Sermon Tone Analysis
Overall tone of the sermon
This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.1UNLIKELY
Disgust
0.08UNLIKELY
Fear
0.1UNLIKELY
Joy
0.47UNLIKELY
Sadness
0.66LIKELY
Language Tone
Analytical
0.08UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0.05UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.14UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.42UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.09UNLIKELY
Tone of specific sentences
Tones
Emotion
Language
Social Tendencies
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
“so be shrewd as serpents and innocent as doves.”
( NSAB)
“so be shrewd as serpents and innocent as doves.”
( NSAB)
Fundamenteel tot Jesus se lewe was sy logika, redelikheid, nugterheid, en gebruik van gesonde verstand.
As 'n jong seun het hy met die skrifgeleerdes en Fariseërs in die tempel geredeneer.
Die evangelie in sy essensie is gesonde verstand.
Christenskap is die een godsdiens in die wêreld wat durf en deurgaans die gebruik van die intellek vereis.
Dink!
Die Christus lewe, is eweneens, ‘n kwessie oor geloof, maar ook leefwyse.
Die leefwyse van geloof, liefde, dankbaarheid, vergifnis, naasteliefde, selfloosheid, en vrygewigheid is oor en oor bewys, die beste manier om te leef.
Sou God nie bestaan nie... is die Bybelse/Jesus/Christus-gesentreerde leefwyse die beste manier van leef.
As mens die sinloosheid van oorlog, moord, dwelm en alkohol misbruik, jaloesie en haat sien, dan wonder mens, hoe is dit moontlik dat regdenkende, redelike, opgevoede mense tot sulke dade kan oorgaan?
Die Jesus lewe rig ons na ‘n goddelike, koninklike, verhewe bestaan, teenoor ‘n dierlike, redelose, slawe bestaan, oorgegee aan boosheid.
“Die wysheid van bo is . . .
vredeliewend, redelik” Die Griekse woord wat hier met “redelik” vertaal word, beteken letterlik “toegewend”.
Sommige vertalers gee dit weer as “bedagsaam”, “vriendelik” of “verdraagsaam”.
Let op dat redelikheid met vredeliewendheid geassosieer word.
In word dit saam met sagmoedigheid genoem en word dit teenoor strydlustigheid gestel.
spoor ons aan om bekend te wees vir ons “redelikheid”.
Iemand wat redelik is, neem die persoon met wie hy praat se agtergrond, omstandighede en gevoelens in ag.
Hy is bereid om toe te gee wanneer dit gepas is.
As ons ander so behandel, help dit om hulle verstande en harte ontvankliker te maak wanneer ons uit die Skrif met hulle redeneer.
Die wysheid van die mens staan in kontras met Paulus se appél in () wat verwys na die wysheid van die mens, is dwaasheid vir God.
Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.
Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”
Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou?
Waar die skrifgeleerde?
Waar die slim woordvoerder?
Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie?
Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie.
()
Die woordjie ‘selfbeheersing’ in bekende vers Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
() kan eintlik direk vertaal word met ‘geredde verstand’ Die Here wil ons denke gebruik, maar ons vertrou nie op ons intellek en rede nie.
4993.
σωφρονέω sōphronéō; contracted sōphronṓ, fut.
sōphronḗsō, from sṓphrōn (G4998), sober-minded.
To be of sound mind, intrans.
To be sane, in one's right mind (; ; ).
By implication to be sober-minded, to think and act soberly, discreetly, to use sound judgment and moderation, to be self-disciplined (; ; ).
Syn.: nḗphō (G3525), to be sober.
Ant.: paraphronéō (G3912), to act the fool; exístēmi (G1839), to be out of one's mind, be insane, be beside oneself; ataktéō (G0812), to behave in a disorderly manner.
LOGOS: Die woordjie ‘Logos’ wat vertaal word met ‘woord’ kan ook beteken: rede, plan, bloudruk, raamwerk.
Jesus is dus die ‘rede’ van God.
Die woord wat vlees geword het.) ) God se plan, rede, logika, denke, het vlees geword en onder ons kom woon.
Jesus anker ons logika.
Hy gee ons gedagtes ewewig.
Die feit dat Jesus die waarheid kom leef het, maak dit uitvoerbaar, prakties, berekenend, en wesenlik.
Ons kan dikwels weggevoer word deur ‘n akademiese voëlvlug van redenasies, en gedagtes, maar niks is konkreet en deel van ons daaglikse bestaan nie.
Jesus daarenteen, leef waarheid, balanseer die ekstreme, en anker die ekstremiteite, in Sy persoon.
In , the phrase logikón gála, literally "logical milk," refers to the spiritual nourishment found in the Word of God.
Lógos, from which logikós is derived, means reason, and is often used to describe God's intelligence expressed in human speech or form (, ).
Some reach this interpretation merely from the context of the passage, as a spiritual explanation of the words.
Others reach this interpretation by recognizing that it is not only true but that it is reasonable that the Word of God is our nourishment (cf.
; ).
The second adj.
ádolon (G0097), unadulterated, agrees with this, meaning that the Word of God, when not mixed with human error, is nourishing.
Soos Jakob moet ons, ons kop op die rots Jesus neerlê, en toelaat dat Hy ons verstand bevrug, en verhelder om reg dink.
Die volgende môre het Jakob opgestaan en hy het die klip wat sy kopkussing was, gevat en dit regop gesit.
Toe giet hy olie op die bopunt daarvan uit.
Hy het die plek Bet-El () Bet-el beteken huis van God, so moet ons denke ook God se tuisplek word.
Ons moet dus die woord van God, leer ken, dit memoriseer, en daaroor mediteer.
Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê.
Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan.
Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees.
() Dan sal ons begin reg dink.
Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.
Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
()
Jesus se prediking konfronteer redelike denke, en ontmasker dwaasheid.
Jesus openbaar die dwaasheid van godsdienstige dualisme en dubbel standaarde:
Julle wil eed sweer by die hemele, die aarde, tempel, die altaar, die troon van God... hoekom nie net dat jou ja, ja is, en jou nee, nee.
()
Moenie dink dat herhaaldelike rympies opsê meer krag opwek om God te beweeg nie.
“Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik.”
()
Sommige mense probeer hulle lywe in klere inpas.
Klere is vir die lyf.
Laat jou lyf jou kleredrag bepaal.
Therefore I tell you, stop being perpetually uneasy (anxious and worried) about your life, what you shall eat or what you shall drink; or about your body, what you shall put on.
Is not life greater [in quality] than food, and the body [far above and more excellent] than clothing?
()
Wat maak mens onrein?
Dit wat jy eet, of die woorde wat jy spreek?
“Julle moet nou luister en mooi verstaan!
Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak nie.
Maar wat by die mond uitkom, dit maak 'n mens onrein.”
() “Begryp julle nie dat alles wat by die mond ingaan, na die maag toe gaan en daarna uit die liggaam uitgaan nie?
Maar wat by die mond uitkom, kom uit die hart, en dít is die dinge wat die mense onrein maak.
Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery.
Dít is die dinge wat 'n mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te eet, maak 'n mens nie onrein nie.” ()
Jesus gebruik dikwels praktiese voorbeelde van gebruik van gesonde verstand, om hoorders te help om in te sien hoe dwaas godsdiens pleging werklik is.
Ongehoorsaamheid is dwaasheid.
Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ’n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
() Selfs ‘n persoon wat ‘n hok opslaan, in ‘n informele nedersetting, weet dat jy nie ‘n huis bou op sand nie.
wat gereeld met materiaal en leer gewerk het, sou glimlag met “Niemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie, want dan skeur die nuwe lap nog 'n stuk van die oue uit, en die gat word net groter.
“Niemand gooi ook nuwe wyn in ou velsakke nie, want dan laat die wyn die sakke oopbars, en die wyn sowel as die sakke gaan verlore.
Nuwe wyn word in nuwe sakke gegooi.”
()
Probeer hierdie prentjie fisies rol speel of verfilm, dis die hoogste vorm van domheid, dwaasheid, gekheid.
Weereens ‘n skreeusnaaks oordrewe uitspeel van die dwaasheid van mense se dade.
“Moenie wat heilig is, vir die honde gooi nie: hulle sal omspring en julle verskeur; en moenie julle pêrels voor die varke gooi nie: hulle sal dit met hulle pote vertrap.”
()
Iemand wie se hart verlig geraak het met die waarheid, kan dit nie wegsteek nie.
“'n Lamp kom mos nie onder 'n emmer of onder 'n bed nie?” probeer dit fisies doen, plaas ‘n flits onder ‘n emmer, onder die bed.
Dis malligheid, die lig skyn deur! ()
Jesus se fyn skerpsinnigheid is ook opmerklik in hoe Hy komplekse vrae beantwoord, en oplos.
Toe hulle Jesus in ‘n strik wou vang: oor belasting.
“Wie se kop en naam is hierop?”
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9