Glo in die verhoogde Seun van die mens en lewe

Johannes  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 10 views
Notes
Transcript

Inleiding

Liewe gemeente,
Soos wat ek en Marieke saam met julle tydens die grendelstaat deur die evangelie volgens Johannes lees, het Johannes 3:14-15 my bygebly as dit kom by die inhoud van Goeie Vrydag - ons Here Jesus se kruisiging. Soos wat julle seker weet, is hierdie twee verse deel van ʼn gesprek tussen Jesus en Nikodemus. Nikodemus kom op drie plekke in die evangelie volgens Johannes voor: Hoofstuk 3,7 en 19. In hoofstuk 7 is hy die een wat vir die Joodse raad sê dat Jesus nie veroordeel kan word voor Hy nie ʼn verhoor het nie. In hoofstuk 19 is hy die man wat ʼn oormaat speserye bring waarin Jesus begrawe is.
In hoofstuk 3 kry ons meer inligting oor die man:
1. Hy was ʼn Fariseër, d.w.s. hy deel van die magtigste Joodse sekte van die tyd;
2. Hy was ʼn lid van die Joodse Raad – ʼn raad van 70 of 72 priesters, adellikes en ander belangrike leier-figure van die Joodse volk;
3. Jesus noem hom in v. 10 die “leermeester van Israel” - waarskynlik ʼn titel wat aandui dat Nikodemus die pos gehad het as die leermeester van die leermeesters.
Hier kom die groot Nikodemus nou in die nag na Jesus toe. Daar is daar party mense wat dink dat Nikodemus in die nag na Jesus toe kom, want hy wil nie hê dat die leermeester van Israel saam met Jesus gesien moet word nie. Ek dink Don Carson is reg hieroor dat mens nie vanuit hoofstuk 7 en 19 die idee kry dat Nikodemus geïntimideer word deur wat mense van hom dink nie, maar dat hierdie nog ʼn plek is waar Johannes woorde soos dag en nag of lig en duisternis gebruik om iets vir ons te sê. Dink aan hoe die evangelie begin:
Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God gebore is.” (, ‘33/’53-vertaling)
Ja Nikodemus het letterlik in die nag met Jesus gepraat. Maar Johannes beklemtoon dit ʼn rede. Hy wil hê dat jy moet sien hoe Nikodemus uit die nagtelike-duisternis kom om ʼn gesprek te hê met die waaragtige Lig wat elke mens verlig. Die inhoud van hulle gesprek gaan dan ook oor die wedergeboorte waarna 1:13 verwys: “mense wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ʼn man gebore is nie, maar uit God gebore is”.
Ons het al vorige kere in die prediking gefokus op die gedeelte van die gesprek wat gaan oor die wedergeboorte. My plan is om meer tyd in Johannes 3:14-15 te spandeer, so ons gaan redelik vinnig deur die eerste helfte van Jesus en Nikodemus se gesprek beweeg. Hou steeds jou Bybel oop, sodat jy makliker kan volg.
Nikodemus begin die gesprek deur te sê dat hy in die wondertekens wat Jesus doen sien dat Jesus ʼn leermeester is wat van God kom. Jesus antwoord daarop dat Nikodemus nie die koninkryk van God kan sien, as hy nie opnuut of, anders vertaal, van bo gebore word nie. Jesus se antwoord moet jou laat terugdink aan waar ons gehoor het dat net sekere mense Jesus aanneem, in sy Naam glo en gevolglik die mag gegee is om kinders van God te word. Hierdie is mense wat uit God gebore is, of soos Jesus hier sê: wat van bo gebore is. Nikodemus vat dit as ʼn liggaamlike tweede geboorte – om ʼn tweede keer in jou moeder se skoot in te kom en gebore te word. Hoe kan dit gebeur? Nee, antwoord Jesus, as iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie die koninkryk ingaan nie. Uit water en Gees gebore? Wat kan dit wees? Wel hoor Esegiël 36:25-28:
Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek sal julle reinig van al julle onreinheid en van al julle afgodery. Ek sal julle ’n nuwe hart en ’n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ’n hart van vleis gee. Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom. Julle sal in die land woon wat Ek aan julle voorvaders gegee het, julle sal my volk wees en Ek sal julle God wees.” (, ’83-vert.)
Jy sal net die Koninkryk van God sien en ingaan:
As God van bo reinigingswater oor jou uitgooi om jou te reinig van al jou afgodery;
Soos wat ek en Marieke saam met julle tydens die grendelstaat deur die evangelie volgens Johannes lees, het Johannes 3 my bygebly as dit kom by die inhoud van Goeie Vrydag - ons Here Jesus se kruisiging.
As God van bo vir jou ʼn nuwe hart en gees gee deur jou klip-hart uit te haal en dit te vervang met ʼn vleis-hart;
As God van bo sy Gees in jou gee wat sal maak dat jy ʼn gehoorsame lewe leef;
As God nie van bo jou laat gebore word nie, dan sal jy die Koninkryk van God nie sien en ook nie in dit in gaan nie.
Nikodemus vra in v. 9 met sy laaste spreekbeurt weer: “Maar hoe is dit moontlik?” en Jesus sê dat Nikodemus as die leermeester van Israel, die een wat die Ou Testament deur en deur ken hierdie dinge behoort te verstaan.
Jesaja 45:22 - Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie.
Jesaja 45:22 - Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie.
22Kom na My toe dat julle gered
kan word,
almal op die aarde,
want Ek is God,
daar is geen ander nie.
Then the good man followed up his text in this way: “Look unto Me; I am sweatin’ and great drops of blood. Look unto Me; I am hangin’ on the cross. Look unto Me; I am dead and buried. Look unto Me; I rise again. Look unto Me; I ascend to heaven. Look unto Me; I am sittin’ at the Father’s right hand. O poor sinner, look unto Me! Look unto Me!”
Anon, 1998. Die Bybel Nuwe Vertaling electronic ed., Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
Related Media
See more
Related Sermons
See more