Krisis in die Landbou / Crisis in agriculture
Sondagoggend 13 Jul 08 - Wat is jou koninkryksdoel op aarde?
Lukas 10:25-28 - Daar was ’n wetgeleerde wat aan Jesus ’n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: “Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Jesus sê vir hom: “Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees jy daar?” Hy antwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.” “Jy het reg geantwoord,” sê Jesus vir hom. “Doen dit en jy sal die lewe verkry.”
INLEIDING
Augustinus: “Die gemeente is nie 'n plek vir volmaakte mense nie, maar eerder 'n hospitaal waar siek sondaars gesond kan word...”
MATTEUS 13:1-9
Dieselfde dag het Jesus van die huis af gegaan en by die see gaan sit. ’n Groot menigte het so om Hom saamgedrom dat Hy in ’n skuit geklim en daarin gaan sit het, maar die mense het almal op die strand bly staan. Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “’n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het ’n deel van die saad op die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgepik. ’n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. ’n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik. Die ander saad het in goeie grond geval en ’n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig. “Wie ore het, moet luister!”
Die Boodskap
“Eendag was daar ’n boer wat saad in sy land gaan saai het. Hy het die saad met sy hand oor die grond uitgestrooi. Met die strooi het van die saadjies op die voetpad deur die land geval. Die voëls was dadelik by en gou was daar niks van hierdie saad meer oor nie. Van die ander saad het op die groot rotse in die land geval. In die holtes van die rotse was daar grond. Die saad het gou opgekom, maar kon nie wortels maak in die vlak grond nie. Daarom kon die plantjies nie grootword nie. Die son het hulle gou doodgebrand. Van die saad het ook tussen lae doringbosse beland. Soos die bosse groter geword het, het dit die plantjies heeltemal doodgedruk. Dan het daar ook saad in die land self geval waar die grond goed voorberei was. Daardie plante het goed gegroei en ’n oes gegee wat alle verwagtings oortref het. “Hoor julle wat ek vir julle sê? “Asseblief, luister mooi!”
Matteus 13 is 'n kern belangrike hoofstuk. Die opstand teen Jesus Christus bereik 'n hoogtepunt en Jesus se bediening verskuif na ALLE mense wat na Hom toe wil kom (Matt 11:28-30 - “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”)
Matt 13:1-9 is deel van 7 gelykenisse oor die koninkryk van die hemel wat in Matteus 13 vertel word. Die tema is dus die koninkryk van die hemel.
Die groot vraag is: Wat nou van die koninkryk van God noudat die Koning vewerp is?
Die antwoord kry ons in Matt 13. Jesus Christus lê die misterie van die Koninkryk netjies uit en verduidelik wat die “koninkryk van die hemel” vir dié tyd beteken.
Die “misterie” van die koninkryk van Jesus hier, is die feit dat die goeie nuus boodskap deur die meederheid mense verwerp is.
Die “koninkryk van die hemel” verwys nie na die aardse koninkryk van die Messias nie, maar na Koning Jesus se koninkryk na Sy dood, opstanding en hemelvaart.
Die “koninkryk van God” is “God se koninklike heerskappy” met klem op God se heerskappy as aktiwiteit meer as oor 'n realm of gebied.
Om dit te verduidelik, maak Jesus Vir die eerste keer in Matteus, gebruik van 'n gelykenis.
'n Gelykenis is soos 'n illustrasie wat 'n vergelyking is tussen 'n bekende en 'n “onbekende” waarheid langs mekaar. Die woord (van para and ballō), beteken om “langs mekaar te gooi.”
Gelykenisse verberg die waarheid sodanig dat méér nodig is as om bloot net “te hoor met ons ore” of “te lees met ons oë”.
Gelykenisse:
· Maak die waarheid konkreet;
· Begin by iets alledaags wat almal verstaan uit eie ondervinding en lei na ’n dieper geestelike betekenis;
· Wek belangstelling;
· Stel my in staat en dwing my om die waarheid vir myself te ontdek: wat beteken dit vir my?
· Verberg die waarheid vir dié wat nie belang stel om moeite te doen met die diepere betekenis nie;
· Die impak is onmiddellik en is nie lang redenasies of verduidelikings nie:
o Die agtergrond “wanneer” en “waar” moet deeglik in ag geneem word (terug in die geskiedenis);
o 'n Gelykenis stel net een belangrike punt – een direkte waarheid tref mens soos 'n weerligstraal die oomblik as jy dit hoor sonder enige verduidelikings.
Elke gelykenis bevat net een aspek van die koninkryk van God.
Om 'n gelykenis reg te verstaan, moet ons:
· Die agtergrond van die lewe in Palestina in die spesifieke tydvak ken sodat ons daarna kan luister asof ons die eerste hoorders is. Ons moet onsself visualiseer as mense wat die gelykenis uit die mond van Jesus Christus self hoor;
· Ons moet die een spesifieke punt in die bedoeling van die spesifieke gelykenis duidelik onderskei.
In Matteus 13 is dit ’n groot menigte wat saamdrom. Die onderrig is op twee groepe mense gerig; die menigte en die binnekring dissipels wat Hom gevolg het.
In ons gelykenis vra Jesus aandag vir die aktiwiteit van die saaier. Jesus wil hê sy luisteraars moet sien hoe die saaier besig is en hoe die saad val in die proses van saai. In hierdie proses val die saad op verskillende stukke grond, met verskillende resultate.
Jesus verklaar dat mense verskillend reageer op die woord van die koninkryk.
· Sommige verstaan nie die woord nie.
Die harde grond: mense wie se gedagtes op die stadium afgesluit is vir die invloed van dei Woord van God – maar God saai Sy Woord steeds, ten spyte van! Dit kan vooroordeel wees, 'n onleerbare gees, hoogmoed, vrees vir die waarheid, immoraliteit..
· Ander neem dit dadelik met blydskap aan, maar word gou weer afvallig.
Die klipperige grond: deurdink dinge nie baie goed nie. Jaag elke nuwe modegier na ne laat staan dit net so vinnig. Geen deursettingsvermoë nie, nie entoesiasties oor 'n verhouding met Jesus Christus nie; emosioneel onstabiel, onverantwoordelik, sonder die vuur van die Heilige Gees.
· ’n Derde groep bly sonder vrug.
Die grond vol onkruid: 'n baie besige mens, te besig om te bid of tyd met die Here te spandeer, baie betrokke by die dinge van die Here maar nie tyd vir die Here van die dinge nie; toegegooi onder welsynswerk; werkaholiek; te moeg aan die einde van die dag vir tyd met die gesin.
· terwyl ’n vierde groep die woord verstaan. Dit is net hierdie vierde groep mense wat vrug dra en ’n oes lewer.
Die goeie grond: oop gemoed, leerbare gees, bereid om te luister, nie te besig vir die Here self nie en om na Sy stem te luister en Hom te gehoorsaam nie. Luister gaan oor in aksie: luister, verstaan, gehoorsaam.
Hierdie gelykenis slaan na twee kante toe. Die gelykenis het 'n impak op die persoon wat die woord hoor maar terselfdertyd het dit ook 'n impak op die een wat die Woord bedien!
Dis nie moeilik om raak te sien dat daar in die harte van die dissipels 'n mate van moedeloosheid en ontmoediging was nie. Jesus Christus was vir hulle alles, wys en wonderlik, maar tog, menslik gesproke het Hy nie baie “wêreldse” sukses behaal nie.
Die deure van die sinagoges het vir Hom begin toegaan. Die ortodokse leiers was Sy felste kritici en daarop uit om Hom te vernietig.
Jesus beleef 'n vyandigheid van die mense af en dis in hierdie omstandighede wat die gelykenis afspeel.
Die skares het graag na Hom geluister maar min het rêrig verander en baie was net agter Sy genesingswonders aan!
Die konteks van die eerste lesers van Matteus is dat hulle teen dié tyd reeds hulle persoonlike deel van verwerping ervaar het, asook dat mense wat aanvanklik entoesiasties was om Jesus te volg, nou van die geloofsgemeenskap afvallig geword het.
Daar is aanduidings dat Matteus en sy gemeenskap ’n pastorale krisis in hulle bediening beleef het en daarom vra: “Is it really worth all the effort they are expending to plant the seeds of the gospel when so much of their work turns out to be futile?” Folks get excited for a while and then abandon the gospel as quickly as they took it.”
Die grond waarop die saad telkens val, het verskillende eienskappe: vyandigheid, onstabiliteit, najaging van wêreldse prestasies maar ook HOOP!
Die Koninkryk van God lê in die oes! Die oes is 'n gegewe!
Die een wat die Woord uitdra moet dit doen in gehoorsaamheid aan God ongeag enige negatiewe reaksie van watter aard ookal.
Die saad GAAN en KAN maar oral val, maak nie saak waar nie. Dit is selfs waar van Jesus Christus se bediening!
Dit mag niemand keer om aan te hou saai of moed op te gee of hooploos te wees oor die oes (sigbare resultate) nie. God is in beheer van die oes – nie die mens nie!
God knows that He will run into the hard headed, the immature, and the two-faced. But he also knows the success stories of those whose lives make a difference in His strength.
Success or failure, good or bad, the sower, our God, never gives up. Full of grace He just keeps on going over & again never thinking about giving up.
Our challenge is to be like our Father in heaven – the great Sower. We must get with His programme and start sowing the seeds of the Gospel more often and more indiscriminately.
The sower sowed his seed knowing that most of it would perish but he tried anyway. Our Father in heaven is full of grace and love and sows His gospel far more widely than we will ever truly know or understand.
There are many people who will hear and hear the gospel and Jesus call them over and over and they will never respond. What’s more they are in the Church not just outside it- those people who never make that step & really think of Church as a social club.
We need to get thick skinned about this for it is a fact of ministry. We need to scatter the seed and not fret so much about those who are like the path.
'n Boer saai met vertroue selfs al word van die saad “gemors,” weet hy, sal die oes steeds daar wees! Ons is nie in beheer van die oes nie!
Illuistrasie:
When a man sows the seed of the word, he does not know what he is doing or what effect the seed is having. H. L. Gee tells this story. In the church where he worshipped there was a lonely old man, Thomas, who outlived all his friends and hardly anyone knew him. When Thomas died, Gee had the feeling that there would be no one to go to the funeral so he decided to go, so that there might be someone to follow the old man to his last resting-place.
There was no one else and it was a wet day. The funeral reached the cemetery; and at the gate there was a soldier waiting. He was an officer, but on his raincoat there were no rank badges. The soldier came to the graveside for the ceremony; when it was over he stepped forward and before the open grave swept his hand to a salute as to a king. H. L. Gee walked away with this soldier, and as they walked, the wind blew the soldier’s raincoat open to reveal the shoulder badges of a brigadier.
The brigadier said to Gee: “You will perhaps be wondering what I am doing here. Years ago Thomas was my Sunday School teacher; I was a wild lad and a sore trial to him. He never knew what he did for me, but I owe everything I am or will be to old Thomas, and today I had to come to salute him at the end.” Thomas did not know what he was doing. No preacher or teacher ever does. It is our task to sow the seed, and to leave the rest to God.
Die boer wat saai verwag nie onmiddellike resultate nie. Hy weet dis hoe God deur die natuur werk! Daar is nie haas in die natuurlike groeiprosesse in die natuur nie.
Dit vat lank vir 'n saadjie om 'n boom te word net soos wat dit 'n lang tyd kan neem vir die saad van God se Woord om in 'n mens se hart te ontkiem!
Ons leef in die “kitseeu” en verwag dat alles “kits” moet wees maar as ons die Woord saai, moet ons in geloof saai met hoop, maar die groei moet ons aan God oorlaat!
Aangesien dit duidelik God se toedoen is en nie menslike pogings wat hierdie groot oes moontlik maak nie, is die “iets anders” of “iets meer” wat hierdie gelykenis wil uitlig, nou helder.
Die gelykenis wys in werklikheid na ’n liefdevolle en voorsienige God wat na die behoeftige “bywoners” omsien (nie primêr ’n oes- of landbou aktiwiteit nie). Die gelykenis wil iets meer sê oor die karakter van God.
Nooit sal ek die saak met God uitgemaak kry en nooit sal ek vrede hê as ek net die Woord hoor en hoor en dit bloot aanhou bepeins nie. Wie God wil verstaan, moet Hom gehoorsaam.”
Hierdie gelykenis gaan nie oor bepaalde tipes of kategorieë mense nie. Dit gaan daaroor dat elkeen die veelvoudige akker binne-in hom of haar het.
God beoordeel nie volgens uiterlike maatstawwe nie, maar wat in die hart aangaan. Die mense van destyds het die menslike liggaam (die persoon) vanuit suiwer uitwendige voorkoms beoordeel.
In die lig hiervan is die punt van die allegoriese interpretasie van die gelykenis dat die persoon wat in haar /sy hart hoor en luister en gehoorsaam reageer, dis die een wat die ryk opbrengs produseer.
Gelykenisse gaan nie oor die krisis in die landbou nie maar NET OOR God! Gelykenisse vertel ons WIE is God en HOE tree Hy op!
Gelykenisse dwing ALLE gelowiges om vrae te vra oor die betekenis van die verhaal, maar dwing dié een wat vrae stel, telkens na die Leermeester, Jesus Christus, terug.
Daarom moet God se Woord ernstig opgeneem en bestudeer word.
Gelykenisse bied nie net informasie nie maar het ook die krag om die hoorders te transformeer in interaktiewe, interafhanklike, nederige, ondersoekende en volhardende mense, “the spiritual transformation of the hearers.”
Die gelykenis wys in werklikheid na ’n liefdevolle en voorsienige God wat na die behoeftige “bywoners” omsien. En is ons nie almal behoeftige en afhanklike bywoners hier op aarde nie?
SLOT
Die Woord van God is “lewe” en hierdie “lewe” kan net oorgedra word aan dié wat dit aanneem en glo. God se waarheid moet wortel skiet in ons harte, versorg word en toegelaat word om vrug te dra.
Dit gebeur wanneer ons LUISTER! Die woord “luister / hoor” kom 'n hele paar keer voor in Matteus 13. Hier is die betekenis:
· Romeine 10:17 – Die geloof kom dus deur die prediking wat ’n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.
· Matteus 13:9 – “Wie ore het, moet luister!”
· Markus 4:24 – “Gee aandag aan wat julle hoor!”
· Lukas 8:18 – “Pas dus op hoe julle luister..”
My gehoorsaamheid aan die Woord van God, bring my nou reeds op aarde by Sy Koninkryk uit.
Soms MOET daar maar iets kleins of groots in my lewe gebeur wat maak dat ek LUISTER na Sy Woord!
Die oomblik as ek LUISTER na Sy Woord en dit GEHOORSAAM, verander my lewe! (2 Kor 5:17-18).
God het Sy Woord in jou HART gesaai! Waar staan jy vandag in jou verhouding met Hom!!!
Dink met die LUISTER na die lied van Jan die Wet na waar EK en JY vandag inpas in God se plan vir ons lewe!
Saai die saad – Jan de Wet (Markus 4:6)
Daar is soveel woorde, soveel al gepraat
Soveel holle krete rol sinloos oor die straat
Als is reeds gesê, maar wie het dit gehoor?
Sê my hoeveel sinne, is deur kritiek gesmoor?
Soveel preke word gepreek
En boodskappe gebring
Tog maak dit vir die meeste mense
Steeds nog glad nie sin.
Maar bly glo en weet
Dit is 'n geestelike feit
Al sien jy nou geen vrug nie
Dit bloei wel op sy tyd.
Saai die saad die wêreld rond
Saai die saad in goeie grond
Vra nie waar’s die oes dan nou
Saai die saad maar net getrou.
En as jy daarmee aanhou
Dan spruit die saad wel uit
Nie wanneer jy wil nie
Maar wel op God se tyd.
Net as jy oortuig is
Dit kan nie meer gebeur
Skiet die saad hier voor jou op
En niemand kan dit keer.
Saai die saad die wêreld rond
Saai die saad in goeie grond
Vra nie waar’s die oes dan nou
Saai die saad maar net getrou.
Saai die saad die wêreld rond
Saai die saad in goeie grond
Moenie sê dit is te laat
Saai die saad.
Maar ek wat eenkant toekyk, ek sit met 'n probleem
Waarom is daar om my soveel skyn?
Bolangs lyk als vrugbaar maar wortels is daar nie
Sê my wie is wie?
Saai die saad die wêreld rond
Saai die saad in goeie grond
Vra nie waar’s die oes dan nou
Saai die saad maar net getrou.
Saai die saad die wêreld rond
God gee Self die goeie grond
Saai dit net van vroeg tot laat
Saai die saad! (4x)
Mmm, Saai die saad!
Jesaja 55:8-11 - My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes. Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.
10-11: (OAV) - Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.