DIE HERE IS GOED
Sermon • Submitted
0 ratings
· 63 viewsNotes
Transcript
(Afrikaanse Ou Vertaling)
7 Die Here is goed, ’n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.
(NRSV)
7 The Lord is good, a stronghold in a day of trouble; he protects those who take refuge in him,
(The Message)
7 God is good, a hiding place in tough times. He recognizes and welcomes anyone looking for help,
HOE BESKRYF MENS OPTIMISME?
The Marine officer, when he saw that he and his men were surrounded by the enemy, said, “Men, we are surrounded by the enemy; don’t let a one of them get away.”[1]
It is written on a sundial on a pier at Brighton, England: “Tis always morning somewhere in the world.”[2]
Die Here is goed, ’n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.
1. WAT IS JOU ERVARING MET God?
(Die Lewende Bybel)
3 Julle het mos reeds ’n voorsmaak gehad van hoe goed die Here vir julle is.
Hier verwys Petrus na psalm 34
–23 (Die Lewende Bybel)
2 Ek wil die Here elke oomblik dankie sê en Hom gedurig prys.
3 Ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het sodat almal wat Hom in nederigheid dien daarvan kan hoor en bly kan wees.
4 Prys die Here saam met my en laat ons saam aan Hom die eer gee!
5 Ek het die Here gebid, en Hy het my geantwoord en my angs weggeneem.
6 Kyk na die Here en straal van vreugde, want julle sal nooit teleurgestel word nie.
7 Ek het self ook in my ellende na die Here geroep, en Hy het gehoor en my gered uit al my moeilikhede.
8 Die Here se engel bewaak die wat Hom aanbid en hy red hulle.
9 Stel die Here op die proef dan sal julle sien hoe goed Hy is. Iemand wat by Hom skuil, sal bly wees.
10 Julle wat aan die Here behoort, moet Hom dien, want dié wat Hom dien, ly nie gebrek nie.
11 Selfs jong leeus in hulle fleur ly soms honger, maar dié wat die Here aanbid, kom nooit iets goeds kort nie.
16 Die Here sien altyd dié raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy luister altyd as hulle bid.
18 As die gehoorsames om hulp roep, hoor die Here, en Hy red hulle uit al hulle moeilikhede.
19 Die Here is naby aan mense wie se moed gebreek is en Hy help dié wat geen vooruitsigte meer het nie.
20 ’n Mens wat aan die Here gehoorsaam is, kom baie moeilikhede teë, maar die Here red hom elke keer.
21 Die Here hou die wag oor elke been in hom en nie een van hulle sal gebreek word nie.
23 Die Here sal almal verlos wat Hom dien en dié wat by Hom beskerming kry, sal nie gestraf word nie
(AFRIKAAN)
5 Dit is Ek wat jou in die woestyn, in ’n dor land versorg het.
(AFRIKAAN)
19 Nogtans, die hegte fondament wat God gelê het, staan vas met dié woorde daarop gegraveer: “Die Here ken dié wat aan Hom behoort,” en: “Elkeen wat sê dat hy aan die Here behoort, moet wegbreek van die ongeregtigheid.”
2. SONDE BEGIN WANNEER MENSE IN GOD TWYFEL
(Afrikaanse Ou Vertaling)
2 En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,
3 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;
5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.
6 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ’n lus was vir die oë, ja, ’n boom wat ’n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.
7 Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
3 En waarom bring die Here ons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal ’n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie?
(Afrikaanse Ou Vertaling)
27 Hoe lank sal hierdie bose vergadering aanhou dat hulle teen My murmureer? Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer.
3. WAT MOET ONS ERVARING MET GOD WEES
(Afrikaanse Ou Vertaling)
9 Tet. Smaak en sien dat die Here goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
(Afrikaanse Ou Vertaling)
1 ’N PSALM van Asaf.
Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
4 Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.
5 Want die Here is goed, sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag
(Afrikaanse Ou Vertaling)
1 HALLELUJA! Loof die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
2 Wie kan die magtige dade van die Here uitspreek, al sy roem verkondig?
3 Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
1 LOOF die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
2 Dit moet die verlostes van die Here sê, wat Hy uit die nood verlos het
(Afrikaanse Ou Vertaling)
21 Maar U, o Here Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
25 Tet. Goed is die Here vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.
4. BYBEL KARAKTERS WAT GOD VERTROU
(Afrikaanse Ou Vertaling)
12 Toe het Moses met die Here gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar Ú laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
8 Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het
(Afrikaanse Ou Vertaling)
14 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
3 Maar U, o Here, ken my; U sien my en toets my hart by U. .....................
5. VOORWAARDES: ONS MOET HOM DIEN.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
11 Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse Here. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here—dit is julle beskutting.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
1 ’N PSALM van Dawid.
Die Here is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die Here is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?
(Afrikaanse Ou Vertaling)
3 Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my ’n rots om in te vlug, ’n baie vaste huis om my te verlos.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
39 Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die Here, hulle toevlug in tyd van benoudheid.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
29 Die weg van die Here is vir die opregte ’n vesting, maar ’n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
4 Want U was ’n vesting vir die arme, ’n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was; ’n skuilplek teen die stortreën, ’n skaduwee teen die hitte—want die geblaas van die tiranne is soos ’n stortreën teen ’n muur.
[1] Green, M.P. ed., 1989. Illustrations for Biblical Preaching: Over 1500 sermon illustrations arranged by topic and indexed exhaustively Revised edition of: The expositor’s illustration file., Grand Rapids: Baker Book House.
[2] Green, M.P. ed., 1989. Illustrations for Biblical Preaching: Over 1500 sermon illustrations arranged by topic and indexed exhaustively Revised edition of: The expositor’s illustration file., Grand Rapids: Baker Book House.