DIE PASTOOR WAT SY KERK LEEG PREEK.

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 45 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →
Die kerk is siek en strompel voort. Mense drink uit gebarste bakke en nie by die fontein nie.
Waar is die lewe in oorvloed?
Ons is nie meer Pinkster nie. Beleef wat ons glo nie.
1. DIE GEMEENTELEDE WIL DIE PASTOOR DOOD MAAK
Lukas 4:28–30 (Die Lewende Bybel)
28 Toe hulle dit hoor, was almal in die sinagoge vir Hom woedend kwaad.
29 Hulle het opgespring en Hom by die deur uitgedruk. Hulle dorp het teen ’n berg gelê, en hulle neem Hom toe teen die berg uit om Hom by ’n afgrond af te gooi.
30 Maar Hy het tussen hulle deur geloop en wegegaan.
(The Message)
28 That set everyone in the meeting place seething with anger.
29 They threw him out, banishing him from the village, then took him to a mountain cliff at the edge of the village to throw him to his doom,
2. DIE KERK LOOP LEEG.
Johannes 6:60–67 (Die Lewende Bybel)
60 Toe hulle dit hoor, het baie van sy aanhangers gesê: “Nou sê Hy darem onmoontlike dinge. ’n Mens kan tog nie so iets glo nie.”
61 Sonder dat iemand vir Hom gesê het, het Jesus geweet hulle is ontevrede en Hy sê toe vir hulle: “Kan julle dit nie glo nie?
62 Wat sal julle dan sê as julle vir My, die Redder, sien teruggaan na die hemel toe waar Ek vandaan gekom het?
63 Dit is net die Gees van God wat vir ’n mens die lewe kan gee. Menslike krag kan hier niks help nie. My woorde is uit die Gees en gee lewe.
64 Maar party van julle glo nie in My nie.” (Jesus het van die begin af geweet wie nie glo nie en Hy het ook geweet watter een Hom sou verraai.)
65 Hy sê toe verder: “Dit is daarom wat Ek vir julle gesê het: niemand kan na My toe kom as die Vader hom nie na My toe bring nie.”
66 Toe hulle dit hoor, het baie van sy aanhangers hulle vertroue in Hom verloor en wou nie meer by Hom bly nie.
67 Daarom vra Jesus toe vir die twaalf dissipels: “En wat van julle? Wil julle nie ook weggaan nie?”
3. (Die Lewende Bybel)
26 Maar iemand wat my woorde hoor en nie daarvolgens lewe nie, is soos ’n onverstandige mens wat sy huis op die sand bou.
4. ‘N BYBELSE OPLOSSING VIR ONS PROBLEEM
(Die Lewende Bybel)
4 Een keer toe Hy so by hulle was, het Hy hulle beveel: “Julle moet nie nou al van Jerusalem af weggaan nie, maar bly daar totdat die Vader julle gee wat Hy beloof het. Hieroor het Ek al vantevore met julle gepraat.
5 Johannes het die mense met water gedoop, maar julle sal oor ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.”
(Die Lewende Bybel)
8 Maar as die Heilige Gees na julle toe gekom het, sal God julle die krag gee om mense van My te vertel in Jerusalem en in die hele gebied van Judea en Samaria en tot in die verste lande van die wêreld.”
(Die Lewende Bybel)
38 Petrus antwoord toe: “Elkeen van julle moet hom bekeer en hom laat doop in die naam van Jesus Christus. Dan sal God julle sondes vergewe en julle die Heilige Gees gee.
(Die Lewende Bybel)
37 Toe die mense dit hoor, het dit hulle aangegryp en hulle vra vir Petrus en die ander apostels: “Broers, wat moet ons nou doen?”
38 Petrus antwoord toe: “Elkeen van julle moet hom bekeer en hom laat doop in die naam van Jesus Christus. Dan sal God julle sondes vergewe en julle die Heilige Gees gee.
Related Media
See more
Related Sermons
See more