Gen41Prk05Okt2008(Josef)
Datum: 05 Oktober 2008 Plek: Bfn-N (Oggend Josef))
Lofsang: Ges. 18 (2X)
Verootmoediging: Ps 38:1,17
Toewyding: Ges. 316:3
Slotsang: Ges. 301
Skriflesing: Gen.41:1-57
Tema: Ons verhouding met God
Inleiding:
³ Ek wonder wat het Josef van sy verhouding met God gedink
9 terwyl hy TWEE JAAR lank sit en wag
9 dat die koning se skinker iets moet reël
9 om hom daar uit te kry.
A TWEE WEKE, selfs TWEE DAE, is gewoonlik genoeg
9 om ons te oortuig dat die Here ons verlaat het.
A Miskien sou ons in Josef se omstandighede
9 sommer gou reeds gedink het dat nie net die skinker nie,
9 maar God self ons vergeet het...
³ Ons Skriflesing (Gen.41) is die sentrum v.d. Josefverhaal:
9 Alles wat vooraf gebeur het,
9 het uitgeloop op die gebeure in hierdie hoofstuk.
9 En alles wat van hier af aan gebeur,
9 vloei voort uit hierdie gebeure.
Korpus:
³ Maar toe gebeur daar iets:
9 God gee aan die heidense koning twee drome
9 wat nie een van sy towenaars of wyse manne
9 kon verklaar nie.
A En skielik onthou die skinker van Josef!
9 Die arme man was nou eintlik in ‘n verknorsing,
9 want om vir die farao van Josef te vertel,
9 moes hy weer van die tyd praat
9 toe hy in die tronk was.
³ Dít sou natuurlik ‘n risiko wees,
9 want sê nou net die farao vervies hom weer
9 oor wat die skinker daardie tyd gesondig het
9 en hy gooi hom wéér in die tronk?!
A Hy skraap egter al sy moed bymekaar
9 en vertel v.d. Hebreeuse jong man
9 wat sy en die bakker se drome verklaar het.
³ Uiteindelik, na 13 jaar in Egipte as slaaf en gevangene,
9 kry Josef geleentheid om iets vir die koning te doen.
ADis ‘n geleentheid wat hy kan benut om vir die koning
9 ‘n diens te lewer wat nie deur die towenaars van Egipte
9 vermag kon word nie.
A Dis ‘n geleentheid wat hy kan gebruik
9 om permanent uit die tronk te bly
9 as hy maar net aan die koning kan bewys
9 hoe goed hy is.
Ê En tog verkies Josef om homself nie in die kollig te plaas nie:
9 Toe die koning sê dat hy gehoor het
9 van Josef se goeie vermoë om drome uit te lê,
9 verklaar Josef onmiddellik
9 dat nie hý nie, maar die Here
9 die bron van kennis is.
³ Wat nogal opval, is die feit dat dit ‘n droom (eintlik 2) was
9 wat Josef aan die begin v.d. verhaal
9 by sy broers in die moeilikheid laat beland het
9 en gelei het tot sy vernedering.
A En nou is dit weer ‘n droom (eintlik 2!)
9 wat gaan lei tot sy verhoging
9 en hom uiteindelik in staat gaan stel
9 om met sy broers heenig te word.
A Waar sy vernedering stadig en trapsgewys plaasgevind het,
9 en uiteindelik vir 2 jaar gesloer het,
9 kom die verhoging wat hy beleef
9 plotseling – amper uit die bloute!
³ Amper onopsigtelik vertel hierdie verhaal ook vir ons
9 dat waarsêery en sg. towerkragte
9 nie in staat is om God na te boots nie:
A AL die wyse manne en towenaars
9 was nie in staat om te doen wat God deur Josef doen nie.
A Daarom was nie een van hulle geskik of skrander genoeg
9 om as die farao se regterhand op te tree nie –
9 net Josef, wat deur God gelei word,
9 het daarvoor gekwalifiseer.
A Die farao erken dit
9 deur Josef in die hoogste pos in Egipte aan te stel.
³ In ‘n sekere opsig is ons ook in Josef se posisie:
9 Ons leef in ‘n harde wêreld
9 waar mense naby aan ons
9 soms verantwoordelik is vir die ergste smart
9 wat op aarde beleef kan word.
A Ons weet ook dat die swaarkry wat ons tans beleef,
9 nie opweeg teen die heerlikheid
9 wat ons eendag sal hê as ons verhoog word nie –
9 net soos die swaarkry wat Josef beleef het,
9 nie opgeweeg het teen die heerlikheid
9 wat hy ontvang het by sy verhoging nie.
³ Wat ons ook nie mag vergeet nie,
9 is dat die mense met wie Josef
9 in sy swaarkrydae te doen gekry het,
9 voortdurend geseën is:
9 Potifar
9 Die hoof v.d. gevangenis
9 Sy medegevangenes
9 En nou ook die koning van Egipte
A Om die draer van God se seën te wees,
9 is ‘n onuitspreeklike voorreg,
9 al beteken dit ook dat ‘n mens langer moet wag
9 om erkenning daarvoor te kry.
Slot:
³ Ons verhouding met God is nie iets
9 waaruit ‘n mens altyd net moet voordeel trek nie.
A Om God te dien, om ‘n verhouding met Jesus Christus te hê,
9 is nie ‘n “een-vir-my-een-vir-jou”-speletjie nie.
A Ons mag nie die wil v.d. Here na-jaag
9 net om die hele tyd daarvoor vergoed te word nie.
Ê Om God te dien, is die primêre manier
9 om dankbaarheid te betoon
9 vir dit wat Hy in Jesus REEDS vir ons gedoen het.
אָמֵן