VOLG MY!
Sermon • Submitted
0 ratings
· 3 viewsNotes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
EKSODUS 14:1-20
Die Here laat die Farao Israel agternasit
Die Here laat die Farao Israel agternasit
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Sê vir die Israeliete hulle moet wegdraai en kamp gaan opslaan by Pi-Hagirot, tussen Migdol en die see. Dit is regoor Baäl-Sefon naby die see. 3Die Farao sal dan dink dat die Israeliete verdwaal en in die woestyn vasgeval het. 4Ek gaan die Farao weer hardkoppig maak. Hy gaan die Israeliete agternasit. Die Farao en sy hele weermag sal uiteindelik voor My moet buig. Egipte sal moet erken dat Ek die Here is.” Die Israeliete het toe so gemaak.
5Toe die koning van Egipte hoor waarheen die Israeliete op pad is, het hy en sy leiers hulle besluit verander. Hulle het gesê: “Wat op aarde het ons besiel om die Israeliete sommerso te laat wegkom?” 6Die Farao het sy oorlogswa en sy perde laat inspan om hulle met sy troepe agterna te sit. 7Hy het 600 waens uitgesoek. Op elkeen was daar drie manne. 8Die Here het die Farao kop laat verloor. Hy het soos ’n mal ding agter die Israeliete aan gestorm. Die Here het Israel egter teen die Egiptenaars beskerm. 9Die Egiptenaars met die Farao se oorlogswaens en sy perde en sy hele leërmag is agter die Israeliete aan. Hulle het die Israeliete ingehaal waar hulle by die see kamp opgeslaan het by Pi-Hagirot, regoor Baäl-Sefon.
Die Israeliete raak paniekbevange
10Terwyl die Farao al nader kom, het die Israeliete hulle nekke gerek om te sien wat aan die gang is. Toe hulle sien dis die Egiptenaars wat agter hulle aan is, het hulle hulle boeglam geskrik. Hulle het die Here begin soebat om hulle tog te help.
11Hulle het Moses ook begin verwyt: “Was daar nie genoeg plek in Egipte om ons sommer daar al te begrawe nie? Moes jy ons hier na die woestyn toe bring dat ons hier kan doodgaan en hier begrawe word? Wat het jy met ons aangevang om ons uit Egipte te laat padgee?
12Het ons nie in Egipte al vir jou gesê nie: ‘Los ons uit, dat ons eerder vir Egipte kan werk’? Dis tog baie beter om slawe in Egipte te wees as om hier in die woestyn dood te gaan!”
13Moses het egter vir die volk gesê: “Hou op om bang te wees. Staan vas net waar julle is. Julle gaan vandag sien hoe wonderlik die Here julle gaan red. Daardie Egiptenaars wat julle vandag daar voor julle sien, sal julle in der ewigheid nooit weer sien nie.
14Wees julle maar net kalm. Die Here sal in julle plek veg.”
’n Uitvlugroete deur die see
15Die Here vra toe vir Moses: “Vir wat staan julle so en roep na My om julle te help? Sê vir die Israeliete hulle moet begin beweeg.
16Lig op jou kierie en steek jou hand uit na die see se kant toe. Die water sal voor julle oopmaak sodat die Israeliete op droë grond deur die see kan loop.
17-18Ek sal die Egiptenaars vasberade maak om hulle agterna te sit en agter hulle aan te gaan die see in. Wanneer Ek met die Farao en sy hele leërmag en sy oorlogswaens en hulle perde klaargespeel het, sal Ek vereer word. Egipte sal moet erken dat Ek die Here is.”
19Die man uit die hemel wat God voor die Israeliete laat uitgaan het wanneer hulle op pad was, het toe aan hulle agterkant gaan staan. Die wolk in die lug wat voor hulle uitgegaan het, het ook aan hulle agterkant gaan staan.
20Dit het tussen die Israeliete en die leër van die Egiptenaars ingeskuif. Die wolk het dit in die nag lig gemaak aan Israel se kant en donker aan die Egiptenaars se kant. Dit het die twee groepe uit mekaar gehou sodat hulle nie gedurende die nag nader aan mekaar kon kom nie.
As ons hierdie storie lees Word ons bewus van die almag en Krag van God. Hy is ‘n verlosser en kan alles doen.
Waarom spartel ons dan so in hierdie lewe? Waarom kan ons nie oorwinning behaal nie?
Ons is nie bewus van die krag wat in ons is nie.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
31 maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
(NRSV)
31 but those who wait for the Lord ……...
(AFRIKAAN)
4 Terwyl Hy ’n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: “Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het.
1. ONS BELEEF SPANNING EN ANGS. WAAROM?
Ons is uit pas uit. Weermag Peloton! ‘n afdeling. GEWOONLIK 21-30 PERSONE.
Langste persoon moet pas aangee.
2. OPLOSSING IS WANDEL DEUR DIE GEES. “keep in step with the spirit”
(Die Lewende Bybel)
16 My raad aan julle is dit: laat die Heilige Gees toe om alles te beheer wat julle doen. Dan sal julle nooit toegee aan die sondige drange van julle menslike geaardheid nie.
(Die Lewende Bybel)
25 Die Heilige Gees het ons ’n nuwe lewe gegee. Ons moet Hom dan ook toelaat om ons te lei in alles wat ons doen.