Kwaadpratery/ belaster

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 23 views

Valse en kwaadwillige praatjies oor ander. Dit benadeel nie net diegene teen wie dit gerig is nie, maar bring ook diegene wat dit propageer se ondergang.

Notes
Transcript

Kwaadpratery veroordeel

Kwaadpratery/laster is sonde

Mark 7:21–23 Afrikaanse Ou Vertaling
Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.
See also ; ; ; ;

Kwaadpratery/ Laster is verbode

Leviticus 19:16 Afrikaanse Ou Vertaling
Jy mag nie as ’n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die Here.
See also ; ; ; ; ; ; ; ; ;

Kwaadpraat is destruktief

Proverbs 16:27 Afrikaanse Ou Vertaling
’n Deugniet grawe ’n kuil van onheil, en op sy lippe is soos ’n brandende vuur.
See also ; ;
Proverbs 30:10 Afrikaanse Ou Vertaling
Belaster nie ’n slaaf by sy heer nie, sodat hy jou nie vloek en jy daarvoor moet boet nie.

Hantering van laster/kwaadpraat

Om die saak aan God te sel en vir Hom te gee

Psalm 120:1–2 Afrikaanse Ou Vertaling
’N BEDEVAARTSLIED. Ek roep die Here aan in my benoudheid, en Hy verhoor my. o Here, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!
See also ; ; ; ;

Die handhawing van 'n mens se integriteit

1 Peter 2:12 Afrikaanse Ou Vertaling
en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.
See also ; ; ;

Verbly jou in die Here

Matthew 5:11–12 Afrikaanse Ou Vertaling
Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.
See also

Om nie na kwaadsprekers te luister nie

1 Samuel 24:9 Afrikaanse Ou Vertaling
En Dawid sê vir Saul: Waarom luister u na die woorde van mense wat sê: Kyk, Dawid soek u onheil?
See also

Oordeel oor kwaadsprekers

Proverbs 21:28 Afrikaanse Ou Vertaling
’n Leuenagtige getuie kom om; maar ’n man wat goed toeluister, spreek vir altyd.
See also ; ; ; ; ; ;

Oordeel oor kwaadsprekersoorbeelde van Kwaadspraa

Jeremiah 18:18 Afrikaanse Ou Vertaling
Toe het hulle gesê: Kom, laat ons planne teen Jeremia beraam; want onderrigting sal nie ontbreek by die priester of raad by die wyse of ’n woord by die profeet nie. Kom, laat ons hom slaan met die tong, en laat ons nie luister na een van sy woorde nie.
See also ; Naboth’s vineyard; ; ; ; ; ; ; ; ; ;
Acts 24:5–9 Afrikaanse Ou Vertaling
Want ons het gevind dat hierdie man ’n pes is en ’n verwekker van oproer onder al die Jode in die wêreld en ’n voorman van die sekte van die Nasaréners, wat selfs probeer het om die tempel te ontheilig. Ons het hom gevange geneem en wou hom volgens ons wet oordeel; maar Lísias, die owerste oor duisend, het gekom en hom met groot geweld uit ons hande weggeneem en bevel gegee dat sy beskuldigers voor u moet kom. Van hom sal u self, ná ondersoek, kennis kan verkry van al hierdie dinge waarvan ons hom beskuldig. En die Jode het ook saamgestem en gesê dat dit so was.
Romans 3:8 Afrikaanse Ou Vertaling
En moet ons nie liewer sê nie, soos ons belaster word en soos sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? Hulle veroordeling is regverdig.
3 John 9–10 Afrikaanse Ou Vertaling
EK het aan die gemeente geskrywe, maar Diótrefes, wat onder hulle die eerste wil wees, steur hom nie aan ons nie. Daarom, as ek kom, sal ek hom herinner aan die werke wat hy doen deur met slegte woorde teen ons uit te vaar; en hiermee nie tevrede nie, ontvang hy nie alleen self die broeders nie gasvry nie, maar verhinder ook die wat dit wil doen en werp hulle uit die gemeente.
Related Media
See more
Related Sermons
See more