Jesus en die Vaderhart van God.
Sermon • Submitted
0 ratings
· 24 viewsNotes
Transcript
Van die 989 318 babes wat in 2018 gebore is in SA, het 61,7% geen informasie van die Vader op hulle geboortesertifikaat nie. Volgens die “human sciences research council’ word 64% van die kinders in SA nie by hulle biologiese ouers groot nie. StatsSA verklaar dat volgens die 2016 sensus, daar 21 890 600 Miljoen kinders in Suid Afrika is onder 19 jaar. Dis 39% van ons bevolking van ‘n totaal 55 653 654 mense. Daar bestaan oorweldigende studies, dat vaderloosheid die hoof bydraende faktor is hoekom mense: selfmoord pleeg, verkragting, gedragsprobleme, afwesigheid, geweldsmisdaad, en algemene misdaad.
Probleemstelling:
Van die 989 318 babes wat in 2018 gebore is in SA, het 61,7% geen informasie van die Vader op hulle geboortesertifikaat nie. Volgens die “human sciences research council’ word 64% van die kinders nie by hulle biologiese ouers groot nie. StatsSA verklaar dat volgens die 2016 sensus, daar 21 890 600 Miljoen kinders in Suid Afrika is onder 19 jaar. Dis 39% van ons bevolking van ‘n totaal 55 653 654 mense. Daar bestaan oorweldigende studies, dat vaderloosheid die hoof bydraende faktor is in: selfmoord, verkragting, gedragsprobleme, afwesigheid, geweldsmisdaad, en algemene misdaad.
Vroues word swanger gemaak deur mans, in plaas van vaders.
Die Goeie Nuus Evangelie spreek hierdie probleem direk aan in woord, voorbeeld en daad.
Die Goeie Nuus Evangelie spreek hierdie probleem direk aan in woord, voorbeeld en daad.
Die openbaarmaking van Jesus, is die openbaring van die hart van die Vader. Jesus se hele bediening was daarop gerig om die Vader te verheerlik. (; ; )
En deur die eeue roep hy ons as sy kinders om die Vader te verheerlik:
Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. ()
Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees. ()
Dit is duidelik dat ons die Vader die meeste verheerlik, wanneer ons Sy wil doen, Sy vrug dra, en doen wat reg is!
Hierdie regdoen, en regleef is egter gegrondves in ons fokus op Christus, en Hy openbaar die hart en wil van die Vader. Jesus is die perfekte wil van die Vader. Hoe meer ons soos Jesus klink, doen en leef, hoe meer word die Vader deur ons verheerlik. Dit is die vrug van ‘n Jesus-gesentreerde lewe – ons openbaar Sy hart en wil – Jesus!
Een van die eerste openbarings van Jesus, is dat Hy God, Vader noem. Hierdie aanspreekvorm moes aardbewings in die geesteswêreld veroorsaak het, want die Jode het 'n groot saak gemaak van hoe jy God aanspreek. God se primêre naam, is nooit uitgespreek nie. Jhwh - Jahweh. Die vrees was om nooit God se neem ydellik te gebruik nie. Die idee dat God, Vader is was nie die probleem nie, maar die feit dat iemand God direk as Vader kan aanspreek was ongehoord.
Deur die Bybel is die begrip ‘God as Vader’ redelik algemeen, maar tog is daar net 15 verwysings direk met die benaming, Vader. Die begrip en verstaan van die vaderskap rol van God neem 'n dramatiese wending met Jesus, want "Vader" was sy gunsteling term vir die aanspreek van God. Dit verskyn op sy lippe 65 keer in die sinoptiese Evangelies en oor die 100 keer in Johannes. Die intieme Aramese woord vir Vader, of pappa, kom 3 keer voor in die NT. ( ; ; )
God se interaksie met die mens en die grondlegging van die geloof begin met Abraham, en die belofte van Vaderskap. Dan die God van Abraham, Isak en Jacob. Die rol van die Vader staan dus sentraal tot ons geloof. Die vader bepaal as te ware die pad en rigting waarin die familie loop. Die chaos in ons wêreld vandag kan in 'n groot mate toegeskryf word, aan die afwesigheid van Vaders.
Ons moet nie ons heil soek in aardse Vaders nie.
Ons moet nie ons heil soek in aardse Vaders nie.
Daar is 'n rede hoekom aardse Vaders ons faal, God wil ons eerstens herenig met ons hemelse Vader. Gevolglik word ons gedrag en optrede natuurlik bepaal deur ons hemelse Vader. Ons kry ons DNA van die Vader. (). Ons is uit Hom gebore. (). Deur onverganklike saad. (). Ons ken die Vader en Sy wee. () Aardse vaders is beperk in hulle voorsiening van die volheid van 'n Vader. Daarom moet ons nie ons vertroue op mense stel nie. (). Goeie aardse Vaders rig ons om God die Vader raak te sien, en van Hom afhanklik te wees.
Let op die vermaning in : "Moet niemand hier op aarde as `vader' aanspreek nie, want Een is julle Vader: die Vader in die hemel!" Sekerlik bepaal ons siening en ervaring van ons aardse Vaders hoe ons God sien en beleef. Maar ons moet nie dat dit ons langer gevange hou nie. Geen aardse Vader biologies of geestelik kan God vervang of aan Hom gelyk gestel word nie. Hulle swakheid en onvolkomenheid moet ons juis neig om na God te kyk as ons Vader.
Dis primêr waarom Christus gekom het, om deur Sy geregtigheid ons die geskenk van kindskap en toegang met God te gee, sodat ons Hom kan ken as Vader. Hoe meer God as Vader vir jou 'n werklikheid word, hoe meer sal Hy jou laat opgroei in volwassenheid en die vervulling van Sy wil. Jesus die Seun van die mens, het vir ons gewys hoe om dit te doen. Hy was algeheel aangewese op die Vader.
die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hý doen, dit doen die Seun ook net so. v30 Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het. (, )
Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. ()
uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is. ()
Vader wat My gestuur het, Hy het My ’n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek. ()
Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke. v24 die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het. v31 Maar dat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet en doen net soos die Vader My beveel het (, , )
die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. ()
nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil. ()
Al die NT teksverse waar God as Vader voorkom, verwys na ons verhouding en verbondenheid met Hom. God se koninkryk is 'n familie. Daar is 'n onbybelse fokus op God as ons "lover", maar ken jy Hom as Vader. Vader impliseer dissipline en grootword na volwassenheid. Die Vader bepaal die 'destiny' waarin kinders loop. Soveel mense het nie rigting nie, want hulle ken nie die Vader nie. Kan ons die Vader vertrou, want Sy wee is nie ons wee nie. Hy is nie ons gelyke nie, tog is Hy naby ons. Die feit dat ons God almagtig soos 'n kind mag Pappa noem, spreek van die kinderlike vertroue en band wat ons het met die Vader.
Die Vader bepaal ook die protokol en wyse waarop gesinslede met mekaar optree. Die Vader se hart word uiteindelik die hart van die familie. Skeiding en verdeeldheid kom in die kerk as ons vasmaak aan aardse Vaders se harte. Veral as die Vaders hulle eie koninkryk bou. (). God is die ultimate regering. Selfs aardse Vaders is ondergeskik aan Sy regering. Ware volwasse Vaders wat hulleself verloën, leef onder God se gesag en heerskappy. Hulle openbaar dan ook dieselfde hart as die Vader. ().
Daarom die waarskuwing aan aardes Vaders om nie oor hulle kinders te heers om hulle te breek nie. ( en ) Die Hart van God die Vader vir ons is wasdom, en volwassenheid in Christus. () Aardse Vaders wil hulle kinders klein en afhanklik hou, om hulle te kan gebruik tot die vader se voordeel.
IN Jesus skenk Hy ware Kindskap direk met die Vader.
IN Jesus skenk Hy ware Kindskap direk met die Vader.
Ons is uit Hom gebore:
Ons ontvang ‘n nuwe DNA: Ons is uit God gebore, gewederbaar as nuwe skepsel vanuit Sy saad. (; ; ; ) Ons kan dus nie probeer of strewe daarna om meer soos Sy kinders te probeer wees nie. Ons is Sy kinders of nie. Ons het Sy kinders geword nie deur werke nie maar deur ons geloof, (;) en Sy groot genade (). Sien .
Hy antwoord ons gebede:
En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen. ()
Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee. ()
En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. ()
Ons het vrymoedigheid en toegang tot die Vader:
Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op 'n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam. En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het, laat ons tot God nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water. Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. ()
Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. ()
Erfgename:
Ons is saam met Christus mede-erfgename aan die heerlikheid en genade van God. ( en ) ? Mens kan net jou erfporsie toeëien wanneer die testateur dood is. Jesus het gesterwe, en weer opgestaan! Ons het dus deel aan die erfporsie en deel aan die persoon! Hierdie erfporsie se kern lê in die werk van die Heilige Gees in ons, wat ons die vrymoedigheid gee om die God en Skepper van die heelal ‘Pappa’ te noem.
En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid. () Mag die Here ons geestelike oë oopmaak om hierdie ryk erfenis te kan toe-eien. ()
Nuwe Bedryfstelsel:
Ware kinders van God leef volgens 'n goddelike koninkryk bedryfstelsel. Omdat ons uit God gebore is, doen ons dinge anders as die kinders van die wêreld. Ons doen dinge in die teenoorgestelde gees, want ons het en is besig, om aan self te sterf. Ons het ons vyande lief, ons seën die wat ons vloek, en ons bid vir die wat ons misbruik. ( en )
Die Leiding van die Heilige Gees:
Ware kinders van God laat hulle lei deur die Heilige Gees, hulle hoor self God se stem, en leef daarvolgens. Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders. () Jesus sê Sy voedsel is om die wil van die Vader te doen, () vir ons is daar geen ander lewe as om Hom te gehoorsaam in alles wat ons doen nie. Ek leef nie meer vir self nie, daar is niks wat ek meer begeer of wil hê, as net om Sy wil te doen.
Kindskap impliseer Korreksie en tugtiging:
Ware kinders van God verwelkom korreksie. En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; 6 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. 7 As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? 8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie. ()
As Sy kinders kan ons getuig dat ons satan oorwin.
Ware kinders van God kan getuig dat daar areas in hulle lewe is waar hulle satan se houvas oorwin het. Omdat julle sondes vergewe is, ?omdat julle Jesus ken ?wat van die begin af daar was, ?omdat julle die Bose oorwin het, ?omdat julle sterk is ?en die woord van God in julle bly. () Ons strewe is om uiteindelik soos Jesus te kan verklaar. die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie. ()
Verbondenheid met die liggaam:
totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ’n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;
maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde. ()
Die hart van die Vader:
Die hart van die Vader:
Daar is ‘n duidelike biologiese, maar ook psigologiese onderskeid en verskil tussen man-wees en vrou-wees, Vaderskap en Moederskap. Die wêreld wil hierdie onderskeid vernietig. Maar God is die skepper, en ontwerper. Hy weet wat Hy in ons geskep het. ‘n Ma kan nie die rol van die pa heeltemal oorneem nie, en ook nie die pa die van die ma nie. Die 2 rolle komplimenteer mekaar, omdat die volheid van Christus nie in een rol vervul kan word nie. Die rol van die res van die familie is net so wesenlik belangrik.
Rol van die ma:
Maar ons was vriendelik onder julle soos ’n pleegmoeder haar kinders koester. ()
Rol van die pa:
hoe ons, soos julle weet, net soos ’n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het ()
Die voorbeelde waar Jesus verskillende vrouens: ‘dogter noem’ is spesiaal, en wys die hart van die Vader. () Dogtertjie ()
Die vader is nie soos ons aardse Vaders nie:
Vader God, kan nooit vergelyk word met ons aardse vaders nie, Hy is ver beter, wyser, sterker, en meer liefdevol.
As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra? ()
Ons vaders het ons wel 'n kort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel. ()
Afrigter tot volwassenheid:
Die rol van die Vader is tweeledig: Bemagtiging, afrigting tot volwassenheid en beskerming. Daarom toe Jesus sy volgelinge kies, en hulle begin leer en afrig, sien ons die volgende afrigting formule herhaaldelik in Jesus se bediening.
1) Leer.
2) Wys hoe.
3) Gaan doen jy dit.
Hierdie resep word mooi geïllustreer in . Toe Jesus vir hulle vra om die skare kos te gee. Maar Hy sê vir hulle: “Gee julle vir hulle iets om te eet.”. Toe wys hy hulle wat om te doen, en toe leer Hy hulle die dieper waarheid. ()
Rites tot volwassenheid:
Die Joodse tradisie van Barmitswa is die gebruik dat wanneer kinders die ouderdom van 13 bereik, hulle afgesonder word, hulle word voor gebid, en kry sekere familie erfskatte, en van dan af word hulle aanspreeklik gehou vir hulle dade. Die lokale gemeente behoort hierdie tipe beskerming te bied vir hulle lidmate, sodat kinders deur die uitgebreide familie aangeneem word, en elke kind almal se kind word.
Die Vader kies nooit kant nie:
Jesus se onpartydigheid is baie duidelik. Hy behandel vrouens met dieselfde respek en gelykheid as die mans. Die samaritaanse vrou by die put. () die vrou wat aan bloed-vloeiing gely het (, ) Die Griekse vrou wat van Siro-Fenisië afkomstig was. () Die plek en rol van die vrou word herstel: Maria salf sy voete Vrou salf Jesus se voete. (; )
Geen onderskeid tussen die werkgewer en werknemer. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ’n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ’n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie. As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen ().
Selfs toe partyskappe voor Hom gebring word, maak Hy die veld oop. Die wat nie teen ons is nie is vir ons – ()
Iemand uit die menigte sê toe vir Jesus: “Meneer, sê vir my broer hy moet die erfenis met my deel.” Maar Hy antwoord hom: “Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?” ()
Die Vader GEE:
As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,
Die Vader se Liefde is ondeurgrondelik:
Die eerste realisering van die hart van die Vader is Sy deurdringende ondeurgrondelike liefde: want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag. ()
God het almal lief. God het nie vyande nie, want Hy het die wat rebelleer ook lief. Daar is niks mooier as wanneer iemand vasgevang in die mees donkerste afskuwelikste sonde, God se liefde ontmoet! Die verlore seun storie, is ‘n goeie voorbeeld van die Vader se liefde wat ewig, vas staan en wag vir ons terugdraai na Hom!
Maar totdat ons terugdraai na Hom toe kan Sy liefde nie in ons volbring word nie. Ons wegdraai, en aanhoudende wegstap het ongelukkig bitter gevolge, omdat ons wegdraai, en wegstap van die beskerming en ryke vervulling in Sy liefde.
God se liefde is ewig, maar wel voorwaardelik.
Hy het Sy Seun gegee, Voorwaarde 1) Die wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe gaan hê.
Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. ()
Liefde om te red, te genees, en te bevry sodat ons Sy skeppingsdoel kan bereik. () ‘n pa se hart juig wanneer hy sien, sy kinders ontwikkel in hulle volle potensiaal.
Ons wil so graag hoor en weet dat God ons liefhet, en voortgaan om roekeloos ons eie hart te volg.
knowing that the goodness of God leads you to repentance? ()