Ontwaak tot die ware Jesus, Christus.
Sermon • Submitted
0 ratings
· 10 viewsNotes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
In 1956 was daar ‘n Televisie program “to tell the truth”. Vier bekende persoonlikhede moes vier onbekende persone leer ken. Almal met dieselfde naam. Net een van die vier was die egte, werklike houer van die naam. Die ander drie persone was akteurs. Op die einde van die spel, moes die werklike persoon opstaan, vele kere tot almal se verbasing.
📷In 1956 was daar ‘n Televisie program “to tell the truth”. Vier bekende persoonlikhede moes vier onbekende persone leer ken. Almal met dieselfde naam. Net een van die vier was die egte, werklike houer van die naam. Die ander drie persone was akteurs. Op die einde van die spel, moes die werklike persoon opstaan, vele kere tot almal se verbasing.
As Jesus vandag moes leef, waar sou Hy bly? Hoe sou hy lyk? Met wat sou Hy Homself besig hou? Toe Shane Claiborne, en van sy teologiese vriende hulleself hierdie vraag vra, het hulle opeindig in Culcatta, Indië by Moeder Teresa. In 1950 stig Teresa die Missionaries of Charity, 'n Rooms-Katolieke gemeente wat meer as 4500 nonne gehad het en in 2012 in 133 lande aktief was. Die bediening bestuur huise vir mense wat sterf aan MIV / vigs, melaatsheid en tuberkulose. Dit bied ook sopkombuise, apteke, mobiele klinieke, kinder- en gesinsadviesprogramme, sowel as weeshuise en skole aan. Lede neem geloftes van kuisheid, armoede en gehoorsaamheid, en bely ook 'n vierde gelofte - om 'heelhartige gratis diens aan die armstes van die armes te verleen'. In Shane Claiborne se boek ‘The irresistable revolution’ skryf hy van sy reis, om Jesus te herontdek, onder armste van die armstes. [1]
Die baie name van God, is mense se refleksie, en verering van wat God vir elkeen gedoen en beteken het. Hagar, Sarai se slavin noem God: El-roi-die God wat sien (); Abraham – Jehova Jireh – Die God wat voorsien (, ); Moses, en Josua verslaan die Amalakiete – Jehova Nissi – God ons banier (, ); Die bitter water van Mara word drinkbaar – Jehova Rapha – Die God wat genees ().
Die werklikheid van Jesus is eenvoudig:
As jy Hom ontmoet, sal jy nooit weer dieselfde wees nie!
‘n Ontmoeting met Jesus is egter meer as net: Kennismaking. Dit is soos om vanuit jou slaap in ‘n vreemde omgewing wakker te word en bewus te word van ‘n gans anderse wêreld. Wanneer jy Hom sien, sien jy Hom orals. Hoe meer jy Hom sien en Hom leer ken, verander jou sien; jy sien jouself en die hele wêreld nou in ‘n ander lig.
Die gevaar deur die eeue wat godsdiens betref is ons “default’ terug in die maak van ons eie afgode. Van die 293 keer waar die woord afgod in die Bybel voorkom, is 39 keer in die NT. Afgodery word elke keer ingesluit in die lysies van sonde, werke van die vlees in die NT. (: ) Dieselfde kan selfs met Jesus gebeur:
Ons sien Jesus,
deurdat die skrif vir ons oopgaan,
of omdat ons sy liefde beleef dmv ‘n volgeling van Jesus wat gehoorsaam was,
of deurdat ons tot oortuiging kom van ons eie sonde,
of omdat ons een of ander bonatuurlike belewenis gehad het,
of omdat ons aanvaarding voel in ‘n gemeente, of kleingroep,
of omdat Hy ons genees het,
of bevry het van boosheid,
of omdat Hy ons gehelp het om ‘n stukkende verhouding te herstel,
of omdat ons onsself in Hom ontdek het!
Dis alles Jesus se werk, ons moet net oppas dat ons nie dink dat ons belewenis van Jesus, al is wie Jesus is nie. Daarom is die oproep van Jesus om in Hom te glo, nie Hom te aanbid nie. Om Hom te volg nie net te ‘like’ nie. Jesus is ‘n persoon, Hy is dinamies, Hy is paradoksaal, Hy is God onmeetbaar, Hy is misterieus! Daarom kan niemand, alleen ‘n greep op Hom kry, en namens Hom praat nie. Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. ()
Sedert ons begin het met die Radio Program Dagbreek elke weeksoggend om 6:00-6:45 het ons verskeie diverse aspekte van Sy persoon begin ontdek: Die ewigheid, bonatuurlike, mens-mens, revolusionêr, pasifis, bediende, alleen, lydende, sagmoedige, maar met gesonde humeur, redelike, ridder Jesus. Inteendeel ons het nou alreeds 30 temas oor die persoon van Jesus bespreek!
“Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?”
Dis is van wesenlike belang, inteendeel van ewige-lewe wesenlike belang dat elke mens seker sal maak, hulle volg die werklike Jesus.
“Oh, come, come, come, into the presence of Jesus and wait on Him, and He will reveal Himself to thee. I pray God that He may use His precious Word. It is simply - The presence of the Lord Jesus. That is the secret of the Christian's strength and joy.” “Instead of indwelling sin, an indwelling Christ conquering it; instead of indwelling sin, the indwelling life and light and love of the blessed Son of God.”
Andrew Murray 'Jesus Himself'
“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.” ()
Godsdiens kapitaliseer op die handelsnaam van Jesus: Sonder die persoon Jesus. Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af. () Die Antichris, of valse Jesus narratief was ‘n wesenlik probleem in die Jesus beweging se ontstaan, maar nog meer nog vandag! ( pp ; ; ; ; )
Jesus is soos ‘n lig-huis wat elke nou en dan, soos die golwe jou op en af slinger, op die horison blink. Dan sien jy die lig-huis, dan sien mens net reuse golwe. Jesus is soos ‘n lineaal, rigsnoer, waterpas wat jou lewe reguit trek. Jy kan Hom nooit net neersit, en dink jy kan aanhou bou sonder om Hom gereeld te gebruik nie. Hy is soos die musiek instrument “tuner’ wat gereeld gebruik moet word om seker te maak, ons is nog op die noot.
Hierdie self-sien, is dus onombeerlik tot elke gelowige se bestaan: die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof (
Samaritaanse Vrou
Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U ’n profeet is.
Sondaar aan die kruis
En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
Johannes
Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan, en hy het gesien en geglo.
Thomas
Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.
Emmaus Gangers
Toe gaan hulle oë oop, en hulle het Hom herken, maar Hy het uit hulle gesig verdwyn. Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?”
Paulus
Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen?
Petrus
Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.
Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees. ()
Johannes
“Oh, come, come, come, into the presence of Jesus and wait on Him, and He will reveal Himself to thee. I pray God that He may use His precious Word. It is simply - The presence of the Lord Jesus. That is the secret of the Christian's strength and joy.” “Instead of indwelling sin, an indwelling Christ conquering it; instead of indwelling sin, the indwelling life and light and love of the blessed Son of God.”
Andrew Murray 'Jesus Himself'
Godsdiens kapitaliseer op die handelsnaam van Jesus: Sonder die realiteit van die persoon Jesus.
“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.” ()
Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af. ()
Achievements without Christ turn out to be arrogance.
Church without Christ turn out to be dead religion.
Education without Christ turn out to be empty philosophy.
Healing without Christ turn out to be addiction.
Humanity without Christ turn out to be humanism.
Laws without Christ turn out to be legalism.
Prayer without obedience to Christ turn out to be witchcraft.
Prosperity without Christ turn out to be materialism.
Unity without Christ turn out to be man-centred Babel.
Vision without Christ turn out to be ambition.
Work without Christ turn out to be slavery.
Worship without Christ turn out to be idolatry.
Deur die kerk geskiedenis, kan mens duidelik die op-en-af fluksiasie van wanneer ons wel op die noot was, en wanneer ons vals was raakhoor en sien.
Wanneer mense regtig met Jesus ontmoet het en Hy vir jou ‘n werklikheid is:
is jy vry van verslawing, en destruktiewe lewenstyl en gewoontes.
is daar eenheid, en ‘n dryfkrag om Sy liefde aan ander oor te dra.
wil Jy bid, en gaan die skrif vir jou oop.
is jy bereid om vervolging te verduur.
is daar ‘n innerlike sin vir regdink en regdoen.
is jy bemagtig om te doen wat Hy gedoen het.
is daar ‘n trekkrag na deelwees van geloofsgemeenskap.
is daar begeerte om te groei, en korreksie te ontvang.
is jy nie meer skaam vir Hom nie. Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo. ()
Die lys kan nog aangaan. Maar dis eenvoudig, waar Jesus Lewe, en regeer verander Hy ons elke dag. Hoe meer ons Hom leer ken, leer ons, onsself ken. () Watchman Nee, leer in sy boek “Christ the sum of all things” [2] Ons oorwin sonde, verkeerd doen, die merk mis nie deur een of ander metode nie. Jesus is die metode! Daarom bly ons by Hom, volhg ons Hom, sien ons Hom, en word ons verander van heerlikheid tot heerlikheid! ()
Jesus se opstanding
Jesus se opstanding
Sommige leer dat Jesus, nooi regtig geleef het nie, maar een of ander pseudo-argetipe-skyn Jesus was. Ons het die mens-mens wees van Jesus, al mooi deurgetrap in Dagbreek. Dis juis sy menswees, wat ons inspireer, hoop gee, en anker dat om soos Jesus te leef, moontlik is vir gewone mense.
Die 2de aanval teen ons geloof, is dat Jesus nie werklik opgestaan het nie. In 1995 het O.J. Simpson tereg gestaan vir die moorde van sy eksvrou en haar vriend. Dit word onthou as die mees gepubliseerde kriminele verhoor in die Amerikaanse geskiedenis. Dit blyk dat al die getuienis op “O.J.” se skuld dui. Die belangrikste bewysstukke wat die saak van die vervolging ontrafel het, was 'n bloedbevlekte handskoen wat op die misdaadtoneel versamel is. Johnnie Cochran, die hoë profiel advokaat van O.J., het aan die jurie gesê "as dit nie pas nie, moet u vryspraak doen!". Simpson is op grond van redelike twyfel, uiteindelik vrygespreek. Baie beskou dit as een van die grootste ongeregtighede in die geskiedenis van strafregtelike verhore.
Die opstanding van Jesus Christus, is die kernbewys, en anker van ons geloof. As Jesus nie opgestaan het nie, is ons geloof sinloos, en bloot morele mooi beginsels. (Lees die hele ) as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. () Selfs in hierdie hoofstuk, en die manier hoe Paulus hieroor skryf om as te ware die vyande van ons geloof skietkos te gee. Wys op die vastigheid, van sy eie oortuiging. Hy was immers ook eers ‘n vervolger van die volgelinge van die weg.
Dit die een aspek van ons geloof waar die getuienis vir Sy opstanding bloot oorweldigend en onteenseglik is: Dis die een aspek waar ons nie hoef rond te trap, en wonder nie!
Jesus voorspel Sy opstanding:
Jesus het verskeie kere, Sy volgelinge openlik vertel dat Hy tot die dood veroordeel gaan word, en dan gaan opstaan op die 3rde dag. (, , , ) Dit is soos Bono, die bekende sanger van U2 sê; wanneer hy C.S. Lewis ook eers ‘n atheis, wat tot inkeer gekom het aanhaal: “dat Christus óf 'n leuenaar, 'n waansinnige of die Here was” Die feit dat Hy openlik Sy einde voorspel, en dan presies doen wat Hy gesê het, is die krag van die evangelie.
Jesus se dissipels se twyfel verander na geloof:
Sy eie dissipels moes eers oortuig word: Want hulle twyfel in die begin, word nie verbloem of weggesteek nie. Hy sê toe vir hulle: “Waarom is julle so verskrik, en waarom kom daar twyfel in julle harte? () When they saw Him, they worshiped Him; but some doubted. () Wanneer volgelinge ‘n leuen fabriseer, oordoen hulle die positiewe, en swyg oor die foute, veral hulle eie broosheid.
“En ons is getuies van alles wat Hy in die Joodse land en in Jerusalem gedoen het. Hulle het Hom doodgemaak deur Hom aan die kruis te hang. Maar God het Hom op die derde dag uit die dood opgewek en Hom laat verskyn, nie aan die hele volk nie, maar net aan ons vir wie God reeds gekies het om getuies daarvan te wees, ons wat ná sy opstanding uit die dood saam met Hom geëet en gedrink het.
Die dissipels se getuienis is deurslaggewend, omdat hulle niks finansieel sou baat, of posisies van aansien verkry deur die opspraakwekkende getuienis nie. Inteendeel, hulle is almal vervolg, asook hulle geliefdes, en familie. Hulle getuienis is ook ‘n teenspraak teen hulle hele opvoeding, kultuur en selfs nasionaliteit. See also ; ,,; ; ;
Jesus verskyn aan verskillende mense:
Jesus het aan verskeie mense verskyn: Ná sy dood het Hy aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van God gepraat. ()
Sy dissipels ; ; ; ,; ;
Maria Magdaleen: ;
Die Emmausgangers
Petrus: ;
Paulus pp pp ; ;
Meer as 500 mense
Jakobus Jesus se eie broer wat eers nie geglo het nie
Die onteenseglike getuienis van die NT
Wanneer jy ‘n leuen fabriseer, los jy skietkos wat later teen jou gebruik sou word nie. Die feit dat die vroue se getuienis nie weggelaat is nie, terwyl hulle getuienis nie gewig gedra het in Bybelse tye nie. Die verskille rakende die detail soos die hoeveelheid, engele, en wie eerste by die graf was word net so in die evangelies gelos.
Die feit dat die evangelies geskryf is, in die tyd waar die hoorders van die evangelies, self ook getuies was van wat gebeur het. Lukas stel die meer direk: Hooggeagte Teofilus! Daar is baie wat onderneem het om 'n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het. Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was. Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. So kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is. ()
Die dood en opstanding word ook in die OT geskrifte voorspel:
U gee my nie oor aan die dood nie. U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie. ()
Ek het my rug gehou vir dié wat my slaan, my wang vir dié wat my baard uittrek. Ek het my gesig nie weggedraai toe ek bespot en bespoeg is nie. ()
Lees die hele hoofstuk van ()
Buite Bybelse Bronne:
Daar was in hierdie tyd Jesus, ’n wyse man, as dit geregverdig sou wees om hom ’n man te noem, want hy het wonderlike dade gedoen, ’n leermeester van mans wat die waarheid met vreugde ontvang. Hy het baie Jode na hom toe aangetrek, en ook baie Grieke. Hierdie man was die Christus. En toe Pilatus hom tot die kruis veroordeel het, nadat hy beskuldig is deur die belangrikste mans onder ons, het dié wat hom van die begin af liefgehad het hom nie in die steek gelaat nie, want hy het op die derde dag weer lewend aan hulle verskyn, soos die Goddelike profete hierdie en tienduisende ander wonderlike dinge oor hom voorspel het. En selfs nou het die groep Christene, só na hom vernoem, nie uitgesterf nie (Josefus, AJ, 18.3.3). [3]
Heel van die begin af was die oortuiging dat Jesus uit die dood opgewek is dít waarby hulle hele bestaan gestaan of geval het. Daar was geen ander motief om hulle te verantwoord nie, om hulle te verduidelik nie ... Op geen plek in die Nuwe Testament is daar enige bewyse dat die Christene gestaan het vir ’n oorspronklike lewensfilosofie of ’n oorspronklike etiek nie. Hulle enigste funksie was om te getuig oor dít wat hulle sê ’n ware gebeurtenis was, naamlik die opstanding van Jesus uit die dood ... Die een werklik onderskeidende feit waarvoor die Christene gestaan het, was hulle verklaring dat Jesus uit die dood opgewek is volgens God se plan, en die gevolglike beskouing van Hom as in ’n unieke sin die Seun van God en verteenwoordigende mens, en die gevolglike begrip van die weg tot versoening (Anderson, CWH, 100-101). [4]
Die krag van Sy opstanding, ‘n werklikheid in ons lewe vandag
Van verganklik tot onverganklike.
Van sterflik tot onsterflik.
Van oneer tot eer.
Van dood tot lewend.
Van natuurlike tot bonatuurlike.
Dít verseker Ek julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in. Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou. As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer.
En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered
en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,
sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik. Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.
Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
[1] Claiborne, S. (n.d.). The irresistible revolution. Zondervan.
[2] Nee, W. (1973). Christ the sum of all spiritual things. New York: Christian Fellowship.
[3] Mc Dowell, J. (1993). Evidence that demands a verdict. Nashville: Thomas Nelson Publishers. (bl 258)
[4] Anderson, J.N.D. “The Resurrection of Jesus Christ.” Christianity Today, 29 Maart 1968.