DIE HERE HET MY BYGESTAAN. JESUS DOEN HUISBSOEK
Sermon • Submitted
0 ratings
· 19 viewsNotes
Transcript
(Die Lewende Bybel)
16 Toe ek die eerste keer in die hof verskyn het om my saak te verdedig, was daar niemand wat my ondersteun het nie. Hulle het my almal in die steek gelaat. Mag die Here dit nie teen hulle laat tel nie.
17 Maar al was ek alleen, was die Here by my en Hy het my krag gegee om die boodskap wat Hy aan my toevertrou het tot op die laaste te bring sodat al die volke dit kan hoor. Hy het my uit die leeu se bek gered
“We’re disappointed by things that happen to us, but we can’t let disappointment deteriorate into discouragement, and we can’t let discouragement become depression.” The heroes of the Bible faced the triple threat of disappointment, discouragement, and depression.[1]
KOM ONS ONDERSOEK WAT DIE WOORD SÊ OOR GOD SE BETROKKENHEID
A. BEGIN MET DIE ALOMTEENWOORDIGE VERSE, OOR GOD SE ONMEETBAAR ONGENEIGDHEID IN DIE HEELAL
(Afrikaanse Ou Vertaling)
27 Maar sou God werklik op die aarde woon? Kyk, die hemel, ja, die hoogste hemel kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie huis wat ek gebou het.
(Afrikaanse Ou Vertaling)
23 Is Ek ’n God van naby, spreek die Here, en nie ’n God van ver nie?
24 Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die Here. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die Here.
(AFRIKAAN)
1 So sê die Here: Die hemel is my troon en die aarde die rusplek vir my voete. Hoe moet die huis dan wees wat julle vir My bou, die plek waar Ek kan woon?
(AFRIKAAN)
7 Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?
8 Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.
9 Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste,
10 ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas.
B. KYK NA DIE TEENWOORDIGHEID VERSE
(AFRIKAAN)
14 Toe het die Here gevra: “Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?”
(AFRIKAAN)
11 U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is
1 Vir die koorleier. Van die Koragiete. Op die wysie van “Jong Vroue”. ’n Lied.
(AFRIKAAN)
13 Ek weet, die Here behartig die regsaak van die hulpelose, Hy sorg vir die reg van die arme.
(Die Lewende Bybel)
18 Ons het dan nou twee dinge—God se belofte en die eed wat Hy gesweer het. Nie een van die twee kan verander word nie, en God kan ook nie lieg nie. Dit gee vir ons wat na God toe gevlug het om gered te word die moed om vas te hou aan wat Hy beloof het.
19 Om so op God te vertrou, is vir ons lewens ’n anker wat vas en seker is, want dit verbind ons aan God self in die binneste heiligdom van die hemelse tempel
C. KYK NA DIE MET ONS VERSE
(Die Lewende Bybel)
10 Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Jy hoef ook nie bekommerd rond te kyk nie, want Ek is jou God. Ek sal jou help en jou krag gee en jou vashou met my magtige regterhand
(Die Lewende Bybel)
13 Heel aan die bopunt het die Here gestaan en Dié sê toe vir hom: “Ek is die Here, jou oupa Abraham se God en ook Isak se God. Die grond waarop jy nou lê en slaap sal Ek vir jou en jou nageslag gee.
(Die Lewende Bybel)
4 Al moet ek ook deur stikdonker plekke gaan word ek nie bang nie, want U bly altyd by my, Here, U beskerm my en lei my.
(Die Lewende Bybel)
7 Die volke is in oproer en koninkryke kom tot ’n val; God laat sy stem hoor en die aarde bewe.
(Die Lewende Bybel)
6 Wees dapper en hou moed. Moenie vir daardie volke skrik of bang wees nie, want dit is die Here julle God self wat saam met julle gaan. Hy sal julle nooit in die steek laat of van julle af weggaan nie.”
(Die Lewende Bybel)
23 “Luister, daar is ’n maagd wat swanger sal word! Sy sal ’n seun hê, en hy sal Emmanuel genoem word.” As dit vertaal word, beteken die naam Emmanuel “God is nou by ons” .
(Die Lewende Bybel)
20 Leer hulle om al die dinge wat Ek julle beveel het, te gehoorsaam. En julle moet onthou dat Ek elke dag by julle sal wees tot die einde van die wêreld toe.”
(Die Lewende Bybel)
13 Mag die Here Jesus Christus julle sy genade gee; mag God julle sy liefde gee, en mag die Heilige Gees altyd by julle almal bly
D. MOENIE DIE NABYHEID VERSE VERGEET NIE
(Die Lewende Bybel)
7 “Watter ander groot volk is daar met ’n god wat so naby aan hulle is as wat die Here ons God aan ons is? Want ons kan Hom enige tyd bid om ons te help.
(Die Lewende Bybel)
18 As die gehoorsames om hulp roep, hoor die Here, en Hy red hulle uit al hulle moeilikhede.
(Die Lewende Bybel)
28 Vir my is die hoogste ideaal om naby aan U te wees. U, die verhewe Here, is my veilige skuilplek, ek sal vertel wat U alles gedoen het
(Die Lewende Bybel)
18 Hy is naby aan die wat Hom aanbid as hulle dit eerlik doen.
(Die Lewende Bybel)
8 Kom nader na God toe, dan sal Hy ook nader kom na julle toe. Julle wat sonde gedoen het, moet julle reinig en julle verdeelde harte aan God alleen gee.
(Die Lewende Bybel)
22 Laat ons dan ingaan na God toe met ’n eerlike hart wat op Hom alleen vertrou, want ons harte is rein gemaak deur die bloed van Jesus Christus wat daarop gesprinkel is en ons liggame is gewas met skoon water.
[1] Morgan, R.J., 2007. Nelson’s Annual Preacher’s Sourcebook 2008 Edition., Nashville, TN: Thomas Nelson Publishers.