarom kon ons daardie duiwelse gees nie uitdryf nie?”
29 Jesus antwoord: “Dit is net deur gebed dat hierdie soort gees uitgedryf kan word.”