Gen37Prk07Sept2008(Josef)

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 7 views
Notes
Transcript

Datum: 07 September 2008          Plek:   Bfn-N (Oggend)

Lofsang: Ges. 41:1,2

Verootmoediging: Ges. 66:1

Toewyding: Ges. 36:5,7

Slotsang: Ges. 263:1,2

Skriflesing: Gen.37:1-36

Tema: Is die kerk ‘n familie?

Inleiding:

³ In Gen.37 kry ons die begin van die Josefverhaal –

        9 en in hierdie verhaal kry ons te doen

                9 met ‘n redelike groot familie:

A Jakob het 4 vrouens gehad, naamlik

        9 Lea, Ragel,Bilha en Silpa

                9 en by elkeen het hy ‘n paar kinders gehad.

A Ons weet ook dat Ragel Jakob se gunstelingvrou was –

        9 hy het immers ‘n totaal van 14 jaar vir Laban gewerk

                9 om met haar te kon trou.

A Omdat Josef eers gebore is toe Jakob sowat 91 jr oud was,

        9 en dit ook boonop sy gunstelingvrou was

                9 wat an Josef geboorte geskenk het,

                        9 het dié kind ‘n spesiale plek in Jakob se hart gekry.

Ê Ons sien dus sommer uit die staanspoor

        9 dat hier ‘n goeie resep vir familietwiste was:

                9 vier vrouens, bykans ‘n dosyn kinders,

                        9 en een is pa se witbroodjie.

Ê Wat ons óók moet onthou,

        9 is dat hierdie huisgesin die gesin is waaruit God

                9 ‘n nuwe volk vir Homself laat ontstaan het –

                        9 die volk Israel.

³ Wat ons hier het, is waarlik die huisgesin van God,

        9 of, soos die OAV in Ef.2:19 sê, die huisgenote van God.

A Ja, dit moet ons goed besef:

        9 Die volk van God in die O.T. word die kerk van Jesus in die N.T.

A Die kerk is dus ‘n familie! – ja, meer as ‘n familie: ‘n huisgesin!

Ê Kom ons kyk dus hoe lyk hierdie gesin

9 wat in Gen.37-50 beskryf word...

Korpus:

³ Die eerste ding wat ‘n mens opval in Gen.37

        9 is die versteurde verhoudings tussen die gesinslede.

A Jakob is liewer vir Josef as vir enige van sy ander seuns...

        9 Maar in plaas daarvan om dit vir homself te hou,

                9 trek hy die mannetjie openlik voor:

                        9 Hy gee vir hom ‘n lang rok met moue!

A Sulke klere was gewoonlik

9 net vir die kinders van konings beskore –

9 adellikes het dit gedra – nie die kinders van boere nie.

Ê Dis duidelik dat Jakob vir Josef as ‘n klein prinsie beskou.

³ Ek weet nie hoekom dit is nie,

        9 maar wanneer een kind voorgetrek word,

                9 is die ander kinders gewoonlik

                        9 meer hatig op die witbroodjie

                               9 as op die ma of pa wat die kind

9 in die eerste plek

9 die witbroodjie gemaak het.

A Miskien kan ‘n mens die afguns v.d. broers verstaan

        9 As ons in gedagte hou dat Josef self

                9 glad nie ‘n engeltjie was nie:

   A Spreuke 10:18 sê “hy wat skindertaal uitstrooi, is ’n dwaas”

        9 En volgens Gen.37:2 het Josef juis sy broers

                9 by sy pa loop en beskinder – ons weet nie eers

                        9 of die “slegte gerug” wat hy aan Jakob vertel het,

                               9 die waarheid was of nie.

        9 Josef was, in gewone taal, ‘n klikbek.

   A Daarby het hy blykbaar heeldag en aldag

        9 met sy koninklike gewaad (die lang rok met die moue)

                9 geloop en pronk.

   A Toe hy boonop nog van sy drome vertel

        9 wat daarop dui dat sy hele familie nog voor hom sal buig,

                9 was die gort gaar:

                        9 Nou wil hy hom nog voorhou as iemand wat

                               9 eendag ‘n koning sou word!

³ Die tweede ding wat ons opval,

        9 is dat daar geen melding van God gemaak word

                9 in hierdie gedeelte nie.

A Dit kan ook nie anders nie,

        9 want hoe kán God teenwoordig wees

                9 waar familielede mekaar

                        9 beskinder,haat, verag,

9‘n vader bedrieg word,

9 ‘n broer se moord beplan word,

9 hy vir ‘n handvol silwerstukke verkoop word...

³ Dit bring ons by die verbysterende besef

        9 dat God ten spyte van al hierdie sonde

                9 steeds die mense se boosheid verdra –

                        9 ja, dit selfs gebruik,

                               9 om sy beoogde verlossingsplan

                                       9 in werking te kan stel

                                               9 wanneer daar jare daarna

                                                       9 hongersnood sal wees.

A Net soos eeue daarna

        9 toe God die mense se sonde verdra en benut het

                9 toe hulle Sy Seun ook vir ‘n handvol silwermunte

                        9 verkoop het,

        9 Sy kleed ook gesteel het omdat dit mooi was,

        9 en Hom ook ‘n spotkoning gemaak het

                9 met ‘n krooon van dorings,

                        9 net om later te verneem dat Hy inderdaad

                                9 die Koning van alle konings is.

Slot:

³ En ons vandag?

        9 Ons as die huisgesin van God – hoe lyk ons verhaal?

        9 Word God in ons verhaal genoem,

                9 of moet ons Hom ook maar in drome soek?

        9 Leef ons ons vooroordele soos Jakob uit,

                9 of waak ons daaroor om nie mense seer te maak nie?

        9 Matig ons onsself aan soos Josef?

        9 Skinder ons?

9 Dra ons nuus aan?

9 Bewimpel ons planne?

A Die volk van God moet tot seën wees

9 van ander mense en nasies

        9 soos God dit reeds aan Abraham gestel het.

   ÊIs ons tot seën?

³ Maar, liewe gemeente,

        9 die Bybel lei ons darem nie net tot selfondersoek nie –

                9 Nee, dit bring ook troos:

A Troos dat God, t.s.v. ons sonde,

        9 steeds kan voortgaan om sy planne in werking te stel;

        9 dat Hy selfs ons VERKEERDE DADE kan gebruik

                9 om sy wil te laat geskied.

A Troos dat om huisgesin of familie voor God te wees,

        9 ‘n bewys van sy uitverkiesende genade is.

אָמֵן

Related Media
See more
Related Sermons
See more