Spreuke 6:24-35 | Onoordeelkundigheid kan jou vernietig
Notes
Transcript
24 My onderrig sal jou beskerm teen die slegte vrou van ’n ander wat jou met haar gladde tong wil verlei. 25 Moenie dat haar skoonheid jou begeerte wek nie, moenie dat sy jou vang met haar oë nie. 26 Jy kan ’n prostituut kry vir ’n stuk brood, maar owerspel kan jou lewe kos. 27 Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark sonder dat jou klere aan die brand raak? 28 Kan jy op brandende kole loop sonder dat jy jou voete verbrand? 29 Net so min kan jy by ’n ander man se vrou slaap sonder om gestraf te word, jy sal nie vry kom as jy met haar lol nie. 30 ’n Dief word verag as hy steel, ook al steel hy om sy honger te stil, 31 en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig teruggee, selfs al kos dit hom alles wat hy besit. 32 Maar ’n man wat owerspel pleeg, moet van sy verstand af wees, iemand wat dit doen, verwoes sy lewe. 33 Hy sal slae op die lyf loop en verneder word, sy skande sal nooit uitgewis word nie. 34 Die woede van die vrou se man is ’n gloeiende vuur, sy wraak ken nie perke nie; 35 hy laat hom nie afkoop nie, geen betaling is vir hom genoeg nie
Sleutel Vers
Sleutel Vers
27 Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark sonder dat jou klere aan die brand raak? 28 Kan jy op brandende kole loop sonder dat jy jou voete verbrand?
Die vou van jou klere is naby jou hart, die sole van jou voete jou enigste weë. Onoordeelkundigheid kan beide vernietig.
Prov 24-26 Twee presies dieselfde dinge kan twee sulke uiteenlopende voorkomste en gevolge hê. ‘n Slegte vrou byvoorbeeld, laat jou ‘n brood verloor, maar die vrou van ‘n ander jou lewe. Hoekom verag jy dan die een maar laat die ander een jou gees oorrompel?
Prov 6:29-35 Twee presies dieselfde optredes het twee ooglopend verskillende uitkomste. ‘n Gewone dief word net verag en kan terugbetaal, maar steel ‘n ander se vrou en jy sal betaal met jou lewe. Waarom verag jy diefstal maar steel self in die nag?
Maak nie saak watter warm kole jy bymekaar krap nie. Maak nie saak watter warm kole jy steel nie. Warm is warm en steel is steel. Jy gaan jouself verbrand. As jou gees dan so onoordeelkundig is, waarom kies jy die noodlottigste? Raak bewus van jou dwaasheid. Kry insig in jou roekelose optrede en slaan ag op wysheid.
Weë die mens wie se enigste opsies almal negatiewe gevolge het. Word wakker en besef dat die wysheid van die Here jou lewe kan gee. Wysheid begin beslis by die dien van die Here.
GEBED
GEBED
Here, verhelder my oë, skenk aan my insig, om U weë lief te hê.
Bibliografie
Bibliografie
Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).