LEEF SOOS GOD WIL HÊ JULLE MOET LEEF
Sermon • Submitted
0 ratings
· 22 viewsNotes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
(AFRIKAAN)
1 Ek druk julle dit op die hart, ek wat ’n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.
(Die Lewende Bybel)
1 Hier uit die tronk waar ek opgesluit is omdat ek die Here dien, wil ek julle ernstig vra: leef soos God wil hê julle moet leef, want dit is Hy wat julle geroep het.
(The Message)
1 In light of all this, here’s what I want you to do. While I’m locked up here, a prisoner for the Master, I want you to get out there and walk—better yet, run!—on the road God called you to travel. I don’t want any of you sitting around on your hands. I don’t want anyone strolling off, down some path that goes nowhere.
1. BOODSKAP UI DIE TRONK
“wil ek julle ernstig vra: leef soos God wil hê julle moet leef, want dit is Hy wat julle geroep het.”
Wat ‘n mens doen raak ten minste 25 mense in jou verwysings groep “peer group”
Dit raak veral God, die kerk, en jou Mede Gelowiges, jou gesin.
Paulus het sy hele lewe gemeet aan die vraag: Hoe gaan gaan dit God raak, Sy saak affekteer.
2. ONS BEGIN EER BY ONS SELF
Arme ek!! Gaan dit vir my pyn veroorsaak, seer? Wat gaan dit my kos? God kan alles bekostig wat hy van jou vra om te gee. Ons dink aards.
Paulus begin by sy staanplek in Christus Jesus in die Hemel waar God is. Hoe gaan God verheerlik word? Wat wil God my Leer. Wat is God se oplossing en plan
Kry God se visie 2020 visie
3. KRY ‘N GOD BEWUSTHEID.
Die beste definisie vir Dissipelskap.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
8 Ek stel die Here altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.
9 Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;
(The Message)
8 Day and night I’ll stick with God; I’ve got a good thing going and I’m not letting go.
9 I’m happy from the inside out, and from the outside in, I’m firmly formed.
Dawid was voortdurend bewus van God. Hy het God vertrou en geglo.
4. PAULUS HET OOK HIERDIE BEWUSTHEID GEHAD.
(Die Lewende Bybel)
12 Broers, ek het goeie nuus vir julle. ’n Mens sou dit nie verwag het nie, maar die boodskap oor Christus is juis aangehelp deurdat ek nou hier in die tronk sit.
13 Al die offisiere en manskappe van die paleiswag en ook al die ander weet nou dat dit ter wille van Christus is dat ek opgesluit is.
14 Die Here het vir die meeste van die Christene wat hier is meer vertroue gegee toe hulle my in die tronk gesien het. Hulle het nuwe moed geskep en neem die woord van God na ander toe sonder om bang te wees.
(The Message)
12 I want to report to you, friends, that my imprisonment here has had the opposite of its intended effect. Instead of being squelched, the Message has actually prospered.
13 All the soldiers here, and everyone else, too, found out that I’m in jail because of this Messiah. That piqued their curiosity, and now they’ve learned all about him.
14 Not only that, but most of the followers of Jesus here have become far more sure of themselves in the faith than ever, speaking out fearlessly about God, about the Messiah.
· Dit gaan nie oor ons nie maar oor die saak van God
5. JY GLO GOD OF NIE.
(Die Lewende Bybel)
28 Ons weet dat God alles wat gebeur, laat saamwerk tot ons voordeel as ons Hom liefhet, want God het ons geroep omdat Hy vooraf so besluit het.
(NLT)
28 And we know that God causes everything to work together for the good of those who love God and are called according to his purpose for them.
6. VERANDER JOU HOUDING “ATTITUDE”
(Die Lewende Bybel)
6 Daar is baie dinge waaroor ek sou kon spog as ek wou, en ek sou nie ’n gek van myself maak nie, want dit is die waarheid. Maar ek doen dit liewer nie, want ek wil hê dat mense hulle eie opinie moet vorm as hulle sien wat ek elke dag doen, en as hulle hoor wat ek sê.
7 Die Here het geweet dat ek dalk hoogmoedig kan word oor die wonderlike dinge wat hy my gewys het. Daarom het hy my ’n probleem gegee en ek is nou soos iemand wat met ’n pynlike doring in sy liggaam leef. Dit is ’n engel van Satan wat my aanhoudend met die vuis slaan, en dit maak dat ek nie hoogmoedig raak nie.
8 Ek het drie maal gebid oor hierdie saak en die Here gevra om dit weg te neem.
9 Maar Hy het vir my gesê: “Die genade wat Ek jou gee, is genoeg. Hoe swakker jy is, hoe meer kan my krag deur jou werk.” Daarom verkies ek nou om oor my swakheid groot te praat, want as ek swak is, kan die krag van Christus in my woon.
10 Ek is eintlik bly as ek ter wille van Christus swak is of beledig word of in die nood is of vervolg word of in ’n hoek gekeer word. Want as ek swak is, dan is ek sterk.