GEESTELIKE TOERUSTING (2)

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 35 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →

Scripture provides examples of individuals who have been equipped to carry out tasks or responsibilities of a spiritual nature.

Spiritual Equipping

Jesus Christ was equipped for his work

Psalm 72:1 AFRIKAAN
1 Van Salomo. Leer tog die koning, o God, om te regeer volgens u wil, leer die koning om die reg te handhaaf soos U dit wil,
Isaiah 42:1 AFRIKAAN
1 Hier is my dienaar, Ek stel hom aan. Ek het hom uitverkies, hy geniet my guns. Ek laat my Gees op hom kom, hy sal my wil aan die nasies bekend maak.
Isaiah 50:4–7 AFRIKAAN
4 Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat. Elke môre laat Hy my opnuut weer luister, Hy laat my luister soos ’n leerling moet luister. 5 Die Here my God het my geleer om te luister: ek was nie teen Hom opstandig nie, ek was nie ontrou aan Hom nie. 6 Ek het my rug gehou vir dié wat my slaan, my wang vir dié wat my baard uittrek. Ek het my gesig nie weggedraai toe ek bespot en bespoeg is nie. 7 Die Here my God help my, ek sal nie teleurgestel staan nie; ek sal my nie ontstel nie, ek weet ek sal nie in verleentheid kom nie.
Isaiah 61:1–2 AFRIKAAN
1 Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om ’n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is, 2 om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop ons God sy vyande straf maar almal wat treur, vertroos,
Matthew 12:18 AFRIKAAN
18 “Hier is my Dienaar wat Ek aangestel het, my Geliefde oor wie Ek My verheug; Ek sal my Gees op Hom laat kom, en Hy sal die wil van God aan die nasies bekend maak.
Luke 4:18–19 AFRIKAAN
18 “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, 19 om die genadejaar van die Here aan te kondig.”
Luke 19:31 AFRIKAAN
31 En as iemand vir julle vra: ‘Waarom maak julle hom los?’ moet julle antwoord: Die Here het hom nodig.”
John 3:34 AFRIKAAN
34 God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking.
Acts 10:38 AFRIKAAN
38 Julle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het. Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom.
Hebrews 10:5 AFRIKAAN
5 Daarom sê Christus met sy koms in die wêreld: “Dit is nie diereoffer en graanoffer wat U wou hê nie, maar die liggaam wat U My gegee het.

God’s people are equipped for service

In the OT

Exodus 4:10–12 AFRIKAAN
10 Toe sê Moses vir die Here: “Ag, Here, ek kan nie goed praat nie; ek kon nie vroeër nie en ek kan ook nie nou, hier waar U met my praat nie. Ek praat swaar, en my tong sukkel.” 11 Daarna sê die Here vir hom: “Wie het aan die mens ’n mond gegee? Wie maak stom of doof of siende of blind? Is dit nie Ek, die Here, nie? 12 Gaan nou, Ek sal jou help met die praat en jou leer wat jy moet sê.”

Bezalel and Oholiab:

Exodus 31:1–6 AFRIKAAN
1 Die Here het vir Moses gesê: 2 “Kyk, Ek het vir Besaleël uitgekies. Hy is ’n seun van Uri, seun van Gur uit die stam Juda. 3 Ek het hom toegerus met my Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen: 4 ontwerpe maak en dit in goud, silwer en brons uitwerk, 5 edelstene verwerk en monteer, en houtwerk doen. Hy sal enige werk kan doen. 6 Ek het vir Oholiab, seun van Agisamak uit die stam Dan, aangestel om saam met hom te werk. Aan elke vakman het Ek vaardigheid gegee sodat hulle alles kan maak wat Ek jou beveel het:
Exodus 35:30–36:2 AFRIKAAN
30 Moses het vir die Israeliete gesê: “Kyk, die Here het vir Besaleël uitgekies vir die werk. Hy is ’n seun van Uri, seun van Gur uit die stam Juda. 31 Die Here het hom toegerus met sy Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen: 32 ontwerpe maak en dit in goud, silwer en brons uitwerk, 33 edelstene verwerk en monteer, en houtwerk doen. Hy sal enige werk kan doen. 34 Die Here het vir hom en vir Oholiab, seun van Agisamak uit die stam Dan, die begaafdheid gegee om ander as vakmanne op te lei. 35 Die Here het aan hulle die vaardigheid gegee om al die werk van ’n vakman te verrig: om te ontwerp, om blou, pers en bloedrooi wolstof en linne te borduur, en om te weef. Hierdie manne kan enige werk doen en ontwerpe maak. 1 “Besaleël, Oholiab en al die ander vakmanne vir wie die Here die vaardigheid en verstand gegee het om te weet hoe om al die werk aan die heiligdom uit te voer, moet die werk doen soos die Here beveel het.” 2 Moses het toe vir Besaleël en Oholiab geroep en al die ander vakmanne vir wie die Here die vaardigheid gegee het, almal wat aangebied het om die werk te doen.
Leviticus 8:7–9 AFRIKAAN
7 Daarna het hy die priesterklere vir Aäron aangetrek en die serp vir hom omgebind. Hy het die mantel vir hom omgehang en die skouerkleed vir hom aangetrek deur dit met die band wat daaraan was, om sy lyf vas te maak. 8 Hy het ook die borssak daaraan vasgebind en die urim en tummim in die borssak gesit. 9 Hy het die tulband om sy kop gesit en die goue blom aan die voorkant van die tulband vasgesit as ’n besondere wydingsteken. Dit is alles gedoen soos die Here Moses beveel het.
Judges 3:10 AFRIKAAN
10 Die Gees van die Here was op hom en hy het oor Israel geregeer. Otniël het oorlog gemaak teen koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië, en die Here het hom oorgegee in die mag van Otniël. Hy het vir Kusan-Risatajim verslaan.

Gideon:

Judges 6:14 AFRIKAAN
14 Toe het die Here na Gideon toe gedraai en vir hom gesê: “Gaan met die krag wat jy het en gaan red die Israeliete uit die mag van die Midianiete! Toe, Ek stuur jou!”
Judges 6:34 AFRIKAAN
34 Die Gees van die Here het vir Gideon in besit geneem, en hy het die ramshoring geblaas en die Abiësriete opgeroep om hom te volg.
Judges 11:29 AFRIKAAN
29 Toe het die Gees van die Here op Jefta gekom, en hy het deur Gilead en Manasse getrek en verbygetrek tot by Mispa in Gilead, en van daar af het hy teen die Ammoniete opgetrek.
Judges 14:19 AFRIKAAN
19 Die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak, en hy is af Askelon toe. Daar het hy dertig man doodgeslaan en hulle klere gevat en vir die mans gegee wat die raaisel uitgelê het. Hy was baie kwaad en is na sy pa se huis toe.
1 Samuel 10:10 AFRIKAAN
10 Hulle het daar in Gibea gekom, en toe hy weer sien, kom ’n groep profete hom tegemoet. Die Gees van God het kragtig in hom gewerk, en hy het saam met hulle as profeet opgetree.

Solomon:

1 Kings 3:7–9 AFRIKAAN
7 Here my God, U het my koning gemaak in my vader Dawid se plek, maar ek is nog jonk en onervare 8 en ek moet regeer oor die volk wat deur U uitgekies is, ’n groot volk, te veel om te tel. 9 Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer!”
2 Chronicles 2:12 AFRIKAAN
12 Verder het Hiram geskrywe: “Geloof sy die Here die God van Israel, wat die hemel en die aarde gemaak het! Hy het aan koning Dawid ’n wyse seun gegee wat die verstandigheid en insig aan die dag lê om vir die Here ’n tempel te wil bou en vir homself ’n paleis.
2 Kings 2:9 AFRIKAAN
9 Net toe hulle deur is, sê Elia vir Elisa: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen voordat ek van jou af weggevat word?” Elisa het geantwoord: “Mag daar tog ’n dubbele deel van u gees op my kom!”
Nehemiah 13:9 AFRIKAAN
9 en opdrag gegee dat die kamer gereinig moet word. Daarna het ek die goed wat in die tempel gebruik is, en die graanoffer en die wierook daar teruggesit
Isaiah 6:6–7 AFRIKAAN
6 Een van die serafs het toe ’n gloeiende kool met ’n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg. 7 Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.”
Jeremiah 1:9 AFRIKAAN
9 Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: Ek het nou my woorde in jou mond gelê.
Ezekiel 1:1 AFRIKAAN
1 Op die vyfde van die vierde maand, in die dertigste jaar, was ek tussen die ballinge aan die Kebarrivier. Die hemel het oopgegaan en ek het gesigte gesien wat van God af kom.
Ezekiel 3:23 AFRIKAAN
23 Ek is toe na die vallei toe. Die magtige verskyning van die Here het daar gestaan, net soos Ek Hom aan die Kebarrivier gesien het. Ek het platgeval,

In the NT

Matthew 4:19 AFRIKAAN
19 Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.”
Luke 1:15 AFRIKAAN
15 want hy sal groot wees in die oë van die Here. Wyn en bier sal hy glad nie drink nie, en reeds van sy geboorte af sal hy met die Heilige Gees vervul wees.
Luke 1:41 AFRIKAAN
41 Net toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in Elisabet se moederskoot beweeg, en sy is met die Heilige Gees vervul
Luke 1:67 AFRIKAAN
67 Sagaria, die kindjie se pa, is met die Heilige Gees vervul en het as profeet gesê:
Luke 12:33 AFRIKAAN
33 “Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes. Skaf vir julle ’n beurs aan wat nie leeg raak nie, ’n onuitputlike rykdom in die hemel, waar geen dief dit kan bykom en geen mot dit kan verniel nie.
Acts 4:8 AFRIKAAN
8 Toe het Petrus, vol van die Heilige Gees, vir hulle gesê: “Raadslede van die volk, en familiehoofde,
Acts 6:3 AFRIKAAN
3 Nou, broers, soek sewe mans onder julle uit wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het, sodat ons hulle vir hierdie taak kan aanstel.
Acts 9:17 AFRIKAAN
17 Ananias het toe gegaan en in daardie huis gekom. Hy het Saulus die hande opgelê en gesê: “Saul, broer, die Here Jesus wat aan jou verskyn het toe jy op pad hierheen was, het my na jou toe gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.”
Acts 11:24 AFRIKAAN
24 Barnabas was ’n goeie man, vol van die Heilige Gees en met ’n vaste geloof. ’n Aansienlike groep mense is tot geloof in die Here gebring,
Romans 13:12 AFRIKAAN
12 Die nag is byna verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem.
Ephesians 4:12 AFRIKAAN
12 Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.
Ephesians 6:11–18 AFRIKAAN
11 Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. 12 Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. 13 Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. 14 Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, 15 en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. 16 Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. 17 Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. 18 Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.
Philippians 4:19 AFRIKAAN
19 En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.
2 Timothy 2:20–21 AFRIKAAN
20 In ’n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en klei. Sommige is vir besondere gebruik en ander vir die alledaagse. 21 As iemand hom van die kwaad gereinig het, sal hy ’n voorwerp vir besondere gebruik wees. Dan sal hy vir die eienaar afgesonder en bruikbaar wees, voorberei vir enige goeie diens.
2 Timothy 3:16–17 AFRIKAAN
16 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, 17 sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk
Hebrews 13:20–21 AFRIKAAN
20 God wat vrede gee, het ons Here Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die groot Herder van sy kudde is, uit die dood teruggebring. 21 Mag dié God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen. Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen
1 Peter 3:15 AFRIKAAN
15 In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.

Believers are equipped for spiritual tasks

By the call of Jesus Christ

Matthew 4:19 AFRIKAAN
19 Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.”
Mark 10:24–31 AFRIKAAN
24 Die dissipels was verbaas oor hierdie woorde van Hom. Jesus sê toe verder vir hulle: “Kinders, hoe moeilik is dit om in die koninkryk van God te kom. 25 Dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te kom as vir ’n ryke om in die koninkryk van God te kom.” 26 Dit het hulle geweldig ontstel en hulle het vir mekaar gesê: “Wie kan dan gered word?” 27 Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.” 28 Petrus sê toe vir Hom: “Kyk, óns het alles verlaat en ons volg U.” 29 Jesus antwoord: “Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van My en ter wille van die evangelie afgesien het van sy huis of broers of susters of moeder of vader of kinders of eiendom nie, 30 of hy kry nou in hierdie tyd honderd keer soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en eiendom, saam met baie vervolging, en in die bedeling wat kom, die ewige lewe. 31 Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.
Luke 9:1–2 AFRIKAAN
1 Jesus het die twaalf bymekaargeroep en aan hulle mag en gesag gegee om alle bose geeste uit te dryf en siektes te genees. 2 Toe het Hy hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak.
Luke 10:1–3 AFRIKAAN
1 Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan. 2 Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3 Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in.
John 1:35–42 AFRIKAAN
35 Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan, met twee van sy volgelinge by hom. 36 Toe Jesus verbyloop, het Johannes stip na Hom gekyk en gesê: “Dáár is die Lam van God!” 37 Die twee het hom dit hoor sê en hulle het Jesus gevolg. 38 Toe Jesus omkyk en sien dat hulle Hom volg, vra Hy vir hulle: “Wat soek julle?” en hulle het Hom geantwoord: “Rabbi”—dit beteken leermeester—“waar gaan U tuis?” 39 Hy sê toe vir hulle: “Kom saam, dan sal julle sien.” Hulle het toe gegaan en gesien waar Hy tuis gaan. Dit was omtrent vieruur die middag, en hulle het die res van die dag by Hom gebly. 40 Andreas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Jesus gevolg het. 41 Daarna het hy eers sy broer Simon gaan soek en vir hom gesê: “Ons het die Messias gekry!” Messias beteken Christus. 42 Hy het hom na Jesus toe gebring. Jesus het stip na hom gekyk en gesê: “Jy is Simon seun van Johannes; jy sal Sefas genoem word.” Sefas beteken dieselfde as Petrus

By spiritual gifts

Acts 6:3–6 AFRIKAAN
3 Nou, broers, soek sewe mans onder julle uit wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het, sodat ons hulle vir hierdie taak kan aanstel. 4 Ons sal dan al ons aandag aan gebed en die bediening van die woord bly gee.” 5 Die voorstel het by al die gelowiges byval gevind, en hulle het Stefanus gekies, ’n man met ’n vaste geloof en vol van die Heilige Gees, en verder Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas, en Nikolaus wat van Antiogië afkomstig was en vantevore uit die heidendom tot die Jodedom oorgegaan het. 6 Die gelowiges het hulle voor die apostels gebring, en dié het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê.
Romans 12:6–8 AFRIKAAN
6 Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. 7 As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. 8 As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid
1 Corinthians 12:7 AFRIKAAN
7 Aan elkeen afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.
1 Corinthians 12:8–11 AFRIKAAN
8 Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om ’n woord van wysheid te praat, aan ’n ander ’n woord van kennis deur dieselfde Gees; 9 aan die een geloof deur dieselfde Gees, aan ’n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees. 10 Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen, aan ’n ander die gawe om te profeteer, en aan nog ’n ander die gawe om tussen die geeste te onderskei. Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik en aan ’n ander om dit uit te lê. 11 Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ’n gawe uitdeel soos Hy wil
1 Corinthians 12:27–31 AFRIKAAN
27 Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ’n lid daarvan. 28 En in die kerk is daar mense aan wie God ’n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar apostels, ten tweede profete, ten derde leraars; verder is daar dié wat wonderdade kan doen, dan dié wat genadegawes ontvang het om mense gesond te maak, om hulp te verleen, om leiding te gee of om ongewone tale of klanke te gebruik. 29 Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen? 30 Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitlê? 31 Lê julle toe op die beste genadegawes
Ephesians 4:7 AFRIKAAN
7 Aan elkeen van ons is ’n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het.
Ephesians 4:11–12 AFRIKAAN
11 En dit is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. 12 Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.

By the word of God

Colossians 3:16 AFRIKAAN
16 Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing.
2 Timothy 2:15 AFRIKAAN
15 Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ’n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ’n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig.
2 Timothy 3:16–17 AFRIKAAN
16 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, 17 sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk
2 Peter 1:19 AFRIKAAN
19 En dit het vir ons die boodskap van die profete nog meer bevestig. Hierdie boodskap is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn. Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte.
1 John 2:14 AFRIKAAN
14 Ek het vir julle geskrywe, kinders, omdat julle die Vader ken. Ek het vir julle geskrywe, vaders, omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar was. Ek het vir julle geskrywe, jongmense, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.

By the empowering of the Holy Spirit

Acts 2:4 AFRIKAAN
4 Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen.
Acts 4:31 AFRIKAAN
31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig
Acts 13:9 AFRIKAAN
9 Maar Saulus, dit is Paulus, vol van die Heilige Gees, het hom skerp aangekyk
Ephesians 5:18 AFRIKAAN
18 Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul,

For spiritual conflict

Romans 13:12 AFRIKAAN
12 Die nag is byna verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem.
Ephesians 4:20–24 AFRIKAAN
20 Maar dit is nie hoe julle Christus leer ken het nie. 21 Julle het tog van Hom gehoor, en omdat julle sy volgelinge is, is julle onderrig volgens die waarheid wat in Jesus is. 22 Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. 23 Julle gees en gedagtes moet nuut word; 24 lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig
Ephesians 6:11 AFRIKAAN
11 Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.
Ephesians 6:12–18 AFRIKAAN
12 Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. 13 Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. 14 Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, 15 en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. 16 Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. 17 Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. 18 Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.
Colossians 3:12–15 AFRIKAAN
12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14 Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. 15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.
1 Thessalonians 5:8 AFRIKAAN
8 Maar ons wat van die dag is, moet nugter wees; ons moet geloof en liefde as borsharnas dra en die hoop op verlossing as helm.
1 Timothy 6:12 AFRIKAAN
12 In die goeie wedloop van die geloof moet jy al jou kragte inspan en die ewige lewe as prys behaal. Daartoe het God jou geroep en het jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê.
Hebrews 13:21 AFRIKAAN
21 Mag dié God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen. Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen
1 Peter 3:15 AFRIKAAN
15 In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.
Related Media
See more
Related Sermons
See more