Hoekom aarde toe kom

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 5 views
Notes
Transcript
Deur ontelbare tekens in die hemel en op die aarde trek God ons
harte tot Hom. Deur die natuur en deur die teerste aardse bande wat
die mens kan bedink, het Hy getrag om Homself aan ons te openbaar.
Maar nogtans stel hierdie dinge Sy liefde maar baie gebrekkig aan
ons voor. Hoewel al hierdie bewyse aan ons gegee is, het die vyand
van alles wat goed is die mens verblind sodat hy met vrees aan
God dink as iemand wat hard en on-vergewensgesind is. Satan het
God aan die mens voorgestel as iemand van wie die vernaamste
karaktertrek strenge geregtigheid is - ’n onverbiddelike regter en
’n ongenadige skuldeiser. Hy stel die Skepper voor as iemand wat
gedurig op die loer is om die foute van die mens raak te sien sodat
Hy hulle kan straf. Dit was om hierdie valse voorstelling uit die weg
te ruim dat Jesus onder die mense kom woon en die oneindige liefde
van God geopenbaar het.
Die Seun van God het van die hemel gekom om die Vader te
openbaar. “Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun
wat in die boesem van die Vader is, die het Hom verklaar.” Joh.
1:18. “Ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen
aan wie die Seun dit wil openbaar.” . Toe een van die
dissipels met die versoek gekom het, “Toon ons die Vader”, het Jesus
geantwoord, “Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie,
Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien, en hoe sê jy:
Toon ons die Vader?” , .
Related Media
See more
Related Sermons
See more