Sermon Tone Analysis
Overall tone of the sermon
This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.08UNLIKELY
Disgust
0.08UNLIKELY
Fear
0.11UNLIKELY
Joy
0.1UNLIKELY
Sadness
0.68LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0.05UNLIKELY
Tentative
0UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.12UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.43UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.1UNLIKELY
Tone of specific sentences
Tones
Emotion
Language
Social Tendencies
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
maar het Homself ontledig deur die gestalte van ’n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ’n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
()
maar het Homself ontledig deur die gestalte van ’n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ’n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
()
In ‘n wêreld van self-beskikking, selfies, en selfverryking staan die Bybelse begrip van diensbaarheid in ‘n helder teen-kontras.
Ons hoor al hoe meer:
“ons doen wat werk vir ons”
“Laat geld jouself”
“jy is spesiaal”
“ek verdien dit”
“dit is my reg!”
Eerder as:
“hoe kan ek jou help?”
“is daar iets wat ek vir jou kan doen?”
“hoe wil jy hê moet ek dit doen?”
Geen moderne persoon in die weste sal vandag slawerny onderskryf nie: want die idee dat ‘n mens ‘n besitting van ‘n ander kan wees, geen regte het nie buiten absolute gehoorsaamheid, en dat die persoon dikwels sonder hulle eie keuse ‘n slaaf gemaak is druis teen alle gemene sosiale reg.
Tog is slawerny nog met ons: 65 miljoen immigrante wat ook nie uit keuse, huisloos en werkloos oorgelaat is tot die lotbestemmming van ‘n vriendelike land en regering.
Die geheime sekshandel, neem ernstig toe.
Algehele werkloosheid is hoër as ooit.
Hierdie tipe mishandeling en miskenning dat elke mens in God se beeld geskape is moet teen sterkste veroordeel word, en ons moet alles in ons vermoë doen om hierdie praktyke teë te staan.
Die Bybelse se sogenaamde regverdiging van slawerny, werp ‘n donker skadu oor God se liefde vir die mensdom.
Die Bybel wil bleik slawerny goed te keur, en word dus deur sosiale entrepreneurs in geheel verwerp.
Tog as mens dieper delf, bied die Bybel ‘n baie praktiese alternatief.
Slawerny maak nie van jou ‘n slagoffer nie.
Beide die arm en die ryk het ‘n belangrike wederkerig afhanklike rol te speel teenoor mekaar.
Rykes en armes ontmoet mekaar, die Here het hulle almal gemaak.
()
Beide die dienskneg en die heser/regeerder is onderworpe aan ‘n kode van eerbied, regdoen, en agting en vrees vir die Here!
Die Bybel sien nie bediendes, as slawe wat mishandel word soos die Israeliete onder die Egiptenare nie.
Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk.
() Die Jode onthou die 400 jaar van slawerny, en sou nie ook hulle mense soos slawe behandel nie.
Deur ‘n goeie slaaf, bediende, of dienskneg te wees gee jou invloed tot magtige mense sonder kompetisie,
Die invloed van goeie diensbaarheid
Josef:
Maar die Here was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis.
En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hý gedoen.
Die owerste van die gevangenis het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat die Here met hom was; en wat hy doen, het die Here voorspoedig laat wees.
()
En Farao sê vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie.
Jý moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik; alleen deur die troon sal ek groter wees as jy.
Verder het Farao vir Josef gesê: Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland.
Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van Josef; en hy het hom fyn linneklere laat aantrek en die goue ketting om sy hals gehang en hom laat ry op sy tweede rytuig; en hulle het voor hom uitgeroep: Pas op!
So het hy hom dan oor die hele Egipteland aangestel.
En Farao sê vir Josef: Ek is Farao, maar sonder jou mag niemand sy hand of voet in die hele Egipteland verroer nie.
()
Nehemia:
As dienkneg, was Nehemia nie oningelig oor wat besig is om met sy mense te gebeur nie.
Alhoewel hy bloot ‘n dienskneg was, toon hy ‘n soort verandwoordelikheidsin, vir reg en verkeerd.
Hy is ook ‘n goeie rentmeester van sy invloed by die koning.
Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te vrees; en laat dit tog vandag u kneg geluk, en verleen hom barmhartigheid voor die oë van hierdie man.
Ek was naamlik skinker van die koning.
Nehemia 1:11 Hy is so goed bevriend, en het altyd ‘n vriendelike en spontane gees en gesindheid geopenbaar, dat die koning dadelik opmerk daar is fout.
“hy was nooit voor die koining bedroef nie” () Die koning is goedhartig om aan Nehemia te gee wat hy verlang.
Dit sou nie gebeur het, as Nehemia nie die guns van die koning op verskeie manier en geleenthede gewen het nie.
Daarom wou die koining dadelik weet: “Hoe lank sal jou reis duur, en wanneer sal jy terugkom?”
()
Hoe lank sal jou reis duur, en wanneer sal jy terugkom?
Diensmeisie van Naaman:
Op een van hulle strooptogte het die Arameërs 'n jong dogtertjie uit Israel ontvoer wat Naäman se vrou se bediende geword het.
Sy het vir die vrou gesê: “Ag, as Meneer net by die profeet in Samaria kon uitkom, dan sal hy vir Meneer van sy melaatsheid gesond maak.”
(2 King 5:2)
Daniel:
Daniel se lojaliteit aan God, asook sy werkgewer is onbesproke.
Dink hoe moeilik dit moes wees, as Jood om hoof owerste oor al die wyse nie-jode, nie Bybel-gefundeerde leiers te wees nie.
Toe het die koning Daniël verhef en hom baie, groot geskenke gegee en hom aangestel as heerser oor die hele provinsie Babel en as hoofowerste oor al die wyse manne van Babel.
() Hy het nooit sy posisie misbruik nie.
Inteendeel hy het die belang van die koning openlik verdedig en beskerm: Toe het hierdie Daniël bo die ministers en die landvoogde uitgemunt, omdat ’n voortreflike gees in hom was; daarom was die koning van plan om hom oor die hele koninkryk aan te stel.
() Hulle kon niks fout vind nie, buiten sy godsdiens nie: Toe het die ministers en die landvoogde gesoek om ’n grond vir ’n aanklag teen Daniël te vind met betrekking tot die regering, maar hulle kon geen enkele grond vir ’n aanklag of verkeerde handeling vind nie, omdat hy getrou was en geen nalatigheid of verkeerde handeling by hom te vinde was nie.
()
Die lewe van ‘n dienskneg is beskerm en waardevol
‘n slaaf se lewe was beskerm: En as iemand sy slaaf of slavin met ’n stok slaan, dat dié onder sy hand sterwe, moet dit sekerlik gewreek word.
()
Slawe kon hulle vryheid bekom saam met sy hele gesin.
(, )
Slawe wat vrygelaat is moet jy hom nie met leë hande laat weggaan nie.
Jy moet hom ’n behoorlike voorraad saamgee van jou kleinvee en jou dorsvloer en jou wynpers; waarin die Here jou God jou geseën het, daarvan moet jy aan hom gee ()
Hulle was beskerm deur die wet: jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd ()
Die diensknegte moet ook op die sabbat rus ()
‘n goeie dienskneg verkry groter gesag en verantwoordelikheid:
Getrouheid bring ewige aanstelling van gesag: En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel.
Gaan in in die vreugde van jou heer.
()
Die siek dienskneg wat baie werd was vir die Hoofman, kom vra Jesus vir sy genesing: ()
Vrywillige Slawerny
Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.
Is jy as slaaf geroep, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook vry kan word, maak daar des te meer gebruik van.
Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ’n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ’n slaaf van Christus.
Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.
Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God.
() Die grootste verskil in perspektief die nuwe verbond perspektief werp op slawerny, is die opheffing van verpligting.
Deur die eeue is mense verplig op grond van hulle velkleur, etnisiteit en klas om ‘n dienskneg te wees.
Daar is net eenvoudig nie ‘n keuse gegee nie.
Daar is van jou verwag om ‘n slaaf te bly.
Paulus lig hierdie verpligting, en wys op die betekenis van roeping.
Adam en Eva het beide gewerk in die begin, en nie slawe gehad om dinge vir hulle te doen nie.
Ware geestelike slawerny is om nie jou roeping en skeppingsdoel na waarde te ag nie.
Adam en Eva was in God se beeld geskape, maar is mislei om iets te doen, of te eet.
“julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken” () Esau verkoop sy geboortereg sonder om die konsekwensies te bereken.
(; )
Die Filemon brief gee ons ‘n pragtige verduideliking van hoe daar met ‘n dienskneg omgegaan word, wat nou ‘n broer geword het.
Paulus erken Filemon se gesag, Maar ek wou niks sonder jou instemming doen nie, sodat jou weldaad nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.
()
SKRIFBEGINSELS VIR WERKNEMERS
Daar is basies twee primêre rolle in die Bybel in terme van die werksplek, die van eienaar en van dienskneg.
In Christus word hierdie onderskeid verwyder voor God.
(Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.()
’n Leerling is nie bo die meester nie en ’n dienskneg ook nie bo sy heer nie.
() Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ’n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ’n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie.
()
Tog verklaar Paulus; Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.
Is jy as slaaf geroep, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook vry kan word, maak daar des te meer gebruik van.
Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ’n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ’n slaaf van Christus.
()
Jesus bied aan ons die voorbeeld as dienskneg – () Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9