REKEN DAT JY VIR DIE SONDE DOOD IS.
Sermon • Submitted
0 ratings
· 21 viewsNotes
Transcript
Romeine 6:11 (Afrikaanse Ou Vertaling)
11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
Ek luister vinnig vanoggend hoedat hulle naarstiglik opsoek is na iemand in Amerika wat nie siek geword het van die Corona virus nie. Iemand wat teenliggaampies het wat as entstof gebruik kan word om entstof te kan vervaardig.
Die Bybel sê baie duidelik:
Romeine 6:23 (Die Lewende Bybel)
23 Want die sonde het sy loon wat hy uitbetaal, en dit is die dood. Maar God het ’n geskenk wat Hy ons verniet gee, en dit is die ewige lewe wat Christus Jesus ons Here vir ons moontlik gemaak het.
Van my word verwag dat ek sal erken dat ek ‘n sondaar is, dit bely om hierdie ewige lewe te kan ontvang.
1 Johannes 1:9 (Die Lewende Bybel)
9 Maar God is betroubaar en regverdig. As ons erken dat ons sonde gedoen het, sal Hy ons sonde vergewe en ons reinig van al die verkeerde dinge wat ons gedoen het.
Ons sonde word vergewe en uitgewis. Ons word deur God regverdig verklaar asof ons nooit gesondig het nie. Vrygespreek. Nou sê Paulus moet jy die somme begin maak.
Ons word aanbeveel om ‘n som te maak. Dinge bymekaar te tel of af te trek ens.
Dit beteken nie dat enigeen homself as dood kan reken nie. Dit is ‘n werk van God in jou lewe.
Ons moet erken dat ons gesterf het en dit werklik in ons hart glo
Speletjie waar studente jou op ‘n plank geblinddoek optel van die grond en dan sê om af te spring. Jy reken dat jy op ‘n plek is waar jy nie is nie.
Somtyds maak ons berekeninge van ons geestelike stand dat ons nie oorwinnaars is nie.
Ons leef ook ‘n substandaard.
· When Christ died for sin, he also died to sin. Now we are to take our place with him and regard sin as something to which we also have died.
· Paul was not suggesting that we imitate Christ. He was speaking of a reality that took place when we by faith were incorporated into Christ.
· Our responsibility is to take with all seriousness the fact that in Christ we have died to sin.
· When Christ died for sin, he also died to sin.
· Now we are to take our place with him and regard sin as something to which we also have died.
· Our responsibility is to take with all seriousness the fact that in Christ we have died to sin.[1]
Soos die sendeling James Calvert die Fidji-eilande genader het, het die kaptein van die skip hom probeer ontmoedig om op 'n kannibaal eiland te gaan werk. "Jy sal jou lewe en die lewens van diegene met jou verloor as jy onder sulke barbare gaan werk," het hy gesê. Calvert het net geantwoord, "Ons het gesterwe voordat ons hierheen gekom het."
Hierdie gedeelte sê, "want julle het gesterwe, en julle lewe is verborge met Christus in God."
1. Dooie mense in Christus het 'n nuwe Meester. Hierdie gedeelte sê vir ons dat Christus het:
(1) opgestaan;
(2) heers; en
(3) en gaan terugkeer.
2. Dooie mense het nuwe waardes. Soek (rig jou harte op) dinge hierbo.
Kolossense 3:1-3 Die boodskap
Leef vir die Here
1Onthou dit altyd: toe julle Christene geword het, het julle saam met Christus ’n nuwe lewe gekry. Tree asseblief nou op soos mense wat saam en vir die Here leef.
Julle moet al meer so leef dat Jesus daarmee tevrede sal wees. Onthou, Hy is die Een met die mag. Hy sit op die oomblik op die ereplek langs God self in die hemel. 2Moenie toelaat dat dinge wat nie vir Jesus belangrik is nie, vir julle te belangrik word nie. Ek praat van tydelike, aardse dinge waarmee julle julle partymaal so kan besig hou. Bestee liewer al julle tyd aan dinge wat vir Jesus belangrik is. Dink daaroor na, praat daaroor en doen dit! 3Onthou, julle waardes het verander toe julle Christene geword het. Julle ou belangstellings en lewenstyl is dood en begrawe. Julle het ’n nuwe lewe gekry. Dit waarborg God vir julle.
3. Dooie mense het 'n nuwe perspektief. Ons is nie betower met die dinge van die aarde nie, maar verborge met Christus in God.
Kolossense 3:3 (Afrikaanse Ou Vertaling)
3 Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
4. Dooie mense het 'n nuwe toekoms. "Wanneer Christus verskyn ..."[2]
1 Petrus 2:24 (Afrikaanse Ou Vertaling)
24 wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; ..................................
AMEN
[1] Mounce, R.H., 1995. Romans, Nashville: Broadman & Holman Publishers.
[2] Morgan, R.J., 2001. Nelson’s Annual Preacher’s Sourcebook 2002 Edition., Nashville: Thomas Nelson Publishers.