Sermon Tone Analysis

Overall tone of the sermon

This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.08UNLIKELY
Disgust
0.1UNLIKELY
Fear
0.1UNLIKELY
Joy
0.1UNLIKELY
Sadness
0.67LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.13UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.43UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.11UNLIKELY

Tone of specific sentences

Tones
Emotion
Anger
Disgust
Fear
Joy
Sadness
Language
Analytical
Confident
Tentative
Social Tendencies
Openness
Conscientiousness
Extraversion
Agreeableness
Emotional Range
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
Het die moderne mens redding nodig?
Jesus die Redd
Het die moderne mens redding nodig?
Redding van wat? ‘n Slegte verhouding?
‘n Skadelike gewoonte?
‘n Siekte toestand?
Te min geld?
Te veel geld?
Redding van skuldgevoelens?
As mens na die mensdom kyk, dan lyk dit nie asof die mensdom besef hulle moet van iets gered word nie.
Welvaart, en lewensverwagting is hoër as ooit in die geskiedenis.
Mense wat niks het nie, soek ‘n redder.
Mense wat versadig is met aardse gerief, dink nie eers daaraan nie.
Die kerk probeer die wêreld oortuig hulle het redding nodig van ‘n maalkolk van immoraliteit, humanistiese, en sekulêre wêreldbeskouings.
Die post-moderne, millennium generasie, wil sosiale geregtigheid sien wat die fokus plaas op aardse, fisiese versorging, dikwels sonder om geestelike versorging in ag te neem.
Daarenteen kan geestelik gerigte saamtrekke en byeenkomste, nie in mense se fisiese behoeftes voorsien nie.
Volgens die Barna instituut is dit ook duidelik dat hoe ryker mense word, daar ‘n duidelike afname is in kerk bywoning, evangelisasie, en leefstyl van toewyding.
Skuldgevoel preke is ook nie meer die mees doeltreffende manier om mense tot die geloof te keer nie.
Mense se lewens is vol, daar is nie nog ruimte vir godsdiens nie.
Daar is ook ‘n duidelike wegval en wegkeer van enige formele godsdienstige institusies en magsbeheer.
Het die moderne mens redding nodig?
Verseker Ja, is die onomwonde antwoord!
Maar die kerk sal moet herbesin, hoe ons en wat ons as redding verkondig!
Beter gestel: Wie verkondig ons as redding?
Vanuit ‘n suiwere skriftuurlike perspektief, het Jesus ooit ‘n appel gemaak dat mense Hom moet aanbid?
Sy appèl oor en oor was: “volg my”.
(, ; ; ; ; ) Verder het verskeie persone redding ontvang sonder om te bely: Die vrou wat in owerspel uitgevang was.
Die sondaar aan die kruis.
Verseker is belydenis belangrik, maar God soek iets dieper as net jou sonde bely.
Baie mense sê daagliks jammer vir dieselfde sonde, en verkeerde dade, sonder om te verander.
Die Bybel praat die meeste van “Hulle het tot geloof gekom”.
Die termes: “neem Jesus aan” of “neem Jesus in jou hart” kom nie voor in die Bybel nie.
LAAT ONS DAN NOU DIE SAAK UITMAAK!
JESUS IS REDDING!
SIEN: ; ; ; ; ; ; , ; .
Ek het vooraf besluit dat ek met julle net oor een saak wou praat—oor Jesus Christus wat vir ons op die kruis gesterf het.
()
Redding en saligheid is nie ‘n leerstelling, of ‘n versameling formules nie.
Het jy Jesus?
Volg jy Hom?
Is jy ‘n Kind van God?
Is jy weergebore?
Is kwalifiserende vrae!
Mense se antwoorde op hierdie vrae is meestal vaag, en mens sien die onsekerheid in hulle oë.
Want Redding en Saligheid is ‘n persoon – JESUS!
Die kerk kan jou nie red nie, ook nie jou goeie werke nie! Jy kan ook nie jouself red nie!
Jy kan al die self-help boeke lees en nog verlore voel.
Om Jesus te ken is redding!
Die onwillekeurige vraag is egter, byna die helfte van die wêreld se bevolking is sogenaamde Christine.
Hoekom is daar so ‘n groot verdeeldheid in die kerke wêreld, as almal sê hulle glo in Jesus?
So baie sogenaamde christene se lewenstyl dra geen beeltenis van die persoon van Jesus nie.
Hoe Jy Jesus sien is die lakmoes-toets van ons geloof.
“DIE LAKMOES-TOETS” is ‘n baie ou, maar bekende toets om uit te vind wat is die alkali gehalte sodat jy ook die teenwoordigheid van suur aldan nie, kan vasstel.
Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.
() Soos met die slang wat Moses opgelig het, () moes die mense net na die salng kyk om genesing te ontvang.
Ons redding word bepaal deur die geskenk van sien.
Maar net soos met die slang, het mense later God se voorsiening gebore vanuit verhouding, ‘n godsdiens ritueel gemaak.
Hiskia het die hoogtes laat verwoes, die klippilare laat stukkend slaan en die gewyde pale laat afkap.
Hy het ook die koperslang wat destyds deur Moses gemaak is, laat stukkend slaan, want tot nou toe het die Israeliete die koperslang met offers vereer.
Die slang is Negustan genoem.
(2 King 18:4)
Petrus sien: “En wat van julle, wie sê julle is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Messias, die Seun van die lewende God.” Jesus antwoord hom en sê: “Gelukkig is jy, Simon seun van Jona, want my hemelse Vader het dit aan jou bekendgemaak.
Hierdie wete het jy nie van enige mens ontvang nie.
().
Die Sondaar aan die kruis: Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jý ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? — ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.
En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
()
Paulus het gedink hy doen reg.
Hy het opreg geglo hy is besig om die sekte uit te roei, en God daardeur te verheerlik.
Paulus sien: “Wie is U, Here?” het hy toe gevra.
“Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dis vir Mý wat jy vervolg!
().
Die Samaritaanse Vrou by die graf, het Jesus nie herken nie: Die vrou het vir Hom gesê: “Ek weet dat die Messias kom, Hy wat ook die Christus genoem word.
Wanneer Hy kom, sal Hy alles aan ons bekend maak.”
Toe sê Jesus vir haar: “Dit is Ek, Ek wat met jou praat.”
()
Daarom bid Paulus vir die gemeente: Ek dink aan julle in my gebede en vra dat die God van ons Here Jesus Christus – die Vader aan wie al die heerlikheid behoort – aan julle geestelike wysheid en insig sal gee deurdat julle Hom persoonlik ken.
()
Niemand kan Jesus, vir jou sien nie.
Jy moet self sien, en oorweldig word oor Sy wonder.
Wat moet ek doen om gered te word?
Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?” En Jesus antwoord hulle: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.” (Joh 6:28-29)
Petrus se woorde het hulle diep geraak.
Hulle het toe vir Petrus en die ander apostels gevra: “Broers, wat moet ons doen?” Petrus antwoord hulle: “Kom tot inkeer en maak reg met God.
Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as geskenk ontvang.
Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal naderroep.”
Petrus het nog lank aanhou preek en ’n ernstige beroep op sy hoorders gedoen: “Laat julle red uit hierdie afgedwaalde geslag!” ()
Petrus se woorde het hulle diep geraak.
Hulle het toe vir Petrus en die ander apostels gevra: “Broers, wat moet ons doen?” Petrus antwoord hulle: “Kom tot inkeer en maak reg met God.
Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as geskenk ontvang.
Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal naderroep.”
Petrus het nog lank aanhou preek en ’n ernstige beroep op sy hoorders gedoen: “Laat julle red uit hierdie afgedwaalde geslag!” ()
Kom tot inkeer – Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is “μετανοέω” metanoéō.
Dit beteken om jou posisie/uitkyk/denke te verander.
‘n Ander rigting inslaan.
Soos die bekende CS Lewis eers ‘n befaamde ateïs was, het hy sy uitkyk en siening verander, en een van die mees gesogde Christen Apologeet geword.
Om tot inkeer te kom veronderstel ‘n omdraai en algehele omkeer.
Om tot nuwe insig te kom.
Jy sien ‘n nuwe realiteit wat jou huidige sienswyse totaal verander.
Hierdie tot inkeer kom is eenmalig in terme van kind van God word, maar dit is ook ‘n reis saam met Jesus, waar Hy ons weer en weer tot nuwe insigte bring soos wat ons saam met Hom die pad stap.
Maak reg met God – Sedert jou kinderdae beweeg die meeste mense weg van God af.
Ons raak van Hom vervreemd.
() Ons het geen vrymoedigheid om te bid, of tot God te nader nie.
Soos met enige vervreemding in ‘n verhouding begin mens allerhande aannames maak, valse veronderstellings oor die ander persoon omdat ons nie die persoon werklik ken of kontak het nie.
Later gaan sommige mense so ver, dat hulle God se vyand raak.
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9