Konfronteer die realiteit van goed EN sleg in jou lewe

Geestelike Volwassenheid   •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 14 views

Dealing with the reality of badness, faults, imperfections in your life.

Notes
Transcript
You''ll never be able to create the right reality if you aren't willing to let the wrong reality go. Lollie Daskal
You''ll never be able to create the right reality if you aren't willing to let the wrong reality go. Lollie Daskal
KERNTEKS:
“In my lewe van sinloosheid het ek alles gesien: Die regverdige gaan dood, al doen hy wat reg is; ’n bose mens geniet ’n lang lewe, al doen hy verkeerd. Moenie te regverdig lewe nie. Moenie aanspraak maak op meer wysheid as wat jy het nie. Hoekom wil jy jouself vernietig? Moet ook nie te goddeloos lewe nie. Moenie ’n dwaas wees nie! Hoekom moet jy voortydig doodgaan? Dit is goed om een vas te hou en die ander nie te los nie. Hy wat vir God respekteer, ontkom aan albei. Wysheid versterk ’n wyse met meer mag as wat tien belangrike leiers in ’n stad het. Want daar is niemand op aarde wat regverdig is nie, niemand wat net goeddoen en nooit sondig nie.”
PREDIKER 7:15-20 NLV
Sedert die mens van die boom van goed en kwaad geëet het, worstel ons met die realiteit van goed en sleg in ons lewe. Die skepping was goed, alles was goed, ons was goed. Toe a.g.v. ons ongehoorsaamheid het sleg en verkeerd deel van ons daaglikse bestaan geword. Niks is meer net goed, of net sleg nie. Soms in ‘n oomblik sien ons ‘n perfekte sonsondergang, of beleef ‘n paar oomblikke perfekte musiek by ‘n konsert. In ‘n huweliksverhouding is daar oomblikke van wonderlike harmonie, begrip en aanvaarding, maar meestal word ons tyd opgeneem met daaglikse take sonder enige inspirasie. Die konfrontasie en hantering van goed en sleg.
Ons probleem is: ons sien die wêreld as ‘net goed’ of ‘net sleg’. Ons skei goed en kwaad, ons verag kwaad, verkeerd wees, foute maak, in vrees vir die skade, skande en gevolglike skuldgevoelens.
Sommige mense sien hulleself as net goed of net sleg.
Nie een van hierdie perspektiewe en self-projeksies is gegrond in die waarheid nie. Dit bloot nie werklik of realiteit nie!
Die werklike lewe is gevul met beide goed en sleg. Perfektheid bestaan nie, dalk vir ‘n oomblik kry ons iets perfek reg, om dan weer te faal. Hoe meer ons goed en kwaad probeer skei; hoe meer onrealisties raak ons hantering van die probleem. Ons oordeel mense as net goed, en plaas hulle op ‘n troon. As ons mense net sien as sleg, distansieer ons onsself, is agterdogtig van almal, met gepaardgaande trots en fariseïsme.
Ekstreem gevalle van hierdie goed en kwaad skeiding is: perfeksionisme, narsisme, skisofreen, gesplete persoonlikheid, valsheid, elitisme, idealisme, ontkenning, self-kastyding, emosioneel onstabiel, misrekende self-beeld, afhanklikheid of asketisme, eetversteurings, dwelms-alkohol-medikasie-misbruik, onredelike woede, slagoffer-sindroom.
Die Bybelse Waarheid is: ons moet beide versoen in ‘n genade-gewende sagtheid van ‘n liefdevolle verhouding met die Vader. Genade en Waarheid en Tyd is die atmosfeer vir gesondmaking en wellness. Omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie? ()
Mense wat nie die goed en kwaad in hulleself en ander kan harmoniseer nie, leef ‘n rollercoaster lewe van solank as wat jy doen wat lekker is, en alles goed is dan is ons vriende, maar as jy my seermaak, iets doen wat verkeerd is of waarvan ek nie hou nie, stap ek weg.
Die Bybelse paradoks is: want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God () Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore. () Die realiteit en die ideaal.
Daarom wandel ons in geloof nie wat ons sien nie: Want ons wandel nie deur dit wat ons (fisies) sien nie, maar deur dit wat ons in die gees sien. () Ons geloof, validasie is in Christus se geregtigheid. (; ) Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. () Die Bybelse antwoord om met jou sonde te deel is nie werke, strewe, of idealisme nie: Jy moet bloot sterf, en glo jy is saam met Christus gekruisig. (; ; ; ; ) Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. () Die oorwinning wat ons dus oor sonde behaal is nie uit werke, of ons probeerslag nie. Dit is Sy opstandingskrag wat die nuut in ons werk. ()

Wees 100% eerlik met jouself:

Aanvaar en maak vrede met die hele pakkie! Die goed en die sleg! Wees lief vir jouself ten spyte van jou tekortkominge, swakhede, defekte en foute. It is extremely important that you guard against being annoyed or irritated with yourself because of faults. Such feelings spring form a secret root of pride and a love for your own excellence. You are upset and hurt by seeing who you really are. [1]

Bely julle sonde eerlik aan mekaar:

Ons is geneig om sommer die oppervlakkige sondetjies te bely. Ek bid nie genoeg nie, ek lees nie genoeg Bybel nie. Eerder, moet ons hierdie diepgaande distorsies wat hierbo gelys is, aan mekaar erken en bely. Die feit dat ons vir mekaar jammer sê, ontsluit die genade, en die goddelike krag om innerlik te verander.

Vergewe mense daagliks:

Deur Wrokke, te-na-gekom voel, bitterheid, weerwraak, boei jy jouself vas aan die oortreders in jou lewe. Vergifnis is onontbeerlik tot ‘n gesonde lewe! ( en )

Erken en konfronteer emosies: Praat deur jou emosies, en gee dit kan om soos die see uit te woed.

Emosies is energie. Jy moet die energie op ‘n manier toelaat om op ‘n gesonde manier uit-te-laat. Soos ‘n drukpot, van die stoom moet ontslae raak. Die beste manier is om jou storie te vertel.

Beklee jou met Christus se geregtigheid – geloof

Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. ()
Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus. ( )

Verwag goed en sleg van jouself en ander

Omdat die wêreld werklik nie perfek is nie, nie ideaal is nie, kan alles uiteindelik breek. Elke vakansieplan kan moontlik misluk. Elke plant wat jy groei, sal dooie blare hê. Verwag dat dinge verkeerd gaan, en jy sal nie verbaas of uitgevang wees nie. Dankbaarheid is teenmiddel, om in alles dankbaar te wees, vir wat nie gebeur het nie.

Betoon jouself en ander genade, wees tevrede, en dankbaar.

Die drie ankerpunte van ons geloofslewe is: Genade, Waarheid en Tyd. Alles in die natuur werk volgens hierdie ankerpunte, want alhoewel die natuur uitgelewer is aan gebrokenheid is daar nie misleiding van die slang, die duiwel nie. () DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. ()
Lees ()
[1] Madame Guyon “what to do when a fault is committed” Experiencing union with God through inner prayer. Pg 101
Related Media
See more
Related Sermons
See more