Wie is Hy werklik?
Sermon • Submitted
0 ratings
· 24 viewsNotes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
Markus 4:35-41
Markus 4:35-41
35Toe dit begin skemer word, sê Jesus vir sy dissipels: “Kom ons gaan na die oorkant van die meer toe.” 36Die dissipels is toe saam met Jesus, wat nog in die skuit was, daar weg. Die ander mense het op die strand agtergebly, hoewel party wel met skuitjies saam oorkant toe is. 37Daar bars toe ’n woeste storm los. Die golwe het tot binne-in die skuit geslaan en die skuit het vol water begin word. 38Jesus het agter in die skuit op ’n kussing gelê en slaap. Die dissipels skud Hom toe wakker en sê: “Gee U nie om dat ons besig is om te sink nie?”
39Jesus staan toe op en praat streng met die wind en die golwe: “Stil! Word rustig.” Dadelik het die wind gaan lê en alles was heeltemal kalm. 40Toe draai Hy na sy dissipels toe: “Vir wat was julle so bang? Vertrou julle My dan nie?” 41Hulle was heeltemal verslae en het klein gevoel in sy teenwoordigheid. “Wie is Hy werklik? Selfs die wind en die see doen wat Hy sê,” het hulle onder mekaar gewonder.
I. Inleiding
A. Die lang, harde dag van preek
B. Die skare luister na verhale van die saaier, die brandende kers, en die Mosterdsaad wat soos die Koninkryk van God is
C. En dan is Jesus en die dissipels alleen: Die avontuur begin: die uitnodiging, die storm, die wonderwerk
II. Inhoud
1. JESUS NOOI ONS OP ‘N REIS SAAM MET HOM (VV.35 – 36)
2.
1. “Kom Ons Gaan Na Die Oorkant”
2. 'N Uitnodiging Gelaai Met Beloftes
a. die belofte van sy teenwoordigheid op die reis
b. die belofte van sy teenwoordigheid aan die ander kant
c. die belofte van veilige reis na die ander kant
3. Dit Beskryf Ons Alledaagse Lewe As Christene
a. Aan hierdie kant is ons soms vermoeid.
b. Dan kom die uitnodiging
c. Die uitkoms is verseker. Jy gaan anderkant uitkom
B JESUS IS BY ONS IN ELKE STORM VAN DIE LEWE (V.37)
1. " Daar Bars Toe ’N Woeste Storm Los. "
2. Is Daar 'N Les Hier: Storms Kom Om Dissipels
a. Jy is saam met Jesus op reis. Die Skepper God.
b. Jy is net besig om Hom te gehoorsaam en te volg op uitnodiging
c. en jy word deur 'n storm oorval , alhoewel sy kind is.
3. Doeleindes Van Storms
a. Jona se storm... bring hom terug na sy taak. Bekering.
b. Paulus se storm... Open nuwe deure van getuie. Met die skipbreuk
c. Die dissipels se storm... om hul geloof te toets
4. Maar Jesus Was Met Hulle In Die Storm
3. HY IS ALTYD DAAR AS JY NOOD HET. DAAG OP IN JOU VERLEENTHEID. (VV.38 – 40)
1. Hy Was Aan Die Slaap, Moeg
a. vergelyk met Jesaja 40:28"nie een is moeg"
(Die Lewende Bybel)
28 Besef julle dan nie, of het julle nog nooit gehoor, dat die Here vir ewig God is nie? Dit is Hy wat die hele aarde geskape het so ver as ’n mens se oë kan sien. Hy word nooit moeg of uitgeput nie en geen mens kan ’n idee vorm van sy verstand nie.
B. Jesus Was Inderdaad 'N Mens soos ons
(Die Lewende Bybel)
14 Ons moet vashou aan die dinge wat ons glo. Want ons het ’n besondere Hoofpriester, Jesus, die Seun van God, wat selfs in die hemel ingegaan het.
15 Ons Hoofpriester kan ons swakhede verstaan want Hy het presies dieselfde versoekinge as ons gehad, maar Hy het nie daaraan toegegee en sonde gedoen nie.
16 Laat ons dan vol vertroue na die troon van God toe gaan, want daar sal Hy ons sy liefde en genade gee juis wanneer ons dit nodig het
2. Jesus Staan Toe Op En Praat Streng Met Die Wind En Die Golwe: “Stil! Word Rustig.” Dadelik Het Die Wind Gaan Lê En Alles Was Heeltemal Kalm
3. Toe Draai Hy Na Sy Dissipels Toe: “Vir Wat Was Julle So Bang? Vertrou Julle My Dan Nie?”
4. Hulle Was Heeltemal Verslae En Het Klein Gevoel In Sy Teenwoordigheid.
5. “Wie Is Hy Werklik? Selfs Die Wind En Die See Doen Wat Hy Sê,”
III. Gevolgtrekking
A. Jesus En Vandag Se Storms. Hy Kan Dit Hanteer.
B. Jesus Kan Vir Jou Vrede Gee En Die Storm Stilmaak.