DOELWIT (2)

paasaanbieding #2  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 12 views

Jesus Christus se basiese doel was om sy Vader se wil te doen. Gelowiges het dieselfde doelwit, wat Jesus Christus en die Heilige Gees hulle in staat stel om te bereik.

Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →

GOD se Doelwit

Om tussen sy mense te leef

Leviticus 26:11–12 Afrikaanse Ou Vertaling
En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie. En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ’n God wees, en júlle sal vir My ’n volk wees.

Om Sy Kerk in Jesus Chrstus te bou

Matthew 16:18 Afrikaanse Ou Vertaling
En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

Om Sy Kerk perfek / Heilig in Christus te maak

Ephesians 5:26–27 Afrikaanse Ou Vertaling
om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.

Jesus Christus se doelwit

Om Sy Vader se Wil te doen en uit te oefen

John 6:38 Afrikaanse Ou Vertaling
Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.

Om die Evangelie te verkondig

Luke 4:43 Afrikaanse Ou Vertaling
Maar Hy het vir hulle gesê: Ek moet aan die ander stede ook die evangelie van die koninkryk van God bring, want daarvoor is Ek gestuur.

Om te red die wat verlore is

Luke 19:10 Afrikaanse Ou Vertaling
Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

Jesus Christus het Sy doelwitte op aarde bereik

John 17:4 Afrikaanse Ou Vertaling
Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.
See also ; ; ;

GELOWIGES se Doelwitte

Om God te behaag

2 Corinthians 5:9 Afrikaanse Ou Vertaling
Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees.

Om God te KEN

Philippians 3:8 Afrikaanse Ou Vertaling
Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry
Php 3:8
Philippians 3:8 Afrikaanse Ou Vertaling
Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry

Om getrou te wees aan Jesus Christus

John 15:4 Afrikaanse Ou Vertaling
Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.

OM mekaar LIEF te hê

John 13:34 Afrikaanse Ou Vertaling
’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.

Om in VREDE te lewe

Romans 12:18 Afrikaanse Ou Vertaling
as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

Om die evangelie te versprei

Matthew 28:19–20 Afrikaanse Ou Vertaling
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen

Om te groei tot volwassenheid

Ephesians 4:13 Afrikaanse Ou Vertaling
totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ’n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;

Gelowiges se finale doel is die Hemel

Revelation 7:9–10 Afrikaanse Ou Vertaling
NÁ hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ’n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; en hulle het met ’n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!

God waarborg dat gelowiges hul doel sal bereik

John 14:2–3 Afrikaanse Ou Vertaling
In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
Related Media
See more
Related Sermons
See more