DAPHNE SE BEGRAFNIS
Sermon • Submitted
0 ratings
· 24 viewsNotes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
Prediker 3:1–8 (Die Lewende Bybel)
1 God stel ’n tyd vas vir alles wat op aarde gebeur:
2 So stel Hy ’n tyd vas vir ’n mens se geboorte en ’n tyd vir sy dood, ’n tyd om te plant en ’n tyd om te oes
3 ’n tyd om dood te maak en ’n tyd om gesond te maak ’n tyd om af te breek en ’n tyd om te bou
4 ’n tyd om te huil en ’n tyd om te lag ’n tyd om te treur en ’n tyd om te dans
5 ’n tyd om klippe weg te gooi en ’n tyd om klippe bymekaar te maak ’n tyd om te omhels en ’n tyd om weg te stoot
6 ’n tyd om te kry en ’n tyd om te verloor ’n tyd om te hou en ’n tyd om weg te gooi
7 ’n tyd om te skeur en ’n tyd om heel te maak ’n tyd om stil te bly en ’n tyd om te praat
8 ’n tyd om lief te hê en ’n tyd om te haat ’n tyd vir oorlog en ’n tyd vir vrede.
Duisende jare gelede het Salomo hierdie wysheid neergepen. Tog gee ons nie daarop ag nie!
Hy stel aan ons die feit dat die lewe baie versigtig geleef moet word.
Ons het ons dagboeke. Ons leef met ons horlosies. Beplanning. To Do lists. Onderskei tussen belangrik en noodsaaklik. Ons het alarms wat ons op tyd hou.
Kyk na die blaadjie. In lewe: gebore datum- sterf datum. DAPHNE kon nie die laaste datum bepaal nie.
Ons kan DAPHNE se lewe meet aan twee datums. Maar nie die Kwaliteit van daardie lewe nie.
Die lewe is ver meer as jare ens, selfs as begaafdheid en talente is.
Hier is mense wat hier sit wie se hart klop, en hy haal asem, maar leef nie.
Paulus leer ons wat LEWE regtig is:
(Die Lewende Bybel)
19 Ek weet dat wat ek nou deurmaak uiteindelik tot my voordeel sal wees omdat julle vir my bid en omdat die Gees van Jesus Christus my help.
20 Dit is my innige begeerte en vertroue dat ek nooit skaam sal wees oor wat ek gedoen het nie. Ek wil altyd in my hele lewe aan Christus die eer gee sonder om bang te wees, al sou dit beteken dat ek vir Hom moet sterwe of dat ek vir Hom sal bly lewe.
21 Want solank ek leef, leef ek net vir Christus, en as ek moet doodgaan, is dit vir my voordelig.
22 As ek moes kies tussen lewe en dood, weet ek nie wat ek sou kies nie. Want as ek bly lewe, beteken dit ek kan vir die Here werk en mense kan tot die geloof kom.
23 My hart is verdeeld. Aan die een kant verlang ek om te gaan en by Christus te wees, want daar is niks wat my meer vreugde sal gee nie.
24 Maar aan die ander kant is dit noodsaaklik dat ek bly lewe om vir julle te help.
So kan jy vandag na jou blaadjie kyk jy het ‘n geboorte datum. Vul vir my die sterf datum in.
MISKIEN MOET ONS ANDERS DAARNA KYK
1. ‘N TYD OM VERHOUDINGS TE BOU
Moet ons iemand se lewe meet aan die verhoudinge wat hy gehad het?
· Sy verhouding met God
· Sy verhouding met mense. Dit is waarom u vandag hier is om afskeid te neem.
· Sy impak op mense lewens
· Ons onthou selde status en roem. Ons onthou ‘n persoon se impak op my lewe.
2. VANDAG SÊ SALOMO.
· ’n tyd om te huil en ’n tyd om te lag ’n tyd om te treur en ’n tyd om te dans
· Daar is hartseer en rou. Daar is gemis.
· Tog is daar vreugde, herinnering. Blydskap. Hy was ‘n kind van God.
· Beleef elke oomblik van rou smart. Dit bring heling.
3. DIT IS TYD VIR TROOS
· God gee aan ons die GROOT TROOSTER. Advokaat. Optel langs ons staan Nog meer wat in ons is.
· Ons het van Hom Lewe ontvang
· Sekerheid as ons sterwe
· Om by Jesus te wees.
· Vir altyd en ewig in Sy teenwoordigheid
· Volmaak.
· Hy Belowe dat jy nooit alleen sal wees nie
4. DIT IS TYD VIR BESLUITNEMING
(Die Lewende Bybel)
16 “God het die mense so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het. Iemand wat in Hom glo, sal nie verlore gaan nie maar hy sal die ewige lewe hê.
(Die Lewende Bybel)
18 “’n Mens wat op Hom vertrou, word nie veroordeel nie, maar ’n mens wat nie hierdie vertroue het nie is reeds veroordeel omdat dit die enigste Seun van God is in wie hy nie wou glo nie.
(Die Lewende Bybel)
36 ’n Mens wat op die Seun vertrou, het reeds die ewige lewe. Maar ’n mens wat nie aan die Seun gehoorsaam wil wees nie sal die lewe nie sien nie want hy bly onder die straf van God.”