Gen39Prk21Sept2008(Josef)
Datum: 21 September 2008 Plek: Bfn-N (Oggend; Josef)
Lofsang: Ges. 316:1,2,3
Verootmoediging:Ges. 335:1
Toewyding: Ges. 299:1
Slotsang: Ges. 275;1,2,4,5
Skriflesing: Gen.39:1-23
Tema: God se teenwoordigheid
Inleiding:
³ Gen.39 handel oor ‘n netelige saak –
9 nee, nie Potifar se vrou en haar 40-jaar-jeuk nie,
9 die netelige saak waaroor die gedeelte handel
9 is die kwessie van God se teenwoordigheid.
A Ons word grootgemaak met die Bybelse gedagte
9 dat as God by jou is, dit met jou goed sal gaan.
A Êrens het iemand eendag hierdie gedagte uitgebrei
9 met die idee dat as dit met jou sleg gaan,
9dan is die Here NIE by jou nie.
Ê Hierdie denkskema staan bekend
9 as die vergeldingsleer (vergeldingsdogma).
Korpus:
³ Die logiese redenasies wat uit die vergeldingsleer afgelei word,
9 is aan ons oorbekend:
A Ons het reeds genoem dat die Bybel leer
9 dat dit met jou goed gaan as God by jou is.
Ê Nou word daar nog bygesê:
A As dit met jou sleg gaan, is die Here NIE by jou nie.
A As jy goeie dinge doen, sal dit met jou goed gaan.
A As jy slegte dinge doen, sal dit met jou sleg gaan.
A As dit met jou goed gaan, leef jy reg voor God.
A As dit met jou sleg gaan, leef jy nie binne God se wil nie.
Ê Die hele vergeldingsdogma is gebaseer op
9 OORSAAK en GEVOLG:
9 Goed volg op Goed.
9 Sleg volg op Sleg.
³ Gen.39 se vertelling begin deur daarop te wys
9 dat die Here met Josef was
9 en dat alles wat hy gedoen het, voorspoedig was.
A Die vertelling sluit ook af
9 deur te sê dat die Here met Josef was
9 en dat alles wat hy gedoen het voorspoedig was.
Ê So ver klink alles nog reg en goed:
9 Die Here is met Josef, en hy beleef voorspoed.
³ Die probleem sluip egter so ongesiens in
9 wanneer ons besef dat die hele vertelling in Gen. 39
9 handel oor Josef wat seksueel geteister word;
9 dan word hy, ten spyte van die korrekte optrede,
9 vals beskuldig;
9 en om alles te kroon, word hy summier
9 en sonder verhoor IN DIE TRONK GEGOOI.
³ Dit lyk amper soos die wêreld wat ons ken:
9 Onskuldige mense word vervolg en doodgemaak,
9 maar die skuldiges, die moordenaars en die bedrieërs,
9 loop vry rond in die samelewing,
9 en dan is dit dikwels juis hierdie skuldiges
9 wat die beleidsbepalers is.
A In sulke omstandighede is ons geneig
9 om heel eerste te vra:
9 “WAAR IS GOD AS DINGE SO SKEEFLOOP?”
A Om sout in ons wonde te vryf,
9 is daar altyd iemand wat sê
9 dat dit ons ongehoorsaamheid is wat veroorsaak
9 dat dinge met ons sleg gaan.
Ê As hierdie mense reg was,
9 dan moes Josef nooit in die tronk geland het nie!
Ê EN DIT TERWYL DIE HERE MET HOM WAS!
³ Daarom het die verhaal van Josef in die tronk
9 ‘n geweldige troosboodskap, naamlik
9 dat as dit sleg gaan, dit NIE beteken
9 dat die Here êrens heen verdwyn het nie.
A Nee, of dit met jou goed of sleg gaan,
9 God is by sy kinders!
A Ons het NODIG om te weet
9 dat in ‘n wêreld waar ons so min
9 van God se teenwoordigheid kan waarneem,
9 in situasies waar dit voel of God verdwyn het,
9 in ‘n wêreld waar die mens se wil oënskynlik seevier,
9 is en bly die Here teenwoordig, betrokke en in beheer!
A Ons het nodig om te besef
9 dat in ‘n wêreld waar die waarheid verdraai word,
9 waar nie na al die getuienis geluister word nie,
9 waar sogenaamde “bewyse” selfs gefabriseer word,
9 God die Een is wat sien, wat hoor, wat weet.
³ Nog ‘n aspek wat Josef se verhaal duidelik illustreer,
9 is dat God se teenwoordigheid by sy kinders
9 ook seën vir heidene kan inhou:
AIn Potifar se huis gaan dit goed – omdat God by Josef is.
AIn die tronk gaan dit goed – omdat God met Josef is.
Ê So kan dit ook met ons gesteld wees:
9 God se teenwoordigheid by ons
9 kan tot seën van heidene en ongelowiges wees.
Ê Maar God se seën beteken nie outomatiese redding nie!
9 Die ongelowige het steeds nodig om tot bekering te kom
9 as hy/sy die volle seën van redding deur Jesus begeer
³ Op die voetspoor van Jesus Christus
9 kan sy kinders ook deur diep waters gaan.
A Rom.8:17 sê mos dat ons saam met Jesus sal ly
9 sodat ons saam met Hom verheerlik kan word.
A ‘n Dienskneg is immers nie groter as sy Heer nie –
9 God mag ons swaarkry dus in sy diens gebruik.
Ê So het Hy Josef se swaarkry ook gebruik
9 om ‘n hele heidenland van hongersnood te red –
9 en in die proses het Hy seker gemaak
9 dat sy volk ook gered sal word.
Slot:
³ Troos in die Josefverhaal is daar beslis:
9 Net so min as wat Josef se dwaasheid
9 God kon verhinder om sy doel met hom te bereik,
9 net so min kon sy wysheid daartoe bydra...
³ God se teenwoordigheid is een van die groot wonders...
9 Ja, dalk die GROOTSTE wonder,
9 want dit LYK asof Hy afwesig is,
9 terwyl Hy eintlik só aktief besig is om ons te red.
אָמֵן