Welvaartsteologie tot op sy been ontbloot.

Geloof  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 23 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →
Ons is gewikkel in ‘n stryd om ons geloof te behou. Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het. () Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. ()
Ons is gewikkel in ‘n stryd om ons geloof te behou. Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het. () Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. ()
Toets of jy in die geloof is:
Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe ()
Geloof is die “een ding” die “sweetspot” van ons wandelsreis met God.
As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon. ()
As iemand egter twyfel en tog eet, is hy klaar veroordeel omdat hy dit nie uit geloofsoortuiging doen nie. En enigiets wat 'n mens nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde. ()
Geloof begin wanneer God se wil vir die mens bekend word.
Hierdie is ons grootste probleem. Wil God jou seën? Wil God jou genees?
Sommige kerke verkondig die teologie van armoede, die ander van voorspoed. Watter een is die regte een?
Wat jy sien is die grootste hindernis tot jou geloof.
want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. ()
Jesus het nie die storm stil gemaak toe Hy Petrus beveel het om op die water te loop nie.
Om in God se rus te bly, is ‘n daaglikse geveg.
Ons veg met dankbaarheid, omdat ons in die gees alreeds die oorwinning sien.
Die Jode dink altyd vanaf die einde terug. Hulle sien alreeds die uitkoms, die oplossing, en dan werk hulle terug om dit te implimenteer.
Ons identiteit is dat ons eerstens Sy kinders is: Jy hoef niks te doen om sy kind te wees nie.
As jou identiteit nie geanker is in verbondenheid met Christus nie, gaan die golwe van die lewe jou slinger teen die rotse.
Geloof is nie iets wat jy in jou gedagtes doen nie, dit is ‘n daad. Geloof is dade!
“Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” ()
God se definisie van voorspoed verskil radikaal van dit van die mens. God se definisie is dat ons voorspoedig is te midde van swaarkry. Dat ons vrede het te midde van oorlog. Dat ons gesond is te midde van siektes.
Vrees is ’n mens se grootste vyand. Vrees het nog nooit ’n probleem opgelos nie. Vrees het nog nooit ’n helpende hand aan iemand gegee nie. Vrees het nog nooit werk geskep of ’n siekte genees nie. Vrees het nog nooit iemand laat lag of iemand bemoedig nie. Vrees het nog nooit ’n verhouding herstel of gebou nie, nog nooit ’n huwelik gered nie. Vrees het nog nooit ’n land geplant, iemand kos gegee, ’n onderneming (besigheid) begin of ’n toekoms vir iemand anders geskep nie. Vrees het nog nooit iemand bemagtig vir ’n taak nie, maar wel baie mense lamgelê. Maar geloof en liefde doen daagliks alles wat vrees nooit doen nie.
Related Media
See more
Related Sermons
See more