Untitled Sermon (2)

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 14 views
Notes
Transcript
1 Corinthians 1:26 AFR1983
Dink maar net, broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie.
- Preek Sondag 01/03/2020 - Nagmaal
Afkondiging:
Wêreld biddag vir mans. Vrydag 06:00
Voorbidding:
Attie en Lien Snyman
Deon van Aswegen
Org du Preez
Dankie vir die reën - dorp 10mm
Votum:
Seëngroet:
God is met die swakkes en dwase
Die onaansienlikheid van die kerk lê in die swakheid en dwaasheid van die kruis van die gekruisigde Messias.
Klesis - roeping. effektiewe prediking van die evangelie. Die roepingsgebeure bepaal die unieke aard van die gemeente. Danksy hierdie roeping kan enige persoon, ongeag status, posisie, ras, geslag, deel word van die kerk / volk van God. Geen ander voordwaarde geld nie. God roep en bevry elkeen van dit wat skeiding gemaak het. Alleen die roeping, wat God doen deur die prediking is beslissend.
Gemeente van Korinte het sosiologies ‘n vreemde gesig - daar is nie baie wyses, invloedrykes of aansienlikes nie. Bestaan uit mense van die laer bevolkingsgroepe.
Geleerdes, invloedrykes, aansien is ‘n minderheid in die gemeente.
God het niks teen mense wat invloedryk, aansien beklee, of geleerd is nie. Hy het hulle net so lief as enige ander persoon. Hulle probeer in hulleself iets te wees en te kan vermag. Die skepsel kan net lewe deur die gawes van die Skepper. Hierdie groep is die mense wat op hulle eie krag en insig staatmaak om dinge te laat gebeur. En besef nie dat hulle God nodig het nie. Hulle laat nie toe dat God hulle uit hulle verdorwenheid ophef nie. Dit wat God in en deur Jesus vir hulle doen, kan hulle nie veel skeel nie.
Die geroepene lewe alleen van dit wat God in Christus geskenk het, skenk en sal bly skenk. Geen mens kan homself bo ‘n ander stel deur dit wat hy/sy besit, is of beklee nie.
Almal is arm en kan net deur God ryk gemaak word.
Ellendig om deur God verheerlik te word.
Kaal om deur God met klere bedek te word - Adam en Eva. (Herstel van die verhouding met God.)
Verlore om deur God gevind te word.
Gemeente ontstaan en bestaan deur God se reddende genade dade. Daarom is ‘n gemeente sondaars en bedelaars. Dan kan God vir die gemeente wys waaruit sy genade bestaan en wat dit kan vermag.
Hierdie armwees - is deel van die gemeente se karakter. Dit hoort nie net tot die begin periode van gemeente-wees nie. Die gemeente bly te alle tye afhanklik van God. Daar is geen stadium waar die gemeente arriveer en sonder God se insette en ingrype in hulle bestaan kan lewe nie. Daar is geen stadium dat die gelowige sonder God verder kan leef nie. Ons bly ons lewe lank afhanklik van God.
Paulus het dit ook persoonlik aan sy lyf ervaar. Deur die doring in sy vlees het God hom klein gehou, dat hy nie op sy eie prestasies sou roem nie. Paulus, ontdek dat hy alleen sterk kan wees, omdat God se genade in hom werk. Paulus, kan net iets bereik en vermag, omdat God se genade in hom werk, omdat God hom in staat stel om iets te doen.
selfs nie vanweë die verhewenheid van die openbarings nie. Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my ’n doring in die vlees gegee, ’n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan.
Soos Paulus moet die gemeente terugkeer na waar die tollenaar ook gestaan het.
“Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was ’n Fariseër en die ander een ’n tollenaar. Die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: ‘O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieërs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week en ek gee ’n tiende van my hele inkomste.’ “Maar die tollenaar het daar ver bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het bedroef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my, sondaar, genadig.’
Die gemeente kan deur die gawes van die Gees hier en nou iets van die nuwe heerlikheid vergestalt. Die gemeente bly altyd bewus dat sy uit arme sondaars bestaan wat alleen deur God se genade lewe.
Die kruis is nie agter die gemeente nie. Is nie iets van die verlede nie. Die kruis bly die basis / fondament / fondasie waarop die gemeente se bestaan berus. Die lewensbron waaruit die gemeente drink.
Here, Hoop van Israel, wie van U af weggaan, kom bedroë daarvan af; wie van U af wegdraai, is vir die dood opgeskryf, want hulle verlaat die Here, die bron van die lewe.
Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”
God is die God vir/van die arme. Die arme roem God vir dit wat God aan hulle doen. Daar is nie plek vir mense wat hulleself bo God stel nie. God het die wêreld lief, en gee lewe en verlossing vir mense. Die mens kan nie sê dat hulle God nie meer nodig het nie. Die wêreld sal verlore gaan / tot niet gaan as hulle sonder God lewe. Daarom het die mens niks om op te roem nie.
Gemeente het nie ontstaan uit menslike inisiatief nie. Die gemeente se ontstaan is aan God te danke. Die oorsprong van die gemeente is in God se hart. Daarom is daar nie rede om op die gemeente neer te sien nie. Die gemeente se bestaan is daarom sterker as die dood.
Die gemeente bestaan alleen in en deur Jesus. Indien jy wil weet hoe die gemeente moet lewe, moet jy na die lewe van Jesus kyk. Hy is die opgestane, die een wat die magte van die dood oorwin het.
Wysheid - Om God, God te laat wees in jou lewe.
Regverdigheid - God se reg is nie vertrap nie. Skuld van mense aan die kruis te dra.
Heiliging - Hy was sonder smet, onberispelik. Toegewyde lewe
Verlossing - Hy het die magte oorwin.
Christus het van God die opdrag ontvang om ons te red en dit het Hy in gehoorsaamheid uitgevoer. Ons ontvang uit sy hand, wat ontbreek in ons lewe.
Die gemeente is arm in hulleself en ryk in Christus. Die gemeente roem in Christus en op Hom alleen. Nie hulle eie toedoen nie.
So sê die Here: Die wyse man moet nie in sy wysheid roem nie, die soldaat nie in sy krag nie, die ryk man nie in sy rykdom nie.
Daarna het Elkana na sy huis toe gegaan in Rama, terwyl die seun Samuel die Here bly dien het onder toesig van die priester Eli.
Related Media
See more
Related Sermons
See more