Finansies -Tiende, eerste frugte, welsyn, saad

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 34 views
Notes
Transcript

Waarom werk my gee nie?

Omtrent 95 tot99 % van alles wat jy gee is aalmoese
‘n dubbelhartige man is onbestendig in al sy wee
James 1:8 Afrikaanse Ou Vertaling
so ’n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.
James 8:1

8 so ’n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.

Tiendes - Motivering is gehoorsaamheid

Malachi 3:8–12 Afrikaanse Ou Vertaling
Mag ’n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie! Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ’n oorvloedige seën sal uitstort nie. Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die Here van die leërskare. En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die Here van die leërskare.
Mal
Die tiende is a Goddelike skakel tot die seen - watter seen - wat is die seen
Genesis 1:28 Afrikaanse Ou Vertaling
En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Heers oor jou omgewing en omstandighede anders sal dit oor jou heers
Lewe op die geseende sisteem - God se sisteem

Hoe? Deur die Tiende

Tiende is die manier wat die resessie en depressie verby jou beweeg en jou nie aanraak - beinfloed nie

Hoekom? - Omdat jy onder die oop venster van die Hemel lewe

Deuteronomy 28:3–8 Afrikaanse Ou Vertaling
Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld. Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee. Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel. Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang. Die Here sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug. Die Here sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die Here jou God jou sal gee.
Deut 28:
Onthou dat die tiende wat jy gee - jou volle tiende - God by Sy belofte sal hou van - Hy sal dan verseker die sprinkaan of die vernietiger sal nie naby jou kom nie - God sal dit van jou weerhou.
Sal jy eerder 90% van jou inkomste geseend sal wil deurbring as om 100% van jou inkomste onder die vloek wil deurbring
Satan wil jou baie graag in die situasie plaas waar jy dink jy kan nie jou volle tiende bekostig nie - Hy weet verseker dan dat die vernietiger jou sal oorwin
Jy moet besluit waar en hoe jy wil lewe - en nee die Here sal nie verstaan as jy niks of net bietjie gee nie - HY SOEK JOU VOLLE TIENDE - onthou alles wat jy het het Hy vir jou gegee

Eerste vrugte - Motivering is vrygewigheid

Daar is 31 verwysings van eerste vrugte in die Bybel
Proverbs 3:9 Afrikaanse Ou Vertaling
Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;
Prov
Kom ons kyk wat is eerste vrugte - ‘n increase in jou pensioen - jou salaris - ens. gee die eerste maand wat jy so iets kry vir die Here en Hy sal die res daarvan vir al die komende maande wat jy dit ontvang seen - die eerste is Syne en die res kan jy maar vir jou vat
Eerste vrugte wys vir God dat jy nie liewer vir geld is as vir Hom nie
Dit wys jou dankbaarheid vir dit wat jy ontvang aan die Here
Dit is ‘n uitdrukkng van jou liefde vir God
Psalm 89:34 Afrikaanse Ou Vertaling
Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.
Ps 89:
Die Here belowe jou dat Hy jou sal seen en Hy sal nooit teruggaan op Sy woord nie

Aalmoese - Motivering is Deernis - kompassie

Aalmoese is die enigste gedeelte wat die “gee” nie aan God is nie maar aan die mens.
Baie van die gelde wat aan sekere bedienings gegee word is aalmoese.
Die koers op wat jy terug ontvang van aalmoese is 1:1
vir elke rand wat jy as aalmoes gee ontvang jy dieselfde terug
Proverbs 19:17 Afrikaanse Ou Vertaling
Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die Here; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.
Matthew 6:1–8 Afrikaanse Ou Vertaling
Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ’n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg. Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde. En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het. Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. En as julle bid, gebruik nie ’n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.
Doen goed om die Here te behaag
As jy enige iemand vertel van die “goed” wat jy doen dan het jy klaar jou loon weg.
So moet niemand vertel nie - hoekom nie - sodoende beskerm jy die persoon se waardigheid
Proverbs 19:17 Afrikaanse Ou Vertaling
Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die Here; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.
Jy kan nie ‘n gedeelte van jou tiende gee vir of as aalmoese nie - sodoende sal God nie die vernietiger van jou af weghou nie - dit is haaltemal iest anders as tiendes
Tiende

Saad - Motivering is Geloof en Beloning

Dit is hier waar jy finansieel die beste koers van terugontvang.
Mark 3:
Mark 4:3–9 Afrikaanse Ou Vertaling
Luister! ’n Saaier het uitgegaan om te saai. En terwyl hy saai, het ’n deel langs die pad geval, en die voëls van die hemel het gekom en dit opgeëet. En ’n ander deel het op ’n rotsagtige plek geval waar dit nie baie grond gehad het nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen diepte van grond gehad het nie. En toe die son opgaan, is dit verskroei; en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog. En ’n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik; en dit het geen vrug opgelewer nie. En ’n ander deel het in die goeie grond geval, en dit het vrug opgelewer; want dit het opgekom en gegroei, en dit het gedra: een dertig- en een sestig- en een honderdvoudig. En Hy sê vir hulle: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
Saad is die enigste “gee” wat jou 30, 60, of 100 voudig terug laat ontvang.
Indien jy die saad gee en nie jou tiende nie sal God nie die vernietiger van jou af weghou nie en die vernietiger sal dan jou hele oes 30 - 60 of 100 voudig opvreet
En dan moet die saad ook op goeie grond gesaai word - dit is iets wat net God vir jou kan openbaar
Deuteronomy 1:11 Afrikaanse Ou Vertaling
Mag die Here, die God van julle vaders, by julle byvoeg duisend maal soveel as wat julle is, en julle seën soos Hy julle beloof het!
Deut
Met ander woorde -
Jy moet jou volle tiende gee - die vernietiger word van jou af weggehou - en jy sal geseend wees - Deut 28
Jy moet ‘n eerste vrugte gee - Jy wys vir God dat jy Hom liewer het as geld en anders kan God jou nie vertrou met meer nie
Jy moet aalmoese gee en niemand daarvan vertel nie - anders is jy ongehoorsaam en jy het jou loon klaar weg -
Jy moet SAAD gee - anders kan jy nie ‘n oes terug verwag nie - 30 - 60 - of 100 voudig
Jy het nie nodig om in armoede te lewe nie - as jy doen wat God van jou verwag en betaal wat Hom toekom en gehoorsaam wees dan sal jy nie anders kan as om geseend te wees nie.
Dan sal dit met jou goed gaan maak nie saak waar jy is nie
Related Media
See more
Related Sermons
See more