Rud & Annemi

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 20 views
Notes
Transcript

Liewe Rudi & Annemie

I.                     Uiteindelik het julle groot dag aangebreek! En ons is saam met julle bly en dankbaar! 

II.                  Daar is iets besonders aan die feit dat julle ‘n kerklike huwelik wou hê. 

a.       Ons leef in ‘n wêreld waar die huwelik beskou word as ‘n menslike instelling, ‘n stukkie kultuur selfs. 

b.      Maar as julle ‘n kerklike huwelik wil hê, dan sê dit dat julle besef dat die huwelik méér as ‘n menslike instelling is. 

ADVERTISEMENT

c.       En dit is inderdaad so.  Die huwelik is deur God self ingestel, en is die hoeksteen van God se gesin – die kerk – en van die samelewing. 

                                                               i.      Dit is, kan ons sê, die kanaal waardeur God sy seën aan sy kinders wil laat vloei. 

                                                             ii.      Ons het redelik uitvoerig hieroor gesels in die afgelope maand of wat, en ek gaan nie alles herhaal nie!  Ek hoop julle onthou wel baie daarvan vir die jare wat voorlê!

                                                            iii.      Ek wil egter vandag aan julle ‘n kort, eenvoudige boodskap gee, een wat ek hoop julle sal onthou, en wat koers sal gee aan die manier waarop julle hierdie huwelik benader.

III.                Kom ons blaai deur die eerste hoofstukke van die Bybel.  In Gen 1 lees ons van die Here wat die hemel en die aarde skep. 

a.       En daar is ‘n refrein wat deur hierdie verhaal loop – telkens as iets klaar is, afgehandel is, dan staan daar: En God het gesien dit is goed (:10, 17, 21, 25)

b.      Maar dan kom ons meteens op ‘n vals noot af!  In hfst 2 word daar dieper ingegaan op die skepping van Adam, en dan lees ons dat die Here sê: “Dit is nie goed nie...” (2: 18). 

                                                               i.      Gelukkig was dit nie dat die man heeltemal nie goed was nie, maar wel nie dat hy alleen was nie!

1.       En dan skep die Here vir Eva, die vrou.

c.       Die alleenheid van die mens word deur die Here tot einde gemaak deur die huwelik!  En weet julle, dit is die eerste ding wat julle moet onthou!  Een van die belangrikste redes vir die huwelik is dat die mens ‘n metgesel sal hê!  ‘n Vriend(in).  Iemand met wie jy saam die lewe kan doen! 

                                                               i.      En in die gejaagde lewe wat ons leef, is dit juis een van die dinge wat so skeef loop!  Dat ons weer alleen word, al is ons getroud!  Maak daarom seker dat julle kameraadskap daar bly. 

                                                             ii.      Iemand het ‘n baie goeie beeld gebruik om te verduidelik hoe hierdie “hulp wat by hom pas” verstaan moet word:  Dit is soos ‘n legkaart.  (Puzzle).  Dit is twee stukkies wat by mekaar inpas, aanpas, aanvul.  Dit maak die prentjie volledig. 

1.       Maak moeite om die legkaartstukkies bymekaar te hou!  Die Satan sal alles probeer om die eenheid te verbreek!

IV.                Maar daar is nog meer.  Eva word gemaak uit die ribbebeen.  Die simboliek daarvan is duidelik – nie uit die skedel nie – sodat sy heers nie, en ook nie uit die voetbeen – sodat sy vertrap kan word nie, maar uit die ribbebeen – langs hom.  Saam met hom.  ‘n Span.

a.       Die wêreld wil graag hierdie konsep van ‘n span in die huwelik belaglik maak – ‘n karikatuur.  Die wêreld dink elkeen leef vir homself!

b.      Hierdie spanwerk kan vergelyk word met ‘n dans.  Nie moderne dans nie (los), maar goeie ou dans waar die man die vrou in sy arms vat en haar op die dansbaan lei (goeie beeld vir dopper-troue, né!).  Op hulle eie is nie een veel nie, maar in harmonie is dit ‘n prentjie om te aanskou!

                                                               i.      En as julle hieraan werk – om ‘n span te wees – dan is die huwelik ‘n voertuig van God se seën in julle lewens.  As julle teen mekaar werk, kan julle nie sy seën verwag nie, maar as julle sáám die lewe aanpak, is julle somtotaal nie 2 nie, maar een!  ‘n Een-heid, wat God verheerlik!

c.       Rudi & Annemi, Die Bybel noem die huwelik ‘n “verbond van kameraadskap”. 

                                                               i.      Die kameraadskap is dit wat ons nou oor gepraat het.  Wat julle kan onthou deur te dink aan 2 legkaartstukkies en ‘n dans.

                                                             ii.      ‘n Verbond is niks anders nie as ‘n kontrak of ooreenkoms.  Wel – die ernstigste en mees bindende kontrak wat daar kan wees.  Een waar die Here self as getuie geroep word dat die spesifieke ooreenkoms aangegaan word. 

                                                            iii.      Verskriklik soos dit ook mag klink, in Bybelse tye is gepraat van ‘n verbond “sny”.  Omdat by so ‘n verbondsluiting ‘n dier gevat is, en miiddeldeur gesny is.  Daarmee is gesê: As ek my deel van hierdie ooreenkoms breek, kan die Here my ook maar middeldeur sny.  Dus – vernietig.  Straf.

                                                           iv.      En natuurlik is dit deel van die menslike natuur na die sondeval om nie getrou te bly aan sy woord nie.  En verbonde te breek. 

1.       Dit was toe dat die Here ‘n genadige uitweg voorsien het – die brandoffer.  Waar jy ‘n dier gevat het, middeldeur geny het, en verbrand het in jou plek. 

2.       Maar natuurlik kan geen dier in jou plek die straf van God dra nie – daarom het die Here ‘n ander offer voorsien – Jesus Christus.  Hy sterf in ons plek – omdat ons verbondsbrekers is.

3.       Wat is nou die implikasie hiervan vir julle huwelik? Wel, julle gáán by tye nie getrou wees aan hierdie verbond wat julle vandag sluit nie.  Julel gaan soms vergeet van die belofte tot kameraadskap, en eerder op jou eie belange aandring.  Jy sal selfsugtig wees, die ander seer maak!

a.       Maar dit sal ook nie die einde van julle kameraadskap wees nie, juis omdat Jesus die straf daarvoor gedra het!

b.      En julle sal mekaar kan vergewe, omdat julle weet dat die Here julle ook julle kontrakbreuk aan Hom vergewe het! 

                                                             v.      Dit beteken nie jy kan maar laat gaan, nalatig, traak-my-nie-agtig wees nie.  Nee, juis omdat julle weet dat die huwelik van God af kom, gaan julle werk aan hierdie verbond van kameraadskap. 

1.       Tyd, energie en opoffering.  Dit is wat ‘n huwelik vra. 

V.                  Ridi & Annemi, Dit gaan julle trots wees om huweliksmaats te wees soos die Here dit bedoel het! Huweliksmaats wat in ‘n “verbond van kameraadskap” is!

a.        In Gn 1: 31, nadat die Here die skepping voltooi het (met Adam én Eva), het Hy gesê: Dit was báie goed!  Dit is waar julle wil wees. Baie goed. 

b.      Dit is die seën wat die Here gee wat hulle huwelik in sy Naam bevestig!

Amen.

Related Media
See more
Good Friday
16 items
Desert Valentine's Day
Love God, Love Others
15 items
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.