Sermon Tone Analysis
Overall tone of the sermon
This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.1UNLIKELY
Disgust
0.07UNLIKELY
Fear
0.1UNLIKELY
Joy
0.13UNLIKELY
Sadness
0.62LIKELY
Language Tone
Analytical
0.05UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0.02UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.14UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.41UNLIKELY
Agreeableness
0.59LIKELY
Emotional Range
0.07UNLIKELY
Tone of specific sentences
Tones
Emotion
Language
Social Tendencies
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
“there is no unity of diversity without Christ at the center”
Jesus het gekom om die eerste oortreding teenoor die mens te kom herstel.
Kain se traak-my-agtige, ek gee nie om, en is nie my broer se versorger nie “Ek weet nie.
Moet ek dan my broer oppas?” () word vervang met Jesus se woorde aan ’n kruis “Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie” () Ek sal vir hulle verkeerd betaal, en verantwoordelikheid vir hulle sonde neem.
Jesus kies niemand vanuit sy grootword vriendekring nie, maar jongmanne wat hy een vir een uitverkies, om die 1ste getuies te wees van die Waarheid – Sy lewe.
Jesus herstel “the brotherhood of mankind” eenheid maar nie soos ‘n mens nie.
Hy was daar toe die mens uit ambisie en eersug ‘n toring wou bou om “so maak ons vir ons 'n naam” te vestig.
() God moes hierdie mens-gerigte ambisie en eenheid verwoes, deur mense se tale te verwar.
Jesus roep ‘n oordeel uit oor Herodus se glorieryke tempel, wat dieselfde motief te harte gehad het: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig.”
Die Jode sê toe: “Ses en veertig jaar lank is daar aan hierdie tempel gebou, en u sal hom in drie dae oprig?”
Met “hierdie tempel” het Hy egter sy liggaam bedoel.
() Jesus praat van die tempel van sy liggaam (vgl.
; ) wat na drie dae opgewek sou word.
Eers ná sy opstanding het die dissipels weer aan Jesus se antwoord in v19 gedink en is hulle geloof versterk ().
Jesus wil ‘n nuwe familie (broederskap) daar stel vir die mens, nie gesetel in politieke mag, aardse konings en koninkryke nie.
Hy verkondig ‘n koninkryk boodskap: ‘n nuwe tipe regering, en verbondenheid tussen mense.
Kerk, koninkryk, broederskap, familie, bruid, liggaam, is alles metafore wat wys op hierdie nuwe radikale goddelike ingryping.
God en mens word verenig in ‘n heilige eenheid, en verbondenheid waar hy die Hoof, Koning, bron en heerskappy is.
Jesus kies dus sy volgelinge vanuit ‘n diverse agtergrond, gewone ambagsmanne, doeners en nie praters (teoloë).
SC Lewis – needs both the women and the scientist to make birthing easier.
The experiencial and the reason.
Our quest is not only to be one with the father, but also one with each other.
() There cannot be unity with the one, without unity with the other.
()
Die Bybel is ‘n boek oor verhoudings.
God is in wese ‘n drie-enige verhouding.
Sonde is die dade wat verhoudings skade bring en verwoes.
Sonde het hoofsaaklik vier verhoudings verwoes: ons verhouding met God, met onsself, met mekaar en met die skepping.
Christus is God in mensvorm, om ons te wys hoe om al hierdie verhoudinge te herstel.
Hy is die bemiddelaar en tussenganger wat ons verhouding met God herstel het, deur Sy eie lewe as offer te gee vir ons sonde en oortredinge.
Die hele skepping is in verhouding met al die dele van die skepping.
Die skepping is dus een groot verhouding van verhoudings!
As een lid weggeneem word, affekteer dit die geheel.
God is dus ons antwoord en bloudruk vir verhoudings.
Hoe meer ons nader aan hom leef, en in dieper verbondenheid met Hom leef, hoe gesonder en reg is ons verhoudings.
Om die Here te dien maak ons mooier mense: die vrug van die Gees, Jesus se voorbeeld wys ons hoe om in vergifnis en waarheid te leef.
God laat die eensames woon in ’n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in ’n dor land.
()
Daarom gee Jesus pertinent riglyne en instruksies oor hom om hierdie verhoudinge in stand te hou, byvoorbeeld:
- Jy moet jou vyande liefhê –
- Konflik – en Lukas 17
- laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.
Koninkryk, familie, bondgenootskap, broederskap in Jesus se tyd op aarde was wesenlik tot oorlewing en voortbestaan.
Die Romeinse ryk, die Joodse ryk families, die Fariseers, Sadduseërs, Skrifgeleerdes, Priesters, belastinggaarders, ambagte, en arm mense het almal as ‘n spesifieke klas en groepering bestaan wat sekere mag oor die mense uitgeoefen het.
Jy kan nie deel word van enige van hierdie groeperinge sonder die regte ‘credentials’ nie.
Jesus kies om nie die amptelike pad van die Rabbi’s te loop en hulle opleidingskool by te woon nie.
Hy verkies om tussen gewone, en meestal arm mense groot te word in Nasaret.
Sy opleiding was die beoefening van God se wet, en wil in die daaglikse lewe.
Wanneer hy dus praat: “praat Hy met gesag” Mense verstaan, en hoor, en besef; ‘Hy weet waarvan Hy praat’.
(, ; ; ; ; ; ; ; ; ; ; ; ; en ) Jesus steek sy hand uit, en wil ons nooi om deel te wees van God se familie.
()
Jesus se radikale boodskap verskuif die norme en standaarde, van hoe jy deel word van God se familie.
“Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” ()
“Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.” ()
“Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God.” ()
“Hoe moeilik is dit tog vir mense wat ryk is, om in die koninkryk van God te kom.” ()
“as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.” ()
“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.” ()
Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.
()
God sien die mensdom as Sy familie sedert die skepping van die mens.
Ons een-wees, versinnebeeld die eenheid wat in die godheid is.
“nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.” ()
MAAR: God se familie is ‘n geloofsfamilie.
() Abraham is die Vader van die geloof.
(; ; ; ) Sarah, Ragel, en Rebekka kon nie kinders hê nie.
Hulle moes God se belofte aan Abraham van ‘n groot nageslag, vertrou en sien hoe God bonatuurlik ‘n nageslag voorsien.
Die Verbond se seën op Abraham van die begin af was na 'n generasie erfenis van gesinne.
()
Inteendeel nie een van die Aartsvaders se eersgeborenes uit die vlees, het die seën van die eersteling ontvang nie.
Abbraham se eersgeborene was Ismael, maar Isak gebore van Sarai word die seun van belofte.
() Isak se eersgeborene is Essau, maar Jakob wie se naam later verander word na Israel verkry die belofte.
() Jakob se eerste gebore was Rueben en het nie 'n seën ontvang nie: in plaas daarvan, "jy sal nie uitblink nie" () Reuben se onsedelikheid met sy pa se byvrou Bilhah (die moeder van sy broers Dan en Naftali) word aangeteken in .
Josef ontvang die seën as die oudste seun van Ragel, Jakob se eerste liefde.
Later het Benjamin die stamseën en nasie leier geword.
Selfs Josef se eersgebore seun, Manasse ontvang nie die seën nie, maar Jakob kruis sy hande en seën Ephriam.
() Dis is dus baie duidelik, dat God nog nooit ‘n politieke, vleeslike, of nasionalistiese nasie vir Homself gesoek het nie.
God soek van die begin af ‘n geestelike familie.
Die Joodse stelsel van regering word 'n Teokrasie genoem waar God die Koning is.
Dit was nie God se oorspronklike plan dat Israel 'n aardse koningheerser oor hulle moet hê nie.
Jakob waarsku hulle dat hulle besluit negatiewe konsekwensies inhou.
() Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.
()
Toe God die eerste Koning van Isreal aangestel het, het Hy die Koning verkies soos die mens verkies het.
“'n magtige man van krag.”
daar was onder die kinders van Israel geeneen mooier as hy nie: van sy skouers af boontoe was hy hoër as die hele volk.
() Dawid die jongste onbekende skaapwagter seun van Isai, was God se keuse.
()
God wil hê dat ons Sy kinders, mense van geloof, moet wees volgens sy insettinge en wil.
Dit is waarom sommige mense wat nooit in die koninkryk aanvaar sou word nie, ingesluit word in Jesus se geslagsregister weens hul geloof.
(Lees )
1. Tamar -
2. Ragab - ,
3. Rut –
4. Batseba -
Die tweede en derde was nie-Jode, heidense vroue en miskien die vierde een ook.
Ragab was van twyfelagtige karakter, maar het met ’n Joodse prins getrou en ongetwyfeld ’n deugsame vrou geword.
Rut was ’n edelvrou.
Tamar se optrede in haar verhouding met haar skoonpa is onortodoks in ons oë, alhoewel nie die gevolg van wellus van haar kant af nie, maar die begeerte vir kinders is op onregverdige wyse deur haar skoonpa verhinder.
Sy het in elk geval ’n voorouer van Dawid geword.
En Batseba was ’n egbreker.
().
God ag die waarde van familie baie hoog.
Familie is God se manier om ons in volwassenheid te bring.
Fisioloë en opvoeders kan die negatiewe gevolge van 'n gebroke familie, afwesige ouers, kindermishandeling weens slegte ouerlike rolmodelle en arm familiestrukture lys.
Ons kan aanneem dat die meeste van die sosiale probleme wat ons vandag ervaar, weens 'n gebroke familie eenheid is.
65% van die kinders in ons land, word nie by beide biologiese ouers groot nie!
Kerk is God se familie-voorsiening aan die Wêreld:
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9