EK IS BY JULLE
Sermon • Submitted
0 ratings
· 25 viewsNotes
Transcript
(Afrikaanse Ou Vertaling)
20 Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
Die gedeelte begin weer met ‘n teenswoordige aktiewe indikatief.
Dit sê aan ons dat in hierdie oomblik, hier en nou, as ons in Sy naam bymekaar kom is Hy by ons.
Maar ons agenda moet reg wees.
Dit moet oor Hom gaan en om Hom te beleef, nie slegs sy naam te gebruik om ons agenda te dryf nie.
Dit is nie bloot om sy naam te gebruik in ‘ “Open met Skriflesing en Gebed” nie.
Hier gaan dit ook nie oor ‘n teorie nie. As hy is waar ek is sal ek Hom kennelik ervaar en weet dat hy daar is. Hy sal Homself aan my Openbaar.
As Hy dus Homself Openbaar sal dit met ‘n rede wees. Ek sal ‘n nuwe Opdrag kry. Ek sal bekragtig word. Ek kom in ‘n Nuwe verhouding met Hom
Hier is die bevestiging van die naam Emanuel. God is by ons.
Hy is daar omdat ek self Sy tempel is waarin hy woon en werk. Moses het geleer as jy in die omgewing kom waar God is, (Boom wat brand) jy dit met respek moet doen.
Die vraag is of mense ook hierdie gewaarwording het dat jy God se woonplek is en vir jou respek het.
Om in sy naam bymekaar te kom beteken dus om respek te hê vir die Persoon Jesus Christus. Maar daar moet ook ‘n eendragtigheid tot stand kom. Ons moet by Hom wil wees
